3 DIE UNIEKE ROL VAN ISRAEL

ISRAEL - HORLOSIE VAN GOD

4 MIDDE-OOSTE - BRANDPUNT VAN DIE WÊRELD

DIE OORLOG VAN GOG EN MAGOG

'N GEWELDIGE MAG UIT DIE OOSTE

5 DIE NUWE WÊRELDORDE

DIE NUWE WÊRELD EKONOMIE

6 DIE LAASTE VAL VAN BABILON

 

 

 

Terug na die begin

 

 

 

3

 

 

DIE UNIEKE ROL VAN ISRAEL

 

 

Ons ken die verhaal van die volk Israel soos dit in die Ou Testament vir ons uiteengesit is. God se wonderbaarlike handelinge met hierdie volk en al hulle wedervaringe is aan elke Christen goed bekend. Wat het egter van daardie ou volk Israel geword? Bestaan daardie selfde volk vandag nog? Wie is Israel nou eintlik in vandag se terme? Is die Kerk tans Israel? En wie is die 144 000 verseëldes van Op. 7 en 14? Dit is ‘n vraag wat by baie kerkgangers groot onsekerheid laat. Is die gemeente van Christus vandag (die ware kinders van God uit alle Christelike denominasies) dan werklik huidiglik die nuwe Israel van God? Heelparty kerkdenominasies (soos veral die Rooms-Katolieke Kerk) glo dat hulle die volk Israel van ouds vervang het en dat alle seëninge wat vroeër vir die verbondsvolk van God bestem was, nou op hulle van toepassing geword het. Is dit egter wat die Woord ons leer?

 

HET GOD ISRAEL AS VOLK FINAAL VERWERP ?

 

Is daar ‘n goeie antwoord op hierdie vraag? Wel, die enigste plek waar ons vir antwoorde kan gaan soek is en bly die Woord van God. Dit is wel so dat baie liberale teoloë hierdie gedagte verwerp - dat God nog ‘n plan met die letterlike volk Israel het, maar dit verander nog nie die Skrif rondom hierdie saak nie. Die Bybel laat ons nooit in die duister nie en selfs vandag nog is daar geen groter outoriteit of bron van gesag as juis die Woord nie. Ons kan duidelik in die Woord sien hoe God oor sy volk voel m.b.t. hulle uiteindelike terugkeer tot Hom. In Jer. 31:36,37 sê die Here "As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die Here, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd. So sê die Here: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die Here." Hierdie is maar net een gedeelte wat daarop wys dat God nooit sy volk Israel van ouds sal verwerp nie. Die rede hoekom God sy volk gaan vergewe, is bloot omdat hulle in sak en as en met diepe berou na Hom sal kom met die verskyning van sy wederkoms (Sag.12:10-14). In die dag sal hulle Hom aanroep met ‘n opregte hart en die Here sal al hulle sondes vergewe. Dieselfde geld vandag vir elke verlore sondaar wat na God kom met ‘n opregte hart, ‘n diepe berou en ‘n volle erkentenis van sonde. 1 Joh. 1:9 geld vir elke sondaar, ook vir die Joodse volk.

In Titus 1:2 lees ons juis van "God, wat nie kan lieg nie," Hy het hierdie profesieë uitgespreek en ons kan weet dat dit tot op die letter vervul sal word.

Kyk vervolgens na die volgende gedeeltes uit die Skrif en of God ooit sy volk Israel van ouds vir ewig sal verwerp:

 

"Maar ook dan, as hulle in die land van hulle vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek ‘n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is die HERE hulle God." (Lev. 26:44)

 

"LUISTER dan nou, Israel, ... En die HERE sal julle onder die volke verstrooi, en ‘n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen die HERE julle sal drywe. ... As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister. Want die HERE jou God is ‘n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie."

(Deut. 4:1,27,30,31). Teoloë van ons dag glo tog nie dat net ‘n klein klompie van die huidige Kerk gaan oorbly aan die einde van die dae nie, of hoe? Die Kerk was ook nog nooit verdrywe onder alle nasies nie - sy kom wel vanuit alle nasies !

 

"MAAR jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend, jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, ... jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie. ... Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel !" (Jes. 41:8,9,14).

 

"Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham, ... God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. ... Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee stellig nie! ... die verharding [het] ten dele oor Israel gekom ... totdat die volheid van die heidene ingegaan het; en so sal die hele Israel gered word, [die klein oorblyfsel aan die einde van die dae]" (Rom. 11:1,2,11,25,26).

 

Sal God dan nie tog uniek handel met hierdie volk nie - juis omdat Jesus, die Verlosser van die wêreld, uit hulle gebore is nie? Mag Hy nie doen wat Hy wil nie?

‘n Verdere groot misverstand in ons dag is dat mense glo God sal nooit sy seën uitstort op die ongeredde Joodse volk nie. Daarom is die huidige terugkeer van die Jode na Israel vir hulle van geen betekenis nie. Die feit is dat God verseker nie die ongeredde Joodse volk gaan seën nie. Soos reeds genoem, hulle gaan eers swaar vervolging deurmaak in Israel en na dit gaan die oorblyfsel waarvan ook reeds melding gemaak is, waarlik tot volkome verlossing kom in Christus Jesus. Dan eers, wanneer hulle hulle tot Hom gaan bekeer, gaan God hulle weer seën !

 

 

DIE ‘GEESTELIKE ISRAEL’

 

Om die geestelike Israel te kan verstaan, moet ons eers gaan kyk waar die begrip Israel sy oorsprong gehad het en wat die betekenis van die woord is. In Gen. 32:24-30 lees ons van Jakob se worsteling met ‘n "Man" by die Jabbokrivier. Dit was God met wie hy daar geworstel het, omdat Jakob in vers 30 sê dat hy God van aangesig tot aangesig gesien het en dat hy ten spyte daarvan sy lewe behou het. Ons weet egter dat geen mens God (die Vader) kan sien en daarna nog kan lewe nie (Joh. 1:18 en 6:46). Hierdie "Man" was niemand anders as Jesus Christus self nie. Die Woord leer ons dat Hy van die grondlegging van die wêreld af bestaan en dat alle dinge deur Hom ontstaan het (Joh. 1:1-3). Hier het Jesus as ‘n engel aan Jakob verskyn, omdat ons weet dat Hy eers duisende jare later as mens in Bethlehem gebore sou word. Die Ou Testament verwys op talle plekke na Jesus Christus as ‘n "Engel" (Gen. 18:10,13; Rig. 13:20-22). Nadat die "Man" gesien het dat Hy Jakob nie kon oorwin nie, het Hy hom op sy heupbeen geslaan en hom gevra om Hom te laat gaan "want die dag het gebreek." (vers 26). Die feit dat die dag gebreek het, dui vir ons op die Môrester en op die lig van die wêreld - Jesus Christus, wat baie jare later as mens na die aarde sou kom om vir die hele wêreld se sondes te kom betaal aan die kruis. God se onbeskryflike liefde word hier aan die mens geopenbaar.

Die feit dat God met Jakob geworstel het, dui op God se reikhalsende verlange om met die mens, wat Hy geskape het, gemeenskap te hê. Tot vandag is dit waarna God smag - ‘n verhouding met elkeen wat Hy gemaak het.

As die mens dan nie vrywillig met God kontak wil maak of Hom soek nie, sal God van sy kant kom en alles doen om die gebroke verhouding wat na die sondeval ingetree het, te herstel en ons met Hom te versoen. God is inderdaad altyd die Een wat die mens eerste opsoek, want Rom. 3:11 sê " ... daar is niemand wat God soek nie." Geen mens sal sonder ‘n worsteling met God of sonder stryd die koninkryk van die hemele binnegaan nie (Hand. 14:22). Uit die aard van die saak kon die "Man" Jakob oorwin het op fisieke vlak, maar God kies eerder om hom op ‘n geestelike vlak te ‘oorwin.’ Die Here wil vandag steeds hê dat ons in die gees moet lewe eerder as in die vlees. Jakob wou verder ook nie die "Man" laat gaan voordat hy nie deur Hom geseën is nie. Daardeur het Jakob erken dat hy met God besig was. Sy geloof was dit waarna God gesoek het en God het Jakob daardie dag daar geseën en nooit weer sou Jakob dieselfde kon wees nie. Jakob het nou binne God se raadsplan geval en dit wat hieruit sou voortspruit het ‘n onuitwisbare seën tot gevolg gehad vir die ganse mensdom. Dit was ‘n kritieke dag in die mensdom se geskiedenis op aarde en in God se plan om die mens met Hom te versoen. Jakob het wel mank daar weggegaan, maar dit sou die teken wees wat hom altyd aan God sou herinner en wat hom sou laat dink aan die dag toe die God van hemel en aarde hom geseën het. In die liggaam - die vlees - sal ‘n kind van God dit nog swaar hê in hierdie lewe, maar in jou siel sal jy weet dat jy gered is en in jou gees sal jy die vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan. Eers met die wederkoms sal ons nuwe verheerlikte liggame kry wat nooit weer enige pyn sal ken nie (1 Kor. 15:53). Jakob (die bedrieër), het nou in sy liggaam die merk gedra wat vir hom daarop sou dui dat hy met God geworstel het. Jare later het Paulus ook geworstel met die doring in sy vlees en God wou dit nie van hom wegneem nie. Hierdie swakplekke in die vlees dui vir ons op die mens se algehele afhanklikheid van God en wys terselfdertyd ook heen na Christus se kruisiging waar sy liggaam vir ons oortredinge deurboor en vir ons ongeregtighede verbrysel is (Jes. 53:5). Jesus Christus sal op die dag van sy wederkoms die merke aan sy hande, voete en sy aan die Joodse volk wys en daardeur sal hulle weet dat hy die ware Messias is (Sag. 12:10; 13:6). Net so is dit vandag nog. Die verganklike liggaam van die mens dra steeds die letsels van die sondeval en dit sal elke kind van God bly herinner aan daardie dag toe Jesus Christus die pyn in sy liggaam gedra het vir ons sondes. Die "Man" het toe ook Jakob se naam daar verander en vir hom gesê: "Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel." (vers 28). Israel beteken om met God te worstel of om te volhard. Dit kan ook vertaal word met prins. As ‘n mens met God geworstel het en jy jouself onvoorwaardelik aan Hom oorgegee het en jy volhard, sal jy oorwin in Christus en as ‘n prins of koningskind kan leef in hierdie bedeling. Dit is van die uiterste belang dat die mens wat God waarlik wil dien, aan homself moet sterf en homself moet verneder voor God (Rom. 6:8; Matt.18:4). Die Here sal so iemand dan self op die regte tyd weer verhoog (1 Pet. 5:6).

Hierdeur kan dus duidelik gesien word wat met die woord Israel bedoel word. Die geestelike Israel is dan almal wat die pad wat Jakob letterlik geloop het, op ‘n geestelike wyse bewandel het. Alle ware gelowiges in Christus Jesus is kinders van Abraham, geestelik beskou (Gal. 3:7-9). Daarom word hy ook die vader van die gelowiges genoem. Dieselfde gedagte kom ook in Rom. 4:17 na vore waar God in sy Woord van Abraham sê: "Ek het jou ‘n vader van baie nasies gemaak". Ons weet dat Abraham net in ‘n sekere sin die letterlike vader van baie nasies is. Hierdie is dus grootliks ‘n geestelike of figuurlike uitspraak. ‘n Christen uit Japan of uit Swede is wel saam met Abraham een in God deur die geloof, maar letterlik het hulle nie nou ook Jode of Arabiere geword nie.

Daarom weet ons dat die ware kerk of die bruidsgemeente van Christus, nie die letterlike Israel is nie, maar wel in ‘n sekere sin die ‘geestelike Israel’. Om hierdie rede kan Skrifgedeeltes uit die Ou Testament wel op ‘n geestelike wyse vir die Kerk ‘n rigsnoer wees soos Rom. 15:4 en 1 Kor. 10:11 ook tereg verklaar. Die feit dat die Kerk homself met die ‘geestelike Israel’ assosieer kan en mag egter nooit op so ‘n wyse gedoen word dat dit daardeur die letterlike volk Israel vervang nie. Die dwaling van die Israel-Visie groepe wat meen dat sekere westerse nasies die 10 verlore stamme van Israel is, kom juis van die veronderstelling dat hulle die letterlike Israel is. Niemand kan die letterlike volk Israel vervang of die beloftes van God aan hulle tot niet maak nie. Die volk Israel is deur God uitgekies om so sy volmaakte versoeningsplan vir die mens tot uitvoer te bring, nie net vir Israel self nie, maar ook "sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang." (Gal. 3:14).

Daar is dus die volk Israel aan die een kant en die heidense volke aan die ander kant.

Jode moet hulle egter ook tot God bekeer deur Jesus Christus net soos enigiemand uit die heidennasies. ‘n Weergebore Jood word dan deel van die bruidsgemeente van Christus en is van daardie oomblik nie meer onder die wet nie. In Gal. 3:28 lees ons dat "Daar nie meer Jood of Griek [is] nie, ... want julle is almal een in Christus Jesus." Hierdie vers praat net van diegene wat in Christus is - hulle is almal een, geestelik gesproke. Dit beteken nie ook dat onweergeborenes van verskillende nasies nou ook almal een is nie. (Hierdie is ‘n tipiese Nuwe Era of "New Age" kerngedagte wat vandag wyd verkondig word en baie mense mislei.) Geredde Grieke en Jode is nou geestelik gesproke nie meer Griek of Jood nie, maar in die eerste plek is hulle nou kinders van God en daarom een in Hom. Die waarde van die wet en die besnydenis verval vir die Jood, maar dit word nou in Christus vervul. Hierdie Christen Jode word dan ook uitgesluit van God se verdere plan met die letterlike Israel, wat geweldige vervolging in die groot verdrukking sal insluit. Dit is egter net daardie Jode wat Jesus Christus aangeneem het, wat dit sal vryspring. Die Woord is dan ook baie duidelik hieroor in Rom. 9:6 waar daar staan "want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie." Almal is dus nie noodwendig deel van geestelike Israel wat vanuit letterlike Israel afkomstig is nie. Almal wat dus afstammelinge van Abraham is en dit wel uit die vlees is verseker nie daarom nou kinders van God nie. Nee, net die Christen Jode kan hierop aanspraak maak en wel saam met al die ander kinders van God vanuit alle nasies op aarde - mense wat hulle tot die lewende God bekeer het en wat deur die Heilige Gees wederbaar is en daarom nou in Christus is. God is regverdig en die Joodse volk is nie spesiaal oor die rede dat hulle a.g.v. hulle nasionaliteit die ewige lewe sal verkry nie (soos reeds bespreek), maar oor ‘n ander rede. Die "saligheid is uit die Jode" (Joh. 4:22). Jesus Christus is uit hulle gebore (Rom. 9:5) en tot in ewigheid sal niemand hierdie feit ongedaan kan maak nie. God se beloftes aan die vaders Abraham, Isak en Jakob en sy verbond met hulle is natuurlik die ander rede, wat ook die bogenoemde rede insluit.

Die gedeelte in Gal. 6:16 oor die "Israel van God" wys wel in ‘n sekere sin na die ‘geestelike Israel’ of dan die gemeente - alle weergeborenes uit alle nasies, insluitende ook uit die Joodse volk. Die vorige vers (15) noem juis dat dit nou gaan oor "‘n nuwe skepsel" en geensins oor die besnydenis al dan nie. Hierdie vers verwys egter ook spesifiek na alle ware Christen Jode. As hulle Christus aanvaar as hulle Redder en Messias word hulle volgens die nuwe verbond van die Nuwe Testament nou waarlik die ‘Israel van God’. Die Bybel is geensins ‘n eendimensionele Boek nie. Daar is verskillende vlakke van interpretasie en die een sluit nie die ander uit nie, maar lê wel dieper, veral as dit kom by die profetiese gedeeltes. Die brief aan die gemeente in Galasië gaan juis in die besonder oor die sg. Judaïseerders oftewel hulle wat daarop aangedring het dat almal, Jood of nie-Jood, steeds die Joodse wet moes onderhou om gered te kan word. Paulus bring alles dan duidelik in die regte perspektief dat ware geloof in die evangelie van Christus die enigste weg tot redding is. Die Skrif verklaar dus nie dat God al sy planne met die letterlike volk Israel laat vaar het nie en dat daar nie weer spesifieke strafgerigte oor hulle sal kom nie - juis omdat hulle Hom steeds nie erken as die Messias wat reeds gekom het nie. Die God van die Ou Testament is ook die God van die Nuwe Testament. Hy bly altyd dieselfde. Sy beloftes van vroeër aan die volk Israel het nie nou sommer tot niet gegaan met die nuwe bedeling nie. Nee, net die bekeerde Christen Jode is nou verlos van die vorige bedeling. Die res, die ongeredde Jode, gaan hulle nog in benoude situasies bevind a.g.v hulle verwerping van Christus. Hulle is nog slawe van die vorige bedeling. Dit is tragies, maar waar. In Jes. 40:2 lees ons juis dat God Israel dubbeld vergeld vir al haar sondes. God handel anders met hierdie volk as met enige ander volk op aarde. Dit is so omdat hulle aanvanklik so bevoorreg was dat hulle uitverkies was deur God en omdat Hy Homself so kragtig in hulle bewys het. Veral natuurlik omdat Christus uit hierdie volk gebore is.

 

 

DIE LETTERLIKE ISRAEL

 

"Wees stil en luister, o Israel! Vandag het jy die volk van die Here geword."

(Deut. 27:9).

"En die Here het jou vandag laat verklaar dat jy vir Hom ‘n eiendomsvolk sal wees soos Hy jou beloof het, en dat jy al sy gebooie sal onderhou; en dat Hy jou dan die hoogste sal stel bo al die nasies wat Hy gemaak het, tot ‘n lof en ‘n roem en ‘n sieraad, en dat jy ‘n heilige volk aan die HERE jou God sal wees soos Hy beloof het."

(Deut. 26:18,19).

In Gen. 11:31 lees ons dat Tera, Abram, Sarai en Lot "uit Ur van die Chaldeërs getrek [het] om na die land Kanaän te gaan." Nadat hulle ‘n tyd lank in Haran gewoon het, is Tera, die vader van Abram daar oorlede.

Abram, was uit die geslag van Noag, ‘n regverdige man in die oë van die Here. In Gen.12:1-3 vind ons hierdie merkwaardige woorde van God aan Abram: "Gaan uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat ek jou sal wys. En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees. Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word." God het Abram uitverkies uit baie met ‘n spesifieke doel. Die Woord leer ons duidelik dat God nie aansien wat voor oë is nie, maar dat Hy die hart deursoek (1 Sam. 16:7). In die volgende vers lees ons hoe Abram op God se bevel gereageer het en wat duidelik weerspieël waar sy hart gelê het: "Toe het Abram weggetrek soos die Here hom gesê het". ‘n Man na God se hart met geloof sonder weerga (Heb. 11:8,9). Die Here soek vandag nog na sulke mense, want sonder geloof kan niemand God behaag nie (Heb. 11:6).

Ons weet dat God Abram se naam later verander het na Abraham omdat hy "die vader van ‘n menigte van nasies" sou word (Gen. 17:5). Dit is geestelik gesproke. Uit die geslag van Abraham is Isak en later Jakob gebore. Die letterlike Israel is uiteindelik uit die 12 seuns van Jakob (of Israel soos God hom genoem het) gebore. Dit is van die uiterste belang om die rol van die volk Israel in te sien en dit goed te begryp. Daarsonder kan ‘n mens byna geen begrip vorm van die profesieë in die Bybel nie. Die letterlike volk Israel is die sleutel om die talle Heilige Gees geïnspireerde profesieë m.b.t. die eindtyd en die naderende wederkoms reg te kan verstaan.

 

DIE UITVERKIESING VAN ISRAEL

 

"Want jy is ‘n volk heilig aan die Here jou God; jou het die Here jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. Die Here het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. Maar omdat die Here julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, ..."

(Deut. 7:6,7,8a).

 

God het Israel dus uitgekies tussen al die ander volke op aarde. Daar was baie magtiger volke om uit te kies, maar die Here kies die geringste van al die volke. Jesus Christus het ook tydens sy aardse bediening gereeld die geringstes van die samelewing opgesoek en met hulle gepraat en hulle vertroos. God is nie skaam om tussen die uitgeworpenes gesien te word nie of om Hom met hulle te assosieer nie. Met Jesus se eerste koms na die aarde het Hy dit dan ook duidelik gemaak dat Hy gekom het om te soek en te red, die wat verlore is. Hiermee word bedoel diegene wat erken dat hulle verlore is, want die Woord leer ons dat almal verlore is omdat elke mens in sonde ontvang en gebore is. Baie mense se trots staan egter tussen hulle en God en daarom weier hulle om te erken dat hulle verlore is. God haat hoogmoed en trotsheid in ‘n mens (Spr. 8:13).

Terug na Israel se uitverkiesing. Ons lees in Psalm 135:4 "Want die Here het Jakob vir Hom uitverkies, Israel as sy eiendom." Duidelike taal word deur die Psalmskrywer gebruik om God se gedagtes oor sy uitverkore volk weer te gee. In Ex. 4:22 sê die Here: "My eersgebore seun is Israel." Ons kan egter vandag die Here dank dat Hy dit nie daar gelaat het nie en dat al die nasies deur Israel ‘n kans gekry het om met God versoen te word. God se absolute regverdigheid is maar een van sy talle volmaakte attribute. Die feit dat Israel vir God na aan die hart lê word ook met hierdie woorde verder beklemtoon: "Geseënd sal jy wees bo al die volke;" (Deut. 7:14a). Hierdie is woorde wat min mense van hou. Israel is egter sonder twyfel die mees unieke volk ter wêreld, nie omdat hulle sonder sonde is nie, inteendeel, maar omdat God hulle met ‘n spesifieke doel uitgekies het.

 

 

DIE GOD VAN ISRAEL

 

"Ek is die HERE, julle Heilige; die Skepper van Israel, julle Koning." (Jes. 43:15).

"Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word." (Jes. 54:5).

 

Die God van Israel is natuurlik ook die God van almal wat Hom dien en wat sy wil doen. Die God van geestelike Israel is egter ook op ‘n letterlike wyse die God van die duidelik onderskeibare volk Israel.

Hierdie God het baie attribute, te veel om te begryp of op te noem. In sy woorde aan sy volk Israel kan ons egter baie leer oor dit wat in sy hart leef. In Lev. 20:24b, 26 lees ons die volgende : "Ek is die Here julle God wat julle van die volke afgesonder het. En julle moet vir my heilig wees, want Ek, die HERE, is heilig; en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees." God wil vandag steeds hê dat sy kinders hulle moet afsonder van die wêreld om Hom so met oorgawe te kan dien. ‘n Heilige lewenswandel wat nie kompromie met die wêreld maak nie, is hier ter sprake. Ons lewe wel in die wêreld, maar ons is nie van die wêreld nie (1 Joh.3:1). Hierdie dui nie op ‘n onttrekking uit die gemeenskap of die samelewing nie, maar eerder op ‘n duidelike skeiding of afstanddoening van al die dinge van hierdie wêreld. Alles wat skeiding bring tussen jou en God is van hierdie wêreld en ‘n totale breek daarmee is al wat tot ‘n heilige lewe voor God sal lei.

Ons kan egter die Here dank dat Hy altyd getrou bly al is ons ontrou, want 2 Tim. 2:13 sê vir ons "Hy kan Homself nie verloën nie." Net so is God getrou om sy uitverkore volk Israel se God te wees tot in ewigheid. Al die beloftes wat die Here aan sy volk gemaak het, staan vas tot in ewigheid. Nooit sal iemand dit ooit ongedaan kan maak nie, want ons weet "God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie? " (Num. 23:19).

Die grootheid en almag van God is vir ons as mense net te veel om te begryp en daarom onderskat ons Hom baie keer. In Jes. 55:8,9 sê die Here dat ons dit nooit moet doen nie, "Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes."

 

 

DIE VERBOND MET ISRAEL

 

Die Here het met Abram ‘n verbond aangegaan in Gen. 15:18. Daardie "dag het die HERE met Abram ‘n verbond gesluit en gesê : Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier".

 

Hierdie verbond het die Here ook met Isak gesluit. Ons lees dit in Gen. 26:3 waar die Here sê "want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee : Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het." Dieselfde verbond het die Here ook weer met Jakob bevestig. In Gen. 35:12 sê God aan Jakob: "En die land wat Ek aan Abraham en Isak gegee het, sal Ek aan jou gee; en aan jou nageslag na jou sal Ek die land gee." God verbreek nooit sy verbond nie, maar hou dit vandag nog en sal dit ook vir ewig hou. Die Woord gaan verder in Jer. 32:40 waar God sê "En Ek sal ‘n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek My van hulle nie sal afwend om aan hulle goed te doen nie; en Ek sal vrees in hulle hart gee, sodat hulle van My nie afwyk nie."

Let wel ons het hier te doen met ‘n ewige verbond ! Israel het wel tydelik van God afgewyk, maar hulle gaan weer na Hom terugkeer. Dit is ‘n belofte van God uit sy ewige Woord. Hierdie bg. vers is ‘n verdere bevestiging van die verbond aan Abraham, Isak en Jakob. Nie net in die Ou Testament nie, maar ook in die Nuwe Testament word God se verbond met die volk Israel weer ‘n keer bevestig. In Heb. 8:8-12 word Jer. 31:31-34 aangehaal, waar van ‘n nuwe verbond gepraat word. Die Here sê daarvan: "dit is die verbond wat Ek na die dae sal sluit met die huis van Israel, ... Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees en hulle sal vir My ‘n volk wees. Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie."

Ons weet dat die huis van Israel, soos hierna verwys, nog nooit die Kerk was nie en dit ook nooit sal wees nie. Die Skrif het verseker nie net een vlak van interpretasie nie. Bogenoemde vers kan dus uit die aard van die saak in ‘n geestelike sin na die Kerk verwys, maar hier praat die Here spesifiek van sy letterlike bondsvolk Israel wat aan die einde van die groot verdrukking in ‘n massabekering met Hom versoen sal word (Sag. 12:10 - 13:9). Hierdie gedeelte verduidelik dat: "In die ganse land, spreek die HERE - twee-derdes sal daarin uitgeroei word, sal sterwe, maar een-derde daarin oorbly. ... Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit is my volk! En hulle sal sê: Die HERE, my God!" (Sag. 13:8,9). Soos die ongelowige Thomas sal hulle eers die wonde aan Christus wil sien en hierna sal hulle tot ware geloof in Hom kom. In Sag. 13:1 lees ons: "IN dié dag sal daar ‘n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid." Hierdie gaan ‘n massabekering wees. Die Kerk is nie die huis van Dawid nie en woon ook nie net in Jerusalem nie. Die gedeelte in Sag. 12:11-14 wys duidelik hoedat hierdie Jode in hulle afsonderlike geslagte tot bekering sal kom. Hierdie dinge gaan plaasvind in Jerusalem self. Hier word nie na die Kerk verwys nie. Sag. 14:1-5 praat duidelik en ooglopend oor die laaste oorlog en hoedat Jesus Christus met sy voete op die Olyfberg sal staan met sy terugkeer na die aarde. Dit is rondom hierdie tyd dat die verstommende bogenoemde gebeure in Israel gaan afspeel. Wat ‘n tyd van verkwikking van die aangesig van die Here sal dit nie wees nie.

 

 

DIE LAND EN GRENSE VAN ISRAEL

 

"En die HERE sê vir Abram ... Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste; want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid." (Gen. 13:14,15).

 

Die Here is baie duidelik oor die land wat Hy aan die volk Israel belowe het. Dit sal tot in ewigheid hulle erfdeel wees. Daar is teoloë wat navorsing hieroor gedoen het en bevind het dat God op 1487 plekke in die Skrif belowe het dat Hy die land Israel vir EWIG aan die Jode gee. Hierdie is nie ‘n ‘geestelike belofte’ vir die Kerk wat op ‘n letterlike wyse in vervulling sal gaan nie. Die Kerk het talle wonderlike beloftes van haar eie in die Nuwe Testament. Die wel en weë van die volk Israel in die Ou Testament is wel verseker daar vir die Kerk en die individuele Christen om diep geestelike lesse uit te leer.

Baie kan hierdie verborgenheid egter nie verstaan nie. Hulle reken: hoekom sou God dan nog steeds ‘n plan met die Jode of dan Israel hê nadat hulle Hom byna 2000 jaar gelede verwerp en gekruisig het.? Hoekom sou die Ou Testamentiese beloftes dan nog steeds letterlik vervul kan word na alles wat Israel aan God gedoen het? Die feit is dat God ‘n genadige God is en dat die finale vervulling van die belofte, nl. dat Israel weer hulle land sal terugkry aan die einde van die dae, eers ‘n werklikheid sal word wanneer die oorblyfsel van die Jode hulle waarlik tot Hom gaan bekeer by sy wederkoms.

Elke ware kind van God sal egter deur die genade van die Here ook in hierdie belofte kan deel en sal saam met die ware kinders van die Here uit die volk Israel in hierdie land bly tot in ewigheid. Nadat die duisendjarige vrederyk voleindig is, sal die heilige stad, die nuwe Jerusalem van God uit die hemel neerdaal en op die nuwe aarde kom rus (Op. 21:1,2). Die duisendjarige ryk eindig wel, maar die nuwe Jerusalem sal tot in alle ewigheid bestaan op die plek wat God daardie dag aan Abram uitgewys het. Dit sal op die nuwe aarde wees, want ons weet dat die eerste aarde sal verbygaan. Die huidige Jerusalem sal die middelpunt wees van die nuwe Jerusalem. Ons weet dat laasgenoemde 1 500 myl lank, breed en hoog sal wees (Op. 21:16). Aangesien daar geen see meer sal wees nie (Op. 21:1), sal die nuwe Jerusalem ‘n groot area in die middel van die nuwe aarde beslaan.

Die Here het dit ook so beskik dat die huidige Israel en Jerusalem op die middelpunt van die aarde geleë is (vergelyk Eseg. 38:12b). In hierdie verband lees ons ook in Jes. 19:24 hierdie woorde : "In dié dag sal Israel ... wees ... ‘n seën in die midde van die aarde". Die dag waarvan hier gepraat word dui egter nie op die nuwe Jerusalem nie en ook baie duidelik nie op vandag nie. Hierdie dag is die 7de dag, die Sabbat of die rusdag van 1 000 jaar wat net na die huidige bedeling ‘n werklikheid sal word (Op. 20:1-6). In 2 Pet. 3:8 word hierdie waarheid ook baie duidelik uiteengesit. As jy Jesaja 19 (die Godspraak oor Egipte) vanaf vers 16-25 sou lees, sal jy die woorde "In die dag" verskeie kere raak lees en ‘n goeie idee kan vorm oor hoe die lewe tydens die vrederyk sal wees. Die nasies sal tydens hierdie tydperk in vrede met mekaar saam leef, omdat die duiwel vir ‘n duisend jaar gebind sal wees sodat hy die nasies nie meer sal verlei nie (Op. 20:2,3).

Die feit dat God vir Israel die land tot in ewigheid gegee het, kom ook in die volgende vers duidelik na vore: "En Ek sal aan jou en jou nageslag na jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees." (Gen. 17:8).

Die spesifieke grense wat God vir die 12 stamme van Israel bepaal het, word in Num. 32:32-42 (Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse) asook in Num. 34:1-13 (die ander 9 en ‘n halwe stamme) uiteengesit.

In Gen. 15:18 het die Here egter aan Abram gesê : "Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier " Nog nooit in die ganse geskiedenis van Israel se bestaan, het hulle hierdie totale grondgebied bewoon nie. In die dae van koning Dawid en ook Salomo het Israel egter wel byna daarin geslaag om hierdie hele gebied te verower. (Vergelyk ook Deut. 11:24 en Jos. 1:4).

Kyk na hierdie aanhaling van ‘n hedendaagse Turkse leier:

"[The Israeli flag] represents a state which strives to conquer all territory between the Nile and the Euphrates."

(Turkye se voormalige Islamitiese premier, Necmettin Erbakan - Ma'ariv, 14 Augustus 1996).

Hierdie is byna profetiese woorde van die Turkse premier.

 

Dit sal egter verseker hulle erfdeel word met die wederkoms van Jesus Christus, wanneer Hy as Koning op die aarde sal regeer. God het dit met ‘n eedswering belowe en daarom sal dit so wees. Hierdie grense is veel groter as die deel wat Israel vandag beslaan en sal uiteindelik vanaf die Wadi el Arish of dan die Spruit van Egipte tot by die Eufraatrivier in die huidige Irak strek. Die Here sal nooit vergeet nie "die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak; wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as ‘n ewige verbond, met die woorde : Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle afgemete erfdeel." (1 Kron.16:16-18). Ons moet onthou wie God is en dat Hy nooit ooit op sy woord sal teruggaan nie.

Die feit dat die huidige land Israel heeltemal te klein sal wees vir die nageslag wat nog sal kom in die vrederyk, word ook in die Woord duidelik uitgespel. In Jes. 49:18-20 sê die Here vir Israel: "Slaan jou oë rondom op en kyk: hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe! ... sekerlik, nou sal jy te nou wees vir die inwoners ... Nog sal die kinders waarvan jy beroof is, voor jou ore sê: Die plek is te nou vir my; maak vir my plek, dat ek kan woon!" Dieselfde Here sê in Jes. 54:2,3 "Maak die plek van jou tent wyd ... Want jy sal regs en links uitbreek, en jou nageslag sal nasies in besit neem en verwoeste stede bevolk." Ons sien reeds vandag hoedat Jode van oraloor terugstroom na Israel en binnekort gaan die klein byna onbenullige landjie gans te klein wees vir al die inwoners.

 

DIE STRAF VAN ISRAEL

 

"En die HERE sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie. En onder die nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar die HERE sal jou daar ‘n bewende hart gee en smagtende oë en ‘n kwynende siel. En jou lewe sal voor jou aan ‘n draad hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie. In die môre sal jy sê : Ag, was dit maar aand! En in die aand sal jy sê : Ag, was dit maar môre! - vanweë die skrik van jou hart wat jou sal aangryp, en vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien."

(Deut. 28:64-67).

 

God het dit gesê en dit is so. Die Joodse volk is reg oor die aarde verstrooi en in feitlik elke land op aarde sal jy hulle vind. Geen ander volk in die ganse geskiedenis is ooit so versprei oor die wêreld as die Jode nie. In dieselfde asem kan ook gesê word dat geen volk op aarde ooit so swaar gehad het en so vervolg is as die Joodse volk nie.

Die Here het in Deut. 28 ‘n lys van seëninge en vervloekinge aan die volk Israel voorgehou. As hulle sy gebooie en insettinge sou bewaar, sou Hy hulle ryklik seën. Aan die anderkant sou daar baie swaar dae en swaar straf vir hulle wag as hulle God nie sou gehoorsaam nie. Ons weet dat laasgenoemde die geval was en wat ‘n swaar tyd het die Jode nie al deurgemaak oor hulle sondes teenoor God nie. Die Here is egter altyd regverdig en het hulle ook voor die tyd gewaarsku dat dit so sal wees as hulle nie van hulle verkeerde weë wil afsien nie. Die Here sê in hierdie verband in Eseg. 36:19 Hy "het hulle verstrooi onder die nasies en hulle ... versprei in die lande; Ek het hulle geoordeel volgens hul wandel en hul handelinge."

In Deut. 4:27 lees ons dat die Here vir die volk Israel gesê het:

"... en ‘n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen die HERE julle sal drywe." Vandag is dit presies die geval, maar nie meer vir lank nie. Daar is talle profesieë m.b.t. die straf van God vir Israel wat letterlik in vervulling gegaan het deur die loop van die geskiedenis. In Deut. 28:53 lees ons die bykans onmoontlike, nl. dat die volk Israel tydens ‘n beleëring hulle eie kinders sou eet a.g.v. die nood van die oomblik. In Psalm 79:2,3 word daar van ‘n groot hoeveelheid lyke gepraat wat nie eers begrawe is nie en van bloed wat rondom Jerusalem uitgegiet is. Beide hierdie gevalle dui op die Romeinse beleëring van Jerusalem in 70 n.C. Daar is ongeveer ‘n miljoen Jode tydens daardie slagting gedood. Dit wat in die genoemde teksverse beskryf word, het presies so gebeur, baie jare daarna. Die geskiedskrywer Josephus beskryf hierdie gebeure in detail. In die onlangse verlede, in WOII, is daar deur Hitler se toedoen omtrent 6 miljoen Jode uitgewis. Die Satan haat die volk Israel en sweep daarom wêreldleiers teen hulle op. Die doel is om hulle totaal uit te roei, omdat Jesus uit hulle gebore is. Die duiwel verlei die Joodse volk en dan moet God hulle straf, omdat sy woord vas staan waarmee Hy hulle gewaarsku het. Die anti-semitisme of Jodehaat wat vandag nog wêreldwyd beleef word, is ‘n verdere bewys van die akkuraatheid van die Bybel. God het gesê sy volk sal gejag word en dit is vandag dan ook nie anders nie. Die ontsaglike vervolging van die Joodse volk sal egter in die 7 jaar van groot verdrukking (Matt. 24:21; Dan. 12:1) ‘n ongekende hoogtepunt bereik. Veral tydens die laaste drie en ‘n half jaar, die tyd van Jakob se benoudheid (Jer. 30:7), sal die Antichris en sy bondgenote in alle felheid teen Israel losbars. Dit sal ‘n tyd sonder weerga wees.

Die mens as individu en die ander volke spring egter geensins God se toorn vry as hulle in sonde verval nie. Hoewel ons weet dat die Kerk nie Israel is nie, kan elke mens en ook elke volk baie leer uit Israel se foute. Dwarsdeur die Ou Testament lees ons van die sondes en oortredinge van die volk Israel en hoe God hulle dan gestraf het daaroor. Die Woord sê vir ons in 1 Kor. 10:11oor Israel, dat "al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het." Ook Rom. 15:4 sê vir ons dat "alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe". Juis daarom is dit so tragies dat so min individue en so min volke vandag ag gee op dit wat tevore gebeur het en veral op hoe God met sonde handel. Daarom is daar vandag so min wat gereed is vir die wederkoms van die Here.

 

 

DIE HERSTEL VAN ISRAEL

 

"So spreek die Here HERE : Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land. En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees;" (Eseg. 37:21,22).

"Ek is die HERE, jou God, die heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, ... Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. Ek sal sê aan die noorde: Gee! En aan die suide : Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af," (Jes. 43:3,5,6).

Hierdie gedeeltes dui nie op Israel se terugkeer na die Babiloniese ballingskap nie. Babilon (vandag Irak), lê slegs ten ooste van Palestina en tydens daardie ballingskap is die volk Israel nie verstrooi tot aan die einde van die aarde nie. Die Here het gesê dat Hy sy volk sal gaan haal uit die nasies (uit al vier windrigtings) en dat Hy hulle sal versamel in hulle land en vandag gebeur dit presies so. Jode van oor die hele wêreld stroom terug na hulle land. Hierdie is geen toeval nie, maar wel die volvoering van ‘n belofte van ‘n almagtige God.

In Deut. 30: 4,5 sê die Here : "Al was jou verstrooides aan die einde van die hemel, daarvandaan sal die HERE jou God jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal. En die HERE jou God sal jou bring in die land wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal dit in besit neem;" Is enigiets in die hemel of op aarde vir ons God te wonderbaar. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie. Die volk Israel sal hulle land terugkry, die land waarvan daar vandag so min oor is. Daar gaan egter ‘n dag kom in die nabye toekoms dat hulle die volle grondgebied van die belofte in besit sal neem. Die Here het Israel nooit verwerp soos baie skeptici en ongelowiges beweer nie. Die Woord is in Jer. 30:11 baie duidelik hieroor : "Ek sal ‘n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie," en in Lev. 26:44 kom die woord van die Here nog duideliker : "Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek ‘n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie;"

Ons moet onthou dat dit God is wat hier praat en dan moet ons stil wees en luister.

In 1948 is Israel as ‘n volk herstel en het hulle na ongeveer 1900 jaar weer hulle land teruggekry. Dit is een van die grootste wonders van alle tye. God sê in sy Woord dat Israel in die laaste dae na Hom sal terugkom en daarom sal Hy hulle in hulle land herstel. Al die vervolging teen die Joodse volk en die swaar dae sal uiteindelik tot ‘n einde kom. Die Here sê daaroor : "As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister." (Deut. 4:30). Ons beleef nou reeds daardie tyd tot ‘n sekere mate. Nog nooit in die geskiedenis het daar soveel Jode hulle tot Christus bekeer as wat huidiglik die geval is nie. Alle eer daarvoor aan die Here.

In Eseg. 36 en 37 word die volle herstel van die volk Israel op staatkundige sowel as op geestelike gebied in besonderhede uiteengesit. Net soos wat God Israel letterlik uit al die verskillende nasies gaan uithaal, is Hy ook besig om uit elke stam en taal en volk en nasie op aarde vir Hom ‘n heilige ‘volk’ te versamel. Hulle is die ware Kerk of die bruidsgemeente van Christus wat gereed gemaak word vir die groot ontmoeting met hulle hemelse bruidegom. Is jy al deel van hierdie bruid - vlekkeloos en onbesmet - gereinig deur die bloed van die Lam ?

Daar is nog talle gedeeltes in die Skrif wat Israel se terugkeer na hulle land en hulle finale herstel verduidelik. ‘n Paar hiervan is o.a. die volgende:

 

Die Here sal die lot van sy volk verander - Jer. 30:3; Sef. 3:20 en Amos 9:14

God sal die nasies skud soos ‘n sif oor die huis van Israel - Amos 9:9

Hy sal die huis van Jakob nie verdelg nie - Amos 9:8

Hy sal hulle plant in hulle land - Amos 9:15 en Jer. 32:41

Hy strek sy hand vir ‘n tweede keer uit om sy volk los te koop -

Jes. 11:11,12

God sal hulle terugbring na Israel - Jer. 16:15; Jer. 30: 3, 10,11;

Sag. 8:7,8 en Eseg. 36:24

 

 

DIE STAD IN ISRAEL

 

" ... Jerusalem, die stad wat Ek vir My verkies het om my Naam daar te vestig;" (I Kon. 11:36b).

" ... u Naam is oor u stad en u volk uitgeroep." (Dan. 9:19).

 

Jerusalem - die stad van Dawid, die stad van God. ‘n Unieke stad, so bepaal in die raadsplan van ‘n unieke God.

In 1996 was dit presies 3 000 jaar sedert koning Dawid Jerusalem verower het. Na al hierdie jare is daar steeds geen ander stad ter wêreld wat die verbeelding so aangryp soos die stad op die berge van Sion nie. Hierdie stad speel ‘n kardinale rol in die eindfase van die huidige bedeling op aarde en in die tyd rondom die wederkoms van die Here. Ons lees in Sag. 8:3 die volgende: "So sê die Here: Ek keer terug na Sion en sal midde-in Jerusalem woon; en Jerusalem sal genoem word: Die stad van trou en die berg van die Here van die leerskare: Die heilige berg." Hierdie is nie die nuwe Jerusalem of hemelse Jerusalem soos beskryf in Op. 21:2 en Heb.12:22,23 nie. Wanneer Jesus Christus terugkeer na die aarde, sal Hy vanuit Jerusalem regeer vir ‘n duisend jaar en die heiliges sal in daardie tyd saam met Hom op aarde regeer (Op. 20:1-6; Jes. 2:1-4). In Sag. 12:6b maak die Here dit baie duidelik dat Hy van die aardse Jerusalem praat as Hy sê: "...Jerusalem sal nog bewoond wees op sy plek in Jerusalem."

Die feit dat die Here daar gaan woon dui ook vir ons daarop dat die stad op een of ander stadium in gereedheid gebring sal word vir daardie dag. God self sal hierdie taak verrig en die stad voorberei vir die tyd wat kom. In Psalm 147:2 lees ons "Die Here bou Jerusalem op; Hy versamel van Israel die wat verdryf is." Verder in dieselfde Psalm, in vers 12, laat die Psalmdigter, namens die inwoners van die stad, lofprysinge opklink ter ere van God: "o Jerusalem, prys die Here! o Sion, loof jou God ! "

Die Here praat verder in Jes. 62:6 en 7 van die wagte op die mure van Jerusalem en Hy vra hulle om nie te swyg nie, maar om Hom voortdurend te herinner aan sy beloftes "totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot ‘n lof op aarde!" Uiteindelik sal al die nasies die Here erken vir wie Hy is en hulle "sal hulle neerbuig by jou voetsole; en hulle sal jou noem: Stad van die Here, Sion van die Heilige van Israel."

(Jes. 60:14b). Huidiglik is hierdie stad Jerusalem egter "‘n beker van bedwelming" en "‘n baie swaar klip" vir baie nasies (Sag.12:2,3). Hierdie nasies gaan hulle egter daarmee baie seermaak.

Daar is geen ander stad in die wêreld waaroor daar so gestry en geveg word as Jerusalem nie. Hoekom is daar nie so ‘n stryd oor Londen, Parys, New York of Tokio nie. Wat wil die nasies van die wêreld in die stowwerige strate van hierdie antieke stad gaan doen. Een antwoord is dat hulle die ganse wêreld van daar af wil beheer. Jerusalem lê in die middel van die bewoonde wêreld en is strategies gesien uiters geskik om ‘n eenwêreldregering van daar af te loots. ‘n Tweede antwoord sou kon wees die aansienlike rykdomme van die Dooie See, maar die belangrikste is seker die feit dat God hierdie stad vir Hom uitgekies het en die duiwel sal nooit daarmee genoeë neem nie. Daarom sal selfs kinders van God die Bybelse waarhede rondom die stad Jerusalem minag en die profesieë daaroor verontagsaam en vergeestelik. As die Christene uit die volkere en nasies maar eerder Psalm 122:6 ernstig sou opneem en wou "Bid om die vrede van Jerusalem", want dan sê die Psalmskrywer "mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!"

 

 

DIE HEIDENNASIES EN ISRAEL

 

"Want so sê die Here van die leerskare: Hy het my gestuur agter heerlikheid aan na die nasies wat julle uitgebuit het; want wie julle aanraak, raak sy oogappel aan." (Sag. 2:8).

"Volke sal jou dien, en nasies voor jou neerbuig. Vervloek is hulle wat jou vervloek, en geseënd hulle wat jou seën." (Gen. 27:29).

 

Laasgenoemde vers was Isak se woorde aan Jakob toe hy die seën ontvang het wat eintlik vir Esau moes toekom. God het dit egter so gewil en so beskik dat Jakob sy vader se seën moes ontvang, omdat God daardeur die volk Israel sy beslag wou laat kry. Die Here het Israel uitverkies en daarom is hulle sy oogappel. Hy het hulle al in die verlede op verstommende maniere uit verknorsings gehelp en sal dit weer doen. Die feit dat talle nasies die Joodse volk so haat bring net God se oordeel oor hulle. In Jes. 41:11,12 sê die Here vir sy volk:"Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom. ...hulle sal word soos niks en soos ‘n nietige ding - die manne wat teen jou oorlog voer." As ‘n volk of nasie God se oogappel wil aanraak moet hy weet hy doen dit op eie risiko. God sê ook vir Israel: "As jy deur water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere - hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel," (Jes.43:2,3) en "wie jou aanval, sal oor jou val. Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê." (Jes. 54:15,17). Hierdie uitsprake van God geld natuurlik net as sy volk nie in sonde teenoor Hom leef nie, maar slegs as hulle sy gebooie bewaar. Net so kan elkeen van die genoemde skrifgedeeltes ook op elke ander volk of op enige individu van toepassing gemaak word (geestelik beskou) - maar weereens net op hulle wat die Here met ‘n opregte hart dien. Die Here beskerm sy kinders van alle kante en niemand sal hulle ooit uit sy hand kan ruk nie (Joh. 10:28,29).

Terug na God se profesieë oor die letterlike volk Israel. Die Woord sê daar gaan ‘n tyd kom dat ‘n volk uit die agterhoeke van die Noorde en baie volke saam met hom sal optrek teen die volk Israel. Die Here sal dit so beskik dat hierdie nasies Israel sal binneval. Ons weet dat hierdie oorlog nog in die toekoms lê, want die Skrif sê: "Aan die einde van die dae sal dit wees" (Eseg.38:15,16). In daardie swaar tyd sal God egter weer tot Israel se redding verskyn, soos Hy dit al soveel kere tevore ook gedoen het. Hierdie nasies sal op die berge van Israel verslaan word deur God se toedoen (Eseg. 39:3,4). As nasies teen Israel wil optrek om teen hulle oorlog te voer, kom hulle noodgedwonge teen die God van hemel en aarde te staan. Selfs in die onlangse verlede was daar verskeie voorbeelde hoedat God sy volk op wonderbaarlike wyse verlos het te midde van groot gevaar. In die laaste 40 jaar het Hy by ten minste vyf geleenthede tot Israel se redding verskyn toe donker wolke om hulle saamgepak het. Dit het gebeur in 1948, 1956, 1967, 1973 en ook in 1982. Lees gerus die geskiedenis van hierdie oorloë en hoe Israel elke keer die oorwinning behaal het. Die doel van die oorlog van Eseg. 38,39 sal dan net soos al die ander oorloë wees om God onder die nasies bekend te maak sodat hulle sal weet dat Hy die Here is (Eseg. 38:23).

In die finale oorlog van hierdie bedeling, die slag van Armageddon, sal die Here al die nasies teen Israel versamel (Sag. 12:9; Sag. 14:2,3). Hy sal hulle dan verdelg (Op. 19:15,19-21; Sef. 3:8), omdat Israel as volk nooit totaal uitgeroei sal word nie. Uiteindelik sal die nasies van die wat sal oorbly na hierdie groot oorlog, "...skaam wees ondanks al hulle krag: hulle sal die hand op die mond lê.." en al sidderende aankom na die Here en hulle sal Hom vrees (Mig. 7:16,17). Dan sal daar ook ‘n dag kom dat die Here Israel tot ‘n getuie van die volke sal maak en "tot ‘n vors en gebieder van die nasies", want sê die Here: "... nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou hardloop, ter wille van die Here jou God en van die Heilige van Israel, omdat Hy jou verheerlik het." (Jes. 55:4,5).

Reeds in Deut. 28:10 het God vir Israel gesê: "En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van die Here oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees." Hierdie profesie sal in die tyd van die vrederyk letterlik, finaal en volkome vervul word.

 

 

DIE PLAN MET ISRAEL

 

"...die saligheid is uit die Jode." (Joh. 4:22).

God het Israel uitgekies sodat deur hulle sy enigste Seun Jesus Christus op aarde gebore sou word. Jesus Christus was self ‘n Jood en so was ook al die skrywers van die Bybelboeke (behalwe Lukas) Jode gewees. Dit was hoe God sy saligheidsplan - om die mens met Hom te versoen - tot uitvoer wou bring en Hy het dit ook so gedoen. God wou Homself aan die mens openbaar en het die Joodse volk uitgekies om sy plan met die mens deur hulle te volbring. In Gal. 3:16 word hierdie waarheid ook baie duidelik gestel as die Woord praat van die beloftes wat toegesê is aan Abraham en aan sy saad: "Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een : En aan jou saad, dit is Christus." Reeds in Gen 3:15 het die Here hierdie belofte van die saad gegee en omdat Hy God is het Hy sy woord waar gemaak. God het mens geword en op aarde kom woon vir 33 jaar en sy eie skepsele het Hom gekruisig, maar die ewige verlossingsplan is met die opstanding van Jesus Christus uit die dode vir altyd bekragtig. Nooit weer sou iemand nodig hê om die prys vir sonde te betaal nie. Hierdie genadegawe is van daardie dag af daar vir elkeen wat dit wil aanneem. Niemand word gedwing om dit te neem nie, dit is verniet en sal beskikbaar wees tot aan die einde van tyd. As iemand dit sou verwerp bly daar geen offer meer oor vir die sonde nie (Heb. 10:26) en ons weet dat almal gesondig het "en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God," (Rom. 3:23). Die verskil tussen die onbeskryflike heerlikheid van die hemel en die ondenkbare afgryslikheid van die hel is so groot, maar ten spyte daarvan sal die meeste tog laasgenoemde bestemming vir ewig as erfdeel ontvang (Matt. 7:13,14; Luk. 13:22-30).

Ons moet onthou dat ons daaglikse lewe of tot eer van God is, of tot eer van die teëstander van God en ons kan net of God verhoog of Hom verneder. Daar is geen ander weë as net hierdie twee nie. Israel het ook net hierdie twee keuses gehad en die meeste van die tyd het hulle totaal misluk daarin, omdat hulle dit in eie krag wou doen. God se standaard is baie hoog, maar Hy voorsien ook die krag om dit te kan doen vir elkeen wat Hom daarom bid. Die Here doen ook nooit die mens ‘n guns vir die ontwil van die mens nie, maar wat Hy doen, doen Hy altyd om sy grootheid en heerlikheid onder die mense bekend te maak. Die volgende is ‘n duidelike uitspraak hieroor: "So spreek die Here HERE : Ek doen dit nie om julle ontwil nie, o huis van Israel, maar ter wille van my heilige Naam wat julle ontheilig het onder die nasies waar julle gekom het." (Eseg. 36:22). Die Here is baie duidelik dat Hy nie die volk Israel na hulle land terugbring omdat hulle so ‘n spesiale volk is nie, maar dat dit gaan oor God se Naam en sy eer. Israel het ook sy heilige Naam ontheilig onder die nasies, in plaas daarvan om dit groot te maak en dit uit te dra. Die Here gaan nog met hulle in gerig gaan daaroor tydens die groot verdrukking. Die feit dat God Israel tussen die nasies verstrooi het, was wel oor hulle sonde, maar terselfdertyd het die Here ook hierdie geleentheid gebruik om die evangelie na die heidene te neem. Daar was ‘n oorblyfsel uit die Jode wat hulle tot God bekeer het en wat die Here nou noodgedwonge tussen ander vreemde nasies moes dien (Rom. 11:4,5). Hulle het Jesus Christus daar verkondig en so is die ware evangelie van verlossing vir die eerste keer in die lande gehoor. Die apostel Paulus en diegene wat saam met hom gewerk het, is duidelike voorbeelde van bekeerde Jode wat Christus onder die heidene verkondig het. In Hand. 15:14 lees ons dat "God in die begin [reeds] uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem." Dit was van altyd af deel van God se plan om vir Hom ‘n bruidsgemeente uit elke stam en taal en volk en nasie te versamel.

Die Here het Israel se oë tydelik verblind sodat hulle nie kan sien nie en hulle ore gegee om nie te hoor nie (Rom. 11:8,10). Hierdeur volvoer God sy volmaakte plan om ook uit die heidene vir Hom ‘n volk te verkry. In Rom. 11:11 lees ons hierdie merkwaardige woorde m.b.t. Israel: "Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val ? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak." In vers 13 sê Paulus dat hy ‘n apostel is wat onder die heidene werk en in vers 14 sê hy: "as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red!" God speel Israel en die heidene teen mekaar af sodat mense gered en sy Naam geheilig kan word oor die ganse aarde. Hierdie plan van God gaan byna ons verstand te bowe. Paulus praat verder hieroor in Rom. 11:25 en 28 waar hy sê dat hy nie wil hê dat ons "hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;" en ook "Wat die evangelie betref, is hulle [Israel] wel vyande ter wille van julle [heidene]; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders [Abraham, Isak en Jakob]."

God sal nooit sy verbond vergeet of verbreek nie. Die feit dat die meeste Jode vandag steeds glo dat hulle Messias nog nie gekom het nie en dat hulle nie kan insien dat Hy ook vir hulle sondes aan die kruis gesterf het nie, is baie tragies. Hulle kry vandag swaar ter wille van ons sodat ons kan sien en verstaan die verlossingsplan van God met die mens. Daar gaan egter ‘n dag kom dat die volheid van die heidene ingegaan het en van daardie dag af sal God Hom weer wend tot Israel, sy bondsvolk. Aan die einde van dieselfde Rom. 11, in vers 33, lees ons hierdie woorde: "O, Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë ! "

 

 

DIE ONLANGSE VERLEDE IN ISRAEL

 

"Want die kinders van Israel sal ‘n lang tyd bly sit sonder koning en sonder vors en sonder slagoffer en sonder klippilare en sonder efod en huisgode. Daarna sal die kinders van Israel hulle bekeer en die HERE hulle God soek en Dawid hulle koning, en met siddering aankom na die HERE en na sy goedheid in die laaste van die dae." (Hos. 3:4,5).

 

Israel het inderdaad ‘n lang tyd gesit sonder koning en sonder vors. Sedert 70 n.C. toe Jerusalem verwoes is, tot en met 1948 het hulle nie ‘n land gehad om in te woon nie. Daarna het dinge egter drasties verander en sedert Israel ‘n staat geword het, het daar reeds ‘n paar miljoen Jode na hul land teruggekeer. Hierdie dinge gebeur vandag reg onder ons oë en wat dit so merkwaardig maak, is dat die Here in sy Woord voorspel het dat dit sal plaasvind in die laaste van die dae. Die terugkeer van die Jode na Israel is en bly die duidelikste bewys dat ons aan die einde van die dae leef, vlak voor die wederkoms van die Here. Die Here het Israel na bykans 2000 jaar of 2 dae (volgens 2 Pet. 3:8), weer in hulle land hervestig net soos Hy beloof het. Daarom is dit dan ook nie vreemd dat ons ‘n duidelike uitspraak hieromtrent in Hos. 6:2 vind nie. Die Woord sê daar m.b.t. Israel: "Hy sal ons na twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe." Israel was vir 2 dae (2 000 jaar) tussen die nasies verstrooi en as volk was hulle ‘dood’. Die derde dag dui op die duisend jaar van vrede wat sal volg nadat die twee dae voltooi is. In hierdie tyd sal die oorblyfsel van Israel letterlik voor die aangesig van die Here leef in hulle land. In Luk. 13:32 gee Jesus Christus ‘n soortgelyke uitspraak as Hy sê dat Hy vir 2 dae besig sal wees en op die derde dag is Hy klaar. Beide hierdie uitsprake is ook tipologies van Christus se kruisiging en opstanding op die derde dag. Sedert Jesus se hemelvaart tot vandag toe, m.a.w. vir 2000 jaar of 2 dae, is Hy in die hemel besig om vir Israel en al die heidennasies (vir elke individu op aarde) in te tree by God die Vader, dat hulle tot bekering moet kom (Rom. 8:34). Aan die begin van die derde dag sal Hy klaar wees - en dan kom Hy weer.

Die afgelope aantal jare reeds heers daar hoë spanning in die Midde Ooste. Die Arabiese nasies rondom Israel en die Arabiere wat die Palestynse Bevrydings Organisasie in Israel ondersteun, wil die land vir hulleself hê en weier om enige kompromie met Israel te maak. Dit word baie keer anders voorgehou in die media as wat werklik die geval is. Groot dele van Israel se grondgebied is in die laaste aantal jare afgesny en aan die Arabiere gegee. Hieronder is die Gasa Strook en die Wes Bank. Huidiglik is die Golan Hooglande en dele van Jerusalem ook in gedrang. Die verdeling van grense in Israel is huidiglik hoog op die prioriteitslys en dit is waarom onderhandelinge in hierdie dae tussen die PBO en die Israelse regering draai. God het egter in sy Woord baie duidelik te kenne gegee hoe Hy oor sy land voel. Nadat Hy in Joël 3:1 sê dat Hy die lot van sy volk gaan verander, gaan Hy in vers 2 verder en sê Hy dan "sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Josafat laat aftrek, om daar met hulle ‘n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het."

In die onlangse verlede (die laaste 100 jaar) het talle Bybelse profesieë m.b.t. Israel letterlik in vervulling gegaan. Ek noem ‘n paar bekendes:

In 1897 het ‘n groep Jode van regoor die wêreld in Basel, Switzerland bymekaar gekom om te besin oor die terugkoop van hulle land. ‘n Paar jaar daarna het dit ‘n werklikheid geword en grond is letterlik teruggekoop, briewe is onderteken en die eerste Jode het begin om terug te keer na hulle land. In Jer. 32:42-44 lees ons hierdie verstommende profesie van die Here, duisende jare gelede opgeteken deur die profeet Jeremia, dat dit so sou gebeur. In 1917 (midde in die Eerste Wêreldoorlog), toe Jerusalem nog onder Turkse beheer was, het die Here Engeland opgewek en het van hulle vliegtuie oor Jerusalem gesirkel en die Turke het op die vlug geslaan. Die stad is bevry na baie eeue en weereens was dit die vevulling van die Woord, hierdie keer Jes. 31:5. Hierdie gebeure het plaasgevind op 9 Desember 1917. Op die Joodse kalender was daardie dag die 24ste dag van die 9de maand. In Haggai 2:18,19 sê die Here dat Hy sy volk van daardie dag af sal seën. Alles wat God in sy Woord sê, word letterlik waar. Hy is nie ‘n mens nie, geen waarsêer nie, maar wel die lewende en almagtige God.

‘n Interessante geval is die van Jos. 19:48, waar ons lees oor die laaste van die 12 stamme wat hulle grondgebied gekry het nadat die volk Israel die beloofde land onder leiding van Josua ingeneem het. Dit herinner aan 1948 toe die Jode weer hulle land teuggekry het, al is dit so dat mense later die versverwysings in die Skrif geplaas het. Sou God se Hand nie ook daarin wees nie? Niks in die Woord is blote toeval nie. Ons dien nie ‘n God wat dinge aan die toeval oorlaat nie, maar ‘n God van orde wat baie spesifiek is. ‘n Gebrek aan geloof sal jou hier van baie seën beroof. Sedert 1948 het groot getalle Jode na Israel teruggekeer met vliegtuie en ook per skip. In Jes. 60:8,9 het die Here vooruit laat skryf dat daar sulke dae sou kom.

 

 

DIE TOEKOMS VAN ISRAEL

 

"... oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind. En die land sal rouklaag by geslagte, elke geslag afsonderlik;" (Sag. 12:10,12).

"In dié dag sal daar ‘n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid. En in die ganse land, spreek die HERE - twee-derdes sal daarin uitgeroei word, sal sterwe, maar een-derde daarin oorbly. Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos ‘n mens silwer smelt en hulle toets soos ‘n mens goud toets. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit is my volk! En hulle sal sê: Die HERE, my God!" (Sag. 13:1,8,9).

 

Dieselfde wat met die ongelowige Thomas in Joh. 20:28,29 gebeur het. Hy was ‘n tipe van die volk Israel.

Hierdie is duidelik nie ‘n beskrywing van die Kerk van Jesus Christus nie. Die ware Kerk (al die gereddes) is nie die huis van Dawid of die inwoners van Jerusalem nie. Hierdie is ‘n verwysing na die letterlike Israel, want dit is hulle wat Jesus gekruisig het en Hom met ‘n spies deurboor het. (Vergelyk Sag. 13:6). Daar gaan ook nie twee derdes van die Kerk uitgeroei word sodat net een derde oorbly nie. Hier moet veral opgelet word dat dit net die oorblywende derde deel van Israel is, wat nadat hulle gelouter en getoets is, die Here sal aanroep en hulle tot Hom sal bekeer. Al hierdie gebeure sal plaasvind met die verskyning van sy wederkoms - reg teen die einde van die groot verdrukking, wanneer Jesus Christus met sy voete op die Olyfberg sal staan (Sag. 14:4). Ons lees dan ook in hierdie verband in Deut. 4:30 (soos vroeër aangehaal) dat Israel aan die einde van die dae, as hulle in die nood is, na die Here hulle God sal terugkeer en na sy stem sal luister. In 2 Kon. 19:31 sê die Woord oor die derde deel van Israel wat sal oorbly: "Want uit Jerusalem sal ‘n oorblyfsel uitgaan en vrygeraaktes van die berg Sion." So is daar ook talle ander plekke in die Bybel waar daar oor hierdie eindgebeure in Jerusalem geprofeteer word, o.a. in Miga 2:12. Israel se toekoms staan vas en is deur God bepaal. Niemand kan dit ongedaan maak nie.

So gaan daar nog ‘n dag in die nabye toekoms van Israel kom dat hulle tot groot seën vir al die nasies sal wees. Die Here sê daaroor in Sag. 8:13: "En soos julle ‘n vloek gewees het onder die nasies, o huis van Juda en huis van Israel, so sal Ek julle verlos, dat julle ‘n seën kan wees." en ook "So sal dan baie volke en magtige nasies kom om die HERE van die leërskare in Jerusalem te soek en die aangesig van die HERE om genade te smeek. So sê die HERE van die leërskare: In die dae sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van ‘n Joodse man gryp en dit vashou en sê: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is." (Sag. 8:22,23). Hierdie gedeeltes dui op daardie besondere tyd in die bestaan van die volk Israel nadat hulle ook geestelik herstel is. Die vrederyk op aarde sal inderdaad ‘n spesiale tyd van verkwikking wees vir elkeen wat dit sal meemaak. As ons gaan kyk na wat die Skrif oor Israel in daardie tyd sê, sal ons o.a. duidelike riglyne vind m.b.t. die landsgrense en die indeling van die grondgebied. Die Here gee in sy Woord, in Eseg. 48, ‘n duidelike uiteensetting van hoe die grondgebied in daardie tyd tussen die verskillende stamme verdeel sal word. Alles is vooruit gesê, as ons maar net die Bybel sal bestudeer en God op sy woord sal neem. Die Joodse volk sal in daardie kommervrye dae weer tot lof en eer van God leef en daardeur sal hulle skeppingsdoel op aarde uiteindelik volbring word. Ons glo dat hierdie tydperk in die afsienbare toekoms ‘n aanvang sal neem.

In Op. 7 lees ons van die 144 000 verseëldes en die groot rol wat hulle in die groot verdrukking gaan speel. Vanaf verse 1-8 sien ons baie duidelik en ondubbelsinnig dat hierdie groep mense letterlike Jode uit die twaalf stamme sal wees. Ook in Op. 14:1-5 lees ons van hierdie Joodse Christene. Hulle is verseker nie die Kerk van die Here soos wat die Jehova Getuies meen nie. Definitief is hulle ook nie Christene uit die ander (heiden) nasies nie. Daar is vandag nog Jode uit al twaalf stamme. God het hulle so bewaar. In Op. 7:9 en 14 sien ons dat hierdie 144 000 verseëldes sendingwerk gaan doen, want ‘n groot menigte verskyn daarna in die hemel. Hierdie getal Jode is beslis nie ‘n simboliese verwysing na al die gereddes van alle tye, uit alle nasies nie. As ons maar net God se Woord sal neem soos dit daar geskrywe staan, sal ons soveel meer daarvan verstaan en die seën sal ook soveel groter word. Dit neem geloof om die Woord so te glo, maar dit is ook net geloof wat God kan behaag - geloof soos die van ‘n kind (Matt. 18:3-6).

 

 

DIE EWIGHEID EN ISRAEL

"Want die HERE het Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê: Dit is my rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het dit begeer." (Psalm 132:13,14).

 

In die voorafgaande verse maak die Here dit duidelik dat Hy hier die land Israel bedoel, omdat Hy die "troon van Dawid" en die "Magtige van Jakob" beskryf. Hierdie woonplek is die berg Sion in Israel, waar die ewige heerskappy van die Here ‘n aanvang sal neem. Die Here het Jerusalem begeer as sy woonplek vir ewig. Eers sal Hy in die aardse Jerusalem regeer vir ‘n duisend jaar en daarna in die hemelse een, die nuwe Jerusalem. Nadat Jesus Christus al die ander koninkryke tot niet gemaak het met sy wederkoms, sal Hy self regeer tot in alle ewigheid (Dan. 2:34,35,44). Nooit weer sal ‘n ander koninkryk regeer nie. Sy aardse koninkryk sal oorgaan in sy hemelse koninkryk. Eersgenoemde, nog onvolmaak, sal oorgaan in die volmaakte. Dit sal die opbou wees tot die ongeëwenaarde hoogtepunt in God se raadsplan. Ons weet dat Jesus Christus self God is (1 Joh. 5:20) en daarom sal sy heerskappy vir ewig bestaan.

In Matt. 19:28 sê die Here aan sy disspels dat hulle wat Hom in die wedergeboorte gevolg het, self op 12 trone sal sit en die 12 stamme van Israel sal oordeel. Dit sal wees as die Seun van die Mens op sy heerlike troon gaan sit. Hierdeur kan gesien word dat God nooit sy volk Israel tot niet laat gaan nie, maar dat hulle tot in ewigheid as volk sal bestaan. In die nuwe Jerusalem, die heilige stad uit die hemel, word daar weer na Israel verwys. Die Woord sê vir ons in Op. 21:12 die stad het "twaalf poorte gehad, ... en name daarop geskrywe, naamlik die van die twaalf stamme van die kinders van Israel." Die apostels, ook almal Jode, kry ook ‘n ereplek in die nuwe Jerusalem. In vers 14 van Op. 21 sien ons dat "die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam." Hulle was fundamenteel in die totstandkoming van die Kerk van Christus hier op aarde - eers uit die Jode en ook uit die Grieke (heidene). God hou nooit op om aan sy bondsvolk te dink nie. Laastens noem ek Psalm 105:8 waar die Woord onomwonde verklaar: "Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte - "

 

 

ISRAEL VANDAG

 

Daar is reeds kortliks daarop gewys hoedat die Jode in hierdie dae na hulle land terugkeer. Veral uit die ekonomies onstabiele Rusland en omstreke. Die Jode is die enigste volk ter wêreld wat na hulle oorspronklike land terugkeer en wel op so ‘n groot skaal. Hulle is ook die enigste volk wat ten spyte daarvan dat hulle vir etlike geslagte in ander lande woonagtig was, nog steeds hulle unieke identiteit behou. Hulle bly Jode. Geen Suid-Afrikaner wat in hierdie dae moontlik na Nederland terugkeer, word weer ‘n Hollander nie of ‘n Duitser nie ens. Die Jode keer tans terug en leer weer Hebreeus praat. Talle leerskole vir hierdie doel bestaan nou in Israel.

Israel is vandag op byna almal se lippe. Vredesverdrae op vredeseverdrae is al oor daardie klein strokie land onderteken, maar in die meeste gevalle is die handtekeninge nie eers die papier werd waarop dit geskryf is nie.

Baie mense het dit teen die Jode, omdat van hulle ryk is en veral omdat hulle baie van die banke in die wêreld beheer ens. Sommige van hulle is ook aktief betrokke by die strewe na ‘n nuwe internasionale wêreldorde. Ja, van hulle wil graag die wêreld beheer en kry dit in ‘n geringe mate reg. Hierdie mense is bloot verblind en dit is waar dat van die Jode by geweldige groot anti-Christelike aksies betrokke is. Baie Jode is ook vandag ‘new agers’ en die meeste leef ver van die ware God. Hulle besef nie wat hulle doen nie, maar gaan ook binnekort daarvoor geoordeel word. Al hierdie dinge maak egter nie die beloftes van God i.v.m. Israel tot niet nie. Nooit sal God op sy Woord teruggaan nie. Alles gaan uiteindelik verander, soos wat die Bybel dit duidelik uitspel. Daardie tyd is vandag op hande.

Daar is ongelukkig ook in ons dag baie blanke Suid-Afrikaners wat glo dat hulle Jode is en wat hulle met Ou Testamentiese Joodse rituele ophou. Die Ou Testament is wel steeds van groot betekenis vir ons, maar nie vir hierdie doel nie. Ook in Amerika en Engeland is daar groot groepe wat vas glo dat hulle Jode is - die sg. ‘tien verlore stamme.’ So is daar bv. Britte wat glo dat Prins Charles eersdaags die troon van sy ‘vader Dawid’ gaan bestyg. Die waarheid is dat geen Joodse stam ooit verlore geraak het nie. In Jak. 1:1 lees ons juis van al "twaalf stamme van Israel wat in die verstrooiing is". Baie Jode weet vandag nog aan watter stam hulle behoort.

Die Bybel waarsku ons in Op. 2:9 en in Op. 3:9 teen hulle "wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie". Hierdie waarskuwing geld natuurlik ook vir elke kerk wat meen dat hulle die volk Israel vervang het en daarom nou self Israel geword het. Baie van hierdie kerke meen dan ook dat God klaar is met die volk Israel en dat hulle geen verdere rol te vervul het nie. Hoe verkeerd kan ‘n mens wees.

 

Ons het inderdaad ‘n baie laat uur in die geskiedenis van die mensdom op aarde bereik. In hierdie hele proses is die volk Israel vir ons ‘n baken van presies hoe laat dit is. Die Joodse volk was nog altyd die horlosie wat vir die ander nasies aandui waar hulle hul op die profetiese kalender van God bevind. In die dae wat gaan kom sal dit al hoe meer die geval wees. Interessante tye lê voor en die volk Israel se rol in dit alles sal net groter en groter word.

 

 

 

 

ISRAEL - HORLOSIE VAN GOD

 

 

DIE JOODSE JAAR 5760

 

In September 1999 het die Joodse jaar 5760 aangebreek. Dit is hoe hulle deur die eeue die jare getel het vanaf Adam tot vandag. Hoewel dit nie 100% korrek is nie, is dit tog interessant hoedat hierdie syfer besonder na aan die ongeveer 6000 jaar is wat die Skrif vir die bestaan van die mensdom aandui. Dit is nou as al die verskillende ouderdomme vanaf die ou stamvaders, wat wel noukeurig in die Bybel aangegee word, bymekaar getel word. Die Joodse jaar 5760 het geëindig in September 2000. Daar is veel meer aan hierdie getal as wat op die oog af gade geslaan word.

Hebreeuse geleerdes het die verse van die Ou Testament vanaf Gen. 1:1 getel en toe verstommend genoeg gevind dat die 5760ste vers van die Bybel die een in Deut. 32:7 is. Daar staan geskrywe: "Dink aan die dae van die ou tyd, let op die jare, van geslag tot geslag; vra jou vader, dat hy jou dit bekend maak; die ou mense, dat hulle jou dit sê." Dit is asof ons meer ernstig na hierdie vers moet kyk - asof daar veel meer hierin is as wat dadelik opgemerk kan word. Hierdie vers is deel van die ‘lied van Moses’ wat hy op bevel van God voorgedra het. Hierdie selfde ‘lied van Moses’ word interessant genoeg weer herhaal in Psalm 90. J.R. Church van Prophecy in the News in Amerika, skryf in hulle November 1998 uitgawe hoedat iemand hom ‘n besonder verbasende ‘toevalligheid’ rondom hierdie getal meegedeel het. As ’n mens noukeurig na die woorde van Deut. 32:7 gaan kyk, sal jy opmerk daar word eerstens gepraat van die "dae van die ou tyd." Kan dit dui op die ses dae van die skepping? Op die sewende dag het God gerus. Dan lees ons dat ons moet "let op die jare" en wel "van geslag tot geslag." In die gedeelte in Ps. 90 lees ons in vers 4 "Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos ‘n nagwaak." Onthou Ps. 90 is ook deur dieselfde Moses geskryf. In 2 Pet. 3:8, waarna ons nog weer sal verwys, sien ons ook dat een dag vir God is soos ‘n duisend jaar en ‘n duisend jaar ook soos een dag. Die man na wie vroeër verwys is, het die 6 dae geneem en dit vermenigvuldig met die 24 uur elk wat so ‘n dag sou beslaan en uitgekom by 144. In Deut. 32:7 staan egter ook dat ons moet let op die geslagte. ‘n Bybelse geslag is gewoonlik 40 jaar, soos toe die Israeliete in die woestyn was en die Skrif daarna verwys dat hulle ‘n hele geslag daar deurgebring het. As ‘n mens dit nou sou waag om die 144 met 40 te vermenigvuldig, dan kry jy: 5760 ! Is dit geheel en al toevallig dat hierdie dinge juis geskrywe staan in die 5760ste vers van die Bybel?

In Ps. 90:12,13 lees ons ook die volgende: "Leer ons om ons dae so te tel dat ons ‘n wyse hart mag bekom ! Keer terug HERE ! Tot hoe lank?" Ja, tot hoe lank gaan ons nog moet wag, is die vraag. God wil dus hê dat ons ons dae hier op aarde wys moet tel. Hierdeur probeer ek hoegenaamd nie sê dat ons enigsins die dag of uur van die wederkoms kan weet nie, maar bloot die seisoen waarin dit kan plaasvind.

In Matt. 16:1-3 moes die Here Jesus die Skrifgeleerdes van destyds ernstig aanspreek omdat hulle nie die seisoen van sy eerste koms na hierdie aarde kon onderskei nie. Hy moes hulle vra: "kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie?" In vers 1 van hierdie gedeelte het hulle Hom om ‘n teken uit die hemel gevra, maar kon glad nie onderskei dat die grootste teken ooit, vanuit die hemel, reg voor hulle gestaan het nie ! Om te dink hulle het die hele Ou Testament tot hulle beskikking gehad waarin al die profesieë oor Christus se eerste koms na die aarde vervat was. Die probleem was dat hierdie ‘geestelike’ leiers geestelik verblind was in hulle sonde en ongeloof. Vandag is dit weer ‘n keer die geval - net op veel groter skaal.

Israel en die gebeure rondom hierdie volk, bly egter vir ons ‘n rigsnoer in hierdie onstuimige dae.

Daar is tans soveel helder, duidelike en onweerlegbare tekens dat die wederkoms van Jesus Christus werklik reg voor die deur is (vergelyk Matt. 24:33), dat net ‘n gebrek aan kennis die ‘teendeel sal bewys.’ Hosea 4:6 noem juis dringend dat so ‘n gebrek aan Bybelse kennis ‘n volk ten gronde kan laat gaan. Dit is ongelukkig juis die scenario wat ons vandag beleef.

 

Vervolgens kyk ons na ‘n aantal merkwaardige tekens wat net in die land Israel in vervulling gaan en wat sonder twyfel daarop dui dat ons nou baie opwindende en ook unieke tye in die bestaan van die mens op aarde betree het:

 

ISRAEL IS OP EEN DAG GEBORE

 

Op 14 Mei 1948 is die staat Israel weer ‘n keer gebore - ‘n totale wonderwerk van die almagtige God. Israel was vroeër ‘n volk, maar het so te sê ophou bestaan vir omtrent 1900 jaar en toe skielik die onverwagte eensklapse gebeurtenis wat die wêreld geruk het.

Jes. 66:8 verklaar: "Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word ‘n land op een enkele dag gebore? Of word ‘n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar."

 

 

ISRAEL IS DIE VYEBOOM

 

Matt. 24:32,33 verklaar: "En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. So weet julle ook, wanneer julle al hierdie dinge sien [al die tekens], dat dit [Christus se wederkoms] naby is, voor die deur."

Hoe weet ons hierdie verwysing dui op die volk Israel van ouds?

 

Jer. 24:5,6 verklaar: "So spreek die HERE, die God van Israel: Soos hierdie goeie vye, so sal Ek ten goede aansien die ballinge van Juda ... en Ek sal my oog op hulle slaan ten goede en hulle terugbring in hierdie land; en Ek sal hulle bou en nie afbreek nie, en hulle plant en nie uitruk nie."

Hosea 9:10 verklaar: "Ek het Israel gevind soos druiwe in die woestyn; Ek het julle vaders gesien soos voorvye aan die vyeboom in sy eerste groei;"

God sien Israel soos ‘n vyeboom - dit is ‘n tipe van die volk Israel.

Israel, die vyeboom, is duursaam in hulle land geplant - in 1948 !

Wat ‘n merkwaardige profesie is hierdie nie wat ons vind in God se onfeilbare Woord?

 

GRONDE IS EN WORD STEEDS IN ISRAEL GEKOOP

 

Jer. 32:43,44 verklaar: "Ek sal hulle duursaam in hierdie land plant, met my hele hart en met my hele siel. En daar sal grond gekoop word in hierdie land ... Gronde sal hulle vir geld koop en die briewe onderteken en verseël en getuies neem, in die land Benjamin en in die omstreke van Jerusalem en in die stede van Juda en in die stede van die Gebergte en in die stede van die Laeveld en in die stede van die Suidland; want Ek sal hulle lot verander, spreek die HERE."

 

Sedert 1897 koop Jode weer grond in Palestina en veral so sedert 1948. Dit is wel so dat die Jode al deur baie eeue heen grond daar gekoop het, maar selfs baie onlangs (in die laat negentigs) het welgestelde Jode van Amerika weer ‘n keer grond in daardie land gekoop. Kyk na die volgende koerantberig wat dit bevestig:

 

‘OVERSEAS JEWS SECRETLY BUY PALESTINIAN HOMES’ JERUSALEM - "Wealthy overseas Jews have put up $40 million (R185 million) in recent months to quietly purchase Palestinian properties in Hebron and elsewhere in the occupied territories, sending real estate prices skyrocketing, the daily Yediot Aharonot reported yesterday.

The purchasers are primarily ultra-Orthodox Jews from the United States committed to what is being called ‘redemption of the land’ before it is lost to Palestinian selfrule."

(The Citizen, 4 Desember 1996).

 

 

UITLANDERS WERK TANS OP KIBBOETSE IN ISRAEL

 

Jes. 61:5 verklaar: "Die vreemdelinge sal staan en julle kleinvee oppas, en uitlanders sal julle landbouers en wynbouers wees."

Watter land op aarde is meer bekend vir hulle gesamentlike boerdery-projekte as juis Israel. Selfs Suid-Afrikaners gaan ook daar werk soek.

 

 

ISRAEL SE NATUUR BLOEI

 

Jes. 27:6 verklaar: "In die dae wat kom, sal Jakob [Israel] wortel skiet, Israel sal bloei en uitbot, sodat hulle die wêreld vol vrugte sal maak."

Dit het gebeur. Die vyeboom het reeds gebot en Israel voer vrugte uit na talle oosterse lande en ook na Europa. In die duisendjarige vrederyk sal dit verder en finaal vervul word.

 

OLYFBERG GEREED OM IN TWEE TE SKEUR

 

Sag. 14:4 verklaar: "En in die dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide."

Volgens die Atlas of Israel, 1985, p.17 is daar ‘n aardbewing foutlyn wat van wes na oos deur die area van die Olyfberg loop. Vers 15 van dieselfde Sag. 14 praat juis van ‘n aardbewing en so ook die boek Openbaring, hfst. 16:18.

 

 

JUDA KAN NOU IN JERUSALEM VEG

 

Sag. 14:14 verklaar: "En Juda sal ook in Jerusalem veg,"

Die genoemde vers is juis i.v.m. die eindoorlog, soos wat die hele Sag. 14 vir ons die gebeure daarrondom beskryf. Hierdie profesie kon nooit bewaarheid word voordat Israel in 1948 weer ‘n staat geword het nie. Meer nog, eers in 1967, met die beroemde sesdaagse oorlog, het Juda weer in Jerusalem geveg en beheer verkry oor die stad van God. Hulle gaan natuurlik ook weer daar veg - miskien binnekort !

 

 

OOSPOORT VAN JERUSALEM IS TANS GESLUIT

 

Eseg. 44:1,2 verklaar: "Toe het hy my teruggebring na die buitenste poort van die heiligdom wat na die ooste kyk; en dit was gesluit. En die HERE het vir my gesê: Hierdie poort moet toegesluit bly, dit mag nie oopgemaak word nie, en niemand mag daardeur ingaan nie, omdat die HERE, die God van Israel, daardeur ingegaan het; daarom moet dit gesluit bly."

In hoofstuk 43:1,2 van Esegiël lees ons hoedat die Here vroeg in die vrederyk deur die oospoort na Jerusalem sal ingaan. Tans is die oospoort nog gesluit. Moslems het jare gelede al die poort toegemessel omdat die Bybel verkondig dat die Messias daardeur Jerusalem sal binnekom. Hulle verloor uit die oog dat Jesus Christus tans ‘n verheerlikte liggaam het en sedert sy opstanding sal geen geslote poort Hom kan uithou nie. Kort na sy opstanding uit die dode het Hy ook ‘n paar keer aan sy dissipels verskyn waar hulle agter geslote deure bymekaar was (Joh. 20:19).

 

 

 

GROND WORD NOU WEER IN ISRAEL VERDEEL

 

Joël 3:1,2 verklaar: "Want kyk, in die dae en in die tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander, sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Josafat laat aftrek, om daar met hulle strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het."

Groot stukke van Israel se regmatige grondgebied is al afgesny en vir die Palestyne gegee. Tans is die ‘vredemakers’ weer besig om Israel te oorreed om afstand te doen van die hele Golan Hooglandgebied sodat dit aan Sirië gegee kan word. Dit is nou volgens die berugte ‘land for peace’ skema. Arafat het al gesê hy sal Israel oorwin, "piece by piece by peace". Dit is o.a. juis hieroor dat God die nasies rondom Israel gaan laat saamtrek vir die groot geweldige oorlog wat al hoe nader kom.

 

 

HOOFWEG IN EN NA ISRAEL NOU ‘N WERKLIKHEID

 

Jes. 19:23 verklaar: "In die dag sal daar ‘n grootpad wees van Egipte na Assirië,"

Vandag loop daar ‘n hoofweg vanaf Egipte deur Israel na Irak en selfs verder tot in die Ooste. Op. 16:12 praat juis van die pad waarop die konings van die Ooste na Israel sal opruk. In Israel self word daar huidiglik nog ‘n groot pad gebou met die naam: ‘Trans-Israel Highway’. Israel Wire het op 7 April 2000 die volgende berig: "... construction is ready to start for the Trans-Israel Highway."

 

 

TWEE ROOI MANE IS IN ISRAEL OPGEMERK IN 1996

 

Joël 2:31 verklaar: "Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE kom."

In 1996, presies op twee Joodse feesdae - in April en weer in September, het die maan rooi vertoon vanuit Jerusalem.

Die BBC het op 21 Januarie 2000 ook berig oor ‘n rooi maan met die volgende woorde: "The Moon went a deep shade of red as it turned out of the light of the Sun and into Earth’s shadow." Luk. 21:25 noem hierdie ook as ‘n teken van die tyd.

 

 

 

 

OLIE IS ONTDEK IN ISRAEL

 

Deut. 33:19,24 verklaar: " ... hulle sal die oorvloed van die see insuig en die verborgenste skatte van die sand. ... Geseënd is Aser bo die seuns; laat hy die liefling van sy broers wees, en een wat sy voet in olie insteek."

Jes. 45:3 verklaar: "En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die HERE is wat jou by jou naam roep, die God van Israel;"

In die Midde-Ooste is olie die grootste rykdom wat ‘n nasie kan hê. Israel het al ‘n tyd terug olie ontdek aan die noordooste kant van die land - in die Middellandse See - presies waar die destydse grondgebied van Aser was. Op ‘n kaart van destyds lyk die area van Aser soos ‘n voet en die punt daarvan raak aan die see. Dit is juis in daardie omgewing waar hulle olie ontdek het.

Onlangs het hulle ook aan die suidwestekant van die Dooie See olie ontdek. Kyk na die volgende berigte:

 

‘ISRAEL OIL’

"A $30 million, six-to-eight-month project to uncover the world's largest oil field atop a salt dome at the southwest end of Israel's Dead Sea is expected to begin in early 1999, according to respected Texas oil man, Harold ‘Hayseed’ Stephens.

Until now, Israel's Islamic enemies have possessed nearly 75 per cent of the world's oil reserves with Israel's supply only a fraction of that. It's reported that Islamic nations such as Saudi Arabia, all sworn enemies of the tiny Jewish state, have trillions of barrels while Israel has only enough oil to supply itself for about one and a half days and depends on other countries for the remainder.

Besides being an oilman, Stephens is an ordained minister and said the drilling of Elohim Parezim #1 (meaning ‘Lord of the Breakthrough’) in the Dead Sea area could mean ‘the entire geopolitical system will be changed.’"

(World Net Daily, 2 Desember 1998).

 

Hier is nog ‘n berig in die verband:

 

‘ISRAELI OIL’

"A new flow of oil south of Arad has been discovered, the Israel National Oil Company announced to the Tel Aviv Stock Exchange last week.

The find, between Arad and the Dead Sea, flowed at a rate of 600 barrels a day ... according to Israel National Oil Company Managing Director Yaron Ran.

The oil was located above another flow discovered last year. The first find was detected in sandstone strata at a depth of 2,000 meters. Last week’s strike is some 50 to 70 meters closer to the surface.

In addition to the continuing site tests at locations in the area, Israeli oil experts still remain hopeful that significant finds will be made at sea.

In July, the government awarded the first five licenses to drill for oil in Israel’s deep waters in the Mediterranean."

(The Jerusalem Post, 24 Augustus 1996).

Wat ‘n ontsaglike effek sal ‘n oliefonds soos hierdie nie in die hele Arabiese en Moslemwêreld tot gevolg hê nie? Die Midde-Ooste, nee, die ganse wêreld sal hierdeur verander word. Ons kan dit nie betwyfel nie.

 

 

DIE TEMPEL GAAN HERBOU WORD

 

Op. 11:1,2 verklaar: "Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid. Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee;"

Yasser Arafat van die Palestyne het reeds drie jaar gelede verklaar dat hy ‘n getekende plan van die nuwe Joodse tempel in die hande gekry het - iets wat hom natuurlik hewig ontstel het. Die Temple Mount Faithful groep in Israel het al baie gedoen om tempelinstrumente gereed te kry en Levitiese priesters op te lei vir die groot dag. Die hoeksteen is ook al gereed. Die Arutz 7 radio stasie in Israel het op 26 Julie 1999 berig dat tot sekulêre Jode nou die herbouing van die tempel ondersteun.

Daar is nou ‘n baie insiggewende verwikkeling rondom die tempelbergarea aan die gang. Let op hierdie berig uit die Israeliese koerant, Ha'aretz van 30 Augustus 2000:

 

"A proposal to divide the Temple Mount area into four sections, each containing a different mix of powers for the two sides, has been discussed in the talks between Israel and the Palestinian Authority taking place under American and Egyptian mediation. The four sections would be: Al-Aqsa Mosque and the Dome of the Rock shrine; the Temple Mount plaza; the external wall; and the subterranean spaces."

Met so ‘n verdeling kan Op. 11:1,2 maklik in vervulling gaan.

Dit is nie al nie. Joodse Rabbis het planne om ‘n sinagoge op die tempelberg op te rig en Moslems waarsku met oorlog as die plan sou voortgaan:

 

"Palestinian leaders warned Israel yesterday that a plan to build a synagogue on the Temple Mount in Jerusalem could provoke a war in the Middle East. The warning came after the Chief Rabbinical Council announced that it was setting up a committee to ‘realize our rights and sovereignty on the Temple Mount’. The decision appeared to be an attempt to avoid a confrontation with Muslims over what many regard as the most sensitive site in the Middle East. Jews believe that their temples stood on the site, which is inside Jerusalem's walled Old City, in biblical times. ... Ikrema Sabri, the Mufti of Jerusalem, said that building a synagogue on the hill would start a war and ‘only God knows where it would lead’. Sheikh Muhammad Hussein, the most senior Islamic administrator at al-Haram al-Sharif, appealed to Israel: ‘Don't play with fire, this is not politics, this is religion, and if something happened, God forbid, you will find millions of Muslims willing to sacrifice their souls for our holy places.’"

(London Times, 8 Augustus 2000).

 

WATER VLOEI TANS UIT DIE TEMPELBERG

 

Eseg. 47:1,2 verklaar: "DAARNA het hy my teruggebring na die ingang van die huis, en kyk, daar het waters uitgestroom onder die drumpel van die huis [tempel] uit, na die ooste toe ... en kyk, die waters het gekabbel uit die regtersymuur uit." Sien ook Joël 3:18 en Sag. 14:8.

Hierdie profesieë dui spesifiek nog op die vrederyk wat kom, maar iets is al aan die gebeur.

In die Israeliese koerant, Ha Tsofer van 15 Mei 1999 is daar oor hierdie merkwaardige saak berig. Op 25 Mei 1999 het ‘The Temple Mount and Land of Israel Faithful Movement’ soos volg hieroor berig:

"Important news about the water flowing from the Temple Mount comes from the Israeli newspaper, HaTsofer. In the 15th May edition of the Journal, (pg 5) Eliazer Sheffer states that his Arab neighbour, Mohammed shared with him very secretly, and very emotionally, that water had started to flow from the rock on the Temple Mount. ... People who we have sent to check the situation could not see the water but the information that we have received and which was spread throughout Israel states that the Arabs on the Temple Mount have done everything possible to stop the flow of water, including by means of special pumps that they brought in for the purpose.

As we know, and our people have checked this and even photographed it, the Arabs, with the help of hundreds of workers from the Islamic Movement in Israel are busy with very intensive excavations on the Temple Mount., the purpose of which is to destroy the last remains of the First and Second Temples and in this way to deny the Jewish identity of the Temple Mount. According to one account, during these diggings they broke into one of the water sources and that the water started to flow out of the rock and in trying to stop the flow, they temporarily diverted the water in another direction which is currently unknown.

It is very well known that under the Temple Mount there are many water sources and it is not surprising that one or more of them started to flow out. This news which was spread all over Israel put joy and great hopes in the hearts of the Israelis ..."

Die Temple Mount Faithful groep in Israel het dit ook in hulle nuusbrief met die naam The Voice of the Temple Mount Faithful, (Lente 2000) bevestig. Daarin verskyn ‘n lang artikel hieroor met die titel: ‘Water Flowing from the Rock: A Sign of Redemption.’ Hulle reken hierdie gebeurtenis dui verseker op die spoedige koms van die Messias. Dit is egter so dat baie die ‘water storie’ totaal ontken, veral die Moslems, maar dit kon in elk geval verwag word.

 

 

JERUSALEM IS ‘N BEKER VAN BEDWELMING

 

Sag. 12:2,3 verklaar: "Kyk, Ek maak Jerusalem vir al die volke rondom tot ‘n beker van bedwelming ... En in die dag maak Ek Jerusalem tot ‘n baie swaar klip vir al die volke"

Jerusalem is feitlik elke dag in die nuus en die vredesproses wat rondom hierdie stad aan die gang is, wil maar net nie werk nie. Al die volke van die wêreld se oë is op Jerusalem - meer as op enige ander stad op aarde.

In 1998 het die Verenigde Nasies 3 resolusies aanvaar wat verklaar dat Israel onwettigge beheer oor Jerusalem uitoefen. Die opskrif van ‘n berig in die Beeld van 4 Desember 1998 het gelui:

 

‘VN SÊ ISRAEL IS ONWETTIG IN JERUSALEM’

Kan ‘n mens so iets glo. As daar ooit ‘n land is wat kon aanspraak maak op ‘n stad, dan is dit juis Israel op Jerusalem. Die ganse Bybel en talle historiese geskrifte kan dit oor en oor bevestig. Dit is egter hoe dit werk, want die Skrif moet in vervulling gaan. God is presies wie Hy gesê het Hy is.

Die vredessamesprekings van Julie 2000 in Amerika het nie vrug afgewerp nie, maar let op die hoofrede wat vir die mislukking gegee word: "Jerusalem was said to have been the stumbling block at US sponsored talks in Camp David ... " (The Citizen, 31 Augustus 2000). Dit is byna die presiese woorde van die bostaande gedeelte uit die boek Sagaria.

In die London Guardian van 6 September 2000 het die volgende verstommende verklaring van ‘n Palestynse hooggeplaaste verskyn:

"one of Yasser Arafat's most trusted lieutenants said yesterday the Palestinians would be willing to make bold compromises on their claims to the holy city. In a speech to the European Parliament in Strasbourg, Ahmed Qureia said the Palestinians would support internationalizing all of Jerusalem ... ‘Unless we can reach an agreement on Jerusalem, I have to declare that both parts of Jerusalem east and west should be a unified international Jerusalem ... not just the capital of Israel or Palestine, but a capital of the world,’ said Mr Qureia, who is speaker of the Palestinian parliament. The proposal revives a formula put forward by the UN in 1947 and since repeatedly rejected by Israel, and opposed by the Palestinians, though it still remains part of European foreign policy ..." (Sien ook die rol van Europa en Rome later).

Daar gaan nog ‘n dag kom dat Jerusalem werklik die hoofstad van die wêreld sal wees, maar dit kom eers in die vrederyk. Dit wat nou daar gebeur is ‘n namaaksel van wat kom en die komende Antichris sal wel ook vir ‘n tyd van daar regeer.

 

 

ISRAEL IS ‘N LAND SONDER MURE

 

Eseg. 38:11 verklaar: "Ek sal optrek teen die land wat ooplê, ek sal kom by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie;"

Hoewel Jerusalem nog enkele ou mure en poorte het, is moderne Israel nie bekend vir die gebruik van mure en poorte nie. Dit was natuurlik totaal anders in hulle vroeëre geskiedenis. Die oorlog van Eseg. 38 gaan plaasvind in hierdie tyd waarin hulle "ooplê."

 

 

SY BUURSTATE WIL ISRAEL TOTAAL VERNIETIG

 

Ps. 83:4,5 verklaar: "Teen u volk smee hulle listig ‘n plan ... Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie."

Vergelyk ook Eseg. 38. Net hierna in Ps. 83 word al die verskillende volkere rondom Israel by die naam genoem. Vandag nog het niks verander nie. Let op die volgende onlangse uitsprake van Israel se huidige vyande: "Libyan leader Colonel Muammar Gaddafi has warned that Israel has no future in an Arab environment, and advised Israelis ‘to go and found a state in Alaska.’ ‘Palestine will be the graveyard for the Jews’ he said ... " (South China Morning Post, 05.01.2000).

"Iranian supreme leader Ayatollah Ali Khamenei called Friday for the destruction of Israel, saying it was the only way to solve the problems of the Middle East." (Associated Press, 31.12.1999).

 

Dink net vir ‘n oomblik helder hieroor na. Die pas genoemde tekens rondom die volk Israel kon net en slegs in vervulling gaan nadat die Joodse volk eers weer terug is in hulle eie land. Onthou, hulle was vir nagenoeg 1900 jaar sonder ‘n land en sonder ‘n staat. Nie een van die genoemde Skrifgedeeltes, wat almal te make het met die tyd kort voor en ook tydens die wederkoms van Christus, kon voor 1948 ‘n werklikheid geword het nie. Gaan dink mooi daaroor na. Die treffendste van dit alles is dat al hierdie tekens nou rondom dieselfde tyd in vervulling gaan. Dit spreek boekdele. Die wederkoms is dus baie nader as wat enige een van ons ooit kan droom.

Let op na die woorde van Ps. 102:14-17, dit bevestig wat ons nou net genoem het:

"U sal opstaan, U oor Sion [Jerusalem en Israel] ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom. Want u knegte het sy klippe lief en het medelye met sy puin. [baie Christen argeoloë werk tans in Israel en hulle werk bevestig die Woord van God as absoluut waar]

Dan sal die heidene die Naam van die HERE vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid; omdat die HERE Sion opgebou het, in sy heerlikheid verskyn het,"

Die Engelse King James Bybel is nog duideliker in hierdie gedeelte:

"When the LORD shall build up Zion, he shall appear in his glory."

Die opbou van Israel as staat en die wederkoms van Christus - die Messias, is feitlik sinoniem !

 

 

KENNIS ONTPLOFFING SEDERT 1948

 

Ons het reeds genoem hoedat die 20ste eeu absoluut uniek is in vergelyking met die vorige eeue. Die interessante hieromtrent is die rol van die Joodse volk in die hele kennis ontploffing:

 

"Since 1948, the world has been blessed with all kinds of inventions to make life easier and more interesting. In the 1950's Bell laboratories developed the transistor. Since then, the technology of electronics has grown on an exponential curve. Color TV, video tape recorders, and computers have revolutionized the way we live. With the transistor has come the ability to miniaturize electronic circuitry. Computer chips now do what whole rooms full of tubes used to do.

Did you ever stop to think that men lived primitive lives for nearly 6 000 years - until 1948? All of the knowledge that man learned from Adam to the year 1750 doubled over the next 150 years - 1750 to 1900. Knowledge doubled again from 1900 to 1950 - 50 years ! But since Israel became a nation, knowledge doubled over the next ten years - 1950-1960 ! According to scientists, knowledge is now doubling every two years. There is so much new knowledge out there, it is hard to publish in scientific journals fast enough.

Even before 1948, Jews were in the forefront of scientific achievement. For example, Albert Einstein was a Jew. He was responsible for the theory of relativity, the atomic bomb, and the color television. The telephone was invented by a Jew in Europe and stolen by Alexander Graham Bell. Madam Currie was credited with the discovery of radium, but her mentor was a Jew. Even the combustion engine and the automobile was discovered by European Jews. Their technology was stolen and developed by Henry Ford.

Over the past century, man has advanced from the horse and buggy, to the railroad, to the airplane, and the rocket ship.

Computers have advanced from simple calculations to complex algorithms - from a large room full of rows of cabinets and tubes to a tiny laptop computer. ...

We are amazed that so many inventions came along in the past 100 years, but most of them have been developed since 1948 - the year the nation of Israel was born. It seems that God has opened the minds of men since then and has flooded the world with knowledge."

(Gary Stearman, Prophecy in the News, April 1996).

 

 

ISRAEL - ‘N HOOGS ONTWIKKELDE LAND

 

Die meeste mense verloor dit heeltemal uit die oog, maar die verhaal van die land Israel is ‘n verbasende een, op alle terreine:

 

"From a nation whose economy was based on agriculture - 30 years ago, it captured 70 % of all exports - Israel has turned into a high-tech country. Agricultural products have fallen to 3 % of total exports. Few countries have carried out a revolution such as this, and in a very short period. During the past six years, Israel’s technology industries have themselves doubled. The pace of growth is now 25 % annually in the telecommunications and 20 % in the others. ‘ For the first time in Israel, we are not just talking about the future, we are making it.’ (Ma’ariv, 24 Junie 1996). Dit is en bly een van die mees verstommendste verskynsels in die geskiedenis van die wêreld - hoe die volk Israel uit byna niks ‘n sterk ekonomiese infrastruktuur totstand gebring het. Ons moet egter onthou dat daar ‘n God in die hemel is wat alles op hierdie aarde haarfyn beplan het en dit sal volbring tot op die laaste letter. Die Jode se siening oor die toekoms en hoe hulle dit wil vorm, mag egter binnekort ‘n baie groot wending neem.

 

 

DIE JODE KEER TERUG

 

Sedert 1948, die jaar waarin Israel ‘n staat geword het, het daar reeds tussen 2,5 en 3 miljoen Jode na hulle land teruggekeer. (Daar het ook heelwat Jode tussen 1920 en 1948 na Palestina verhuis met die hoop om uiteindelik hulle status as ‘n land en volk terug te kry).

Die Jerusalem Post koerant van 8 April 1989 het die volgende voorbladopskrif gehad:

 

‘MASSIVE EXODUS OF SOVIET JEWS PREDICTED’

Dit het alles saamgeval met die sg. ‘Beëindiging van die Koue Oorlog’ toe Rusland uiteindelik die deure oopgegooi het vir die Jode om terug te keer na hulle land. Dit is egter tragies dat so min Christene en kerkleiers enigsins bewus is hiervan of dan waarde heg aan hierdie ingryping deur die lewende God in die gang van sake op aarde.

Net in die 10 jaar periode vanaf 1989 tot 1999, het ongeveer 800 000 Jode Israel binnegestroom uit Rusland en die ander lande van die huidige Gemenebes van Onafhanklike State alleen. ‘n Toename van 129% in Jode wat vanuit Rusland terugkeer, is vanaf 1998 tot 1999 opgemerk (The Citizen, 15 Julie 1999).

Joodse emigrasie uit Rusland was in die jaar 1999 uiteindelik meer as dubbeld die getal van die jaar 1998. Byna 30 000 Russiese Jode het in 1999 na hulle land teruggekeer teenoor die slegs sowat 13 000 in 1998 (CNN, 10 Januarie 2000).

As ‘n mens ‘n wêreldkaart sou neem en jy kyk na die ligging van Rusland m.b.t. Israel, dan is eersgenoemde presies noord van Israel geleë. Moskou lê reg noord van Jerusalem. Daarom verstaan ons vandag die uitvloei van Jode uit die Noorde baie duidelik - God het spesifiek laat profeteer dat Hy dit in die laaste dae self sal teweegbring. Die boek Jeremia vertel ons daarvan in Jer. 31:8, waar die Here sê : "Kyk, Ek bring hulle aan uit die Noordland en sal hulle bymekaar laat kom uit die agterhoeke van die aarde; blindes en lammes, swangeres en barendes onder hulle, almal saam; in ‘n groot vergadering sal hulle terugkom hiernatoe. (Vers 10,11) Hoor die woord van die HERE, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê : Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos ‘n herder sy kudde. Want die HERE het Jakob losgekoop en hom verlos uit die hand van hom wat sterker was as hy. (Vers 16) So sê die HERE : Bedwing jou stem van geween en jou oë van trane; want daar is loon vir jou arbeid, spreek die HERE; en hulle sal uit die land van die vyand terugkom." Ons aanbid ‘n lewende God wat doen presies wat Hy sê.

Ons lees ook in Jes. 43:6 die volgende woorde : "Ek sal sê aan die noorde : Gee ! En aan die suide : Hou nie terug nie ! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af," Hierdie vers voorspel ook duidelik dit wat vandag in die wêreld gebeur. Behalwe vir Rusland in die noorde, is daar ook Ethiopië, reg suid van Israel, vanwaar daar in die laaste paar jaar reeds meer as 57 000 Jode hulle opwagting in Israel gemaak het. (Middle East Digest, Sept./Okt. 1996).

Dan is daar ook nog Joodse immigrante uit verskeie ander lande wat terugkeer na die land van die belofte, soos bv. uit Amerika en Argentinië. Jes. 43:5 noem juis ook die "weste".

Volgens die Jewish Agency, wat die immigrasie proses in Israel monitor, was daar in 1999 ‘n algemene toename van 35% in Jode wat van oral teruggekeer het in vergelyking met die syfers van 1998. In 1999 het daar altesaam byna 78 000 Jode na hulle land teruggekeer teenoor die net meer as 58 000 in 1998. Die 78 000 verteenwoordig ‘n gemiddeld van meer as 200 per dag - vir ‘n jaar lank ! Ongeveer ‘n miljoen Jode en aangetroudes het uiteindelik in die dekade van die negentigs na Israel teruggekeer (Dateline Israel, 12 April 2000).

Dit is ‘n rare verskynsel vir ‘n volk om in sulke getalle na hulle ou land terug te keer. Dit is ongetwyfeld die Woord van die enige en ware God wat in vervulling gaan !

Hierdie is maar een van die talle eindgebeure wat tans besig is om in frekwensie en intensiteit toe te neem, kort voor die wederkoms van die Here Jesus Christus. As dit steeds moeilik is om te glo, bid om wysheid en bestudeer en bepeins die Woord van die Here soos nog nooit vantevore nie.

Om te dink daar is mense wat glo dat hierdie merkwaardige en buitengewone gebeurtenis maar bloot is soos baie ander volke wat na hulle land terugkeer. Vra jy hulle egter om ‘n paar nasies op te noem wat ook op so ‘n skaal teruggekeer het, kry jy geen antwoord. Die interessantste is dat die Jode na al die eeue in ander lande steeds Jode bly. Suid-Afrikaners emigreer wel deesdae meer as tevore, maar hulle gaan nie na hul ou lande van herkoms soos Duitsland, Nederland of Frankryk nie. Nee, hulle gaan na lande soos Amerika, Engeland en Australië. Verseker ook nie naastenby in die volume getalle soos die Jode nie. Die ander saak is dat hulle egter nie meer Duitsers of Hollanders ens. is nie, nee, hulle is nou Suid-Afrikaners.

 

JOODSE IMMIGRANTE HOOGGELEERD

 

Soos reeds genoem, is die derduisende Joodse immigrante vanuit die voormalige Sowjet-Unie duidelik die vervulling van die Woord van God, wat o.a. in Jer. 16:15 die volgende hieroor geprofeteer het: "So waar as die HERE leef, wat die kinders van Israel laat optrek het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Hy hulle verdryf het. Ja, Ek sal hulle terugbring in hulle land wat Ek aan hulle vaders gegee het." Ja, hulle kom terug op groot skaal en ook veral vanuit die Noordland (die ou Sowjet-Unie is presies noord van Israel geleë). In die tydperk van 1989 tot 1996 is ‘n opname onder hierdie immigrante gedoen en is bevind dat hulle ook die mees opgeleide en geleerde groep Jode insluit wat nog na Israel gekom het, sedert die groot terugtog sowat ‘n honderd jaar gelede begin het. Meer as 40 % van hierdie immigrante uit die noorde het 13 jaar of langer se geleerdheid agter die rug. Dit het veroorsaak dat Russiese beamptes Israel daarvan beskuldig dat hulle besig is met ‘breinsmokkelary’. Onder hierdie groep wat na Israel teruggekeer het, is daar o.a. die volgende professionele mense getel - net tot 1996 alleen:

68 100 ingenieurs

30 900 onderwysers

15 500 musikante en kunstenaars

10 950 wetenskaplikes

14 590 mediese dokters

14 231 verpleegsters

1 831 para-medici

1 606 aptekers

1 575 tandartse

Israel is seker in hulle skik met hierdie fonds en sal hulle goed kan gebruik in die moelike dae wat op hulle wag. In die groot verdrukking sal hierdie kundigheid verseker dringend benodig word. God stuur sy oordele, maar terselfdertyd is Hy ook barmhartig. Is daar ‘n land êrens in hierdie wêreld wat al soveel opgeleide immigrante oor so ‘n kort tydperk ontvang het. Ons moet ook onthou Israel is ‘n baie klein landjie, wat hierdie intog nog meer betekenisvol maak. As ‘n mens nie die hand van God hierin wil sien nie, dan wil jy nie en sal jy ook nooit. Ten spyte van hierdie duidelike tekens wat voor ons oë afspeel, is daar egter nog steeds diegene wat sê dat God Israel verwerp het en wat hulle aan Jode haat skuldig maak. Daar is natuurlik niemand so blind soos hy wat nie wil sien nie.

(Middle East Digest, Sept./Okt. 1996).

 

144 000 JODE IN DIE WESBANK ?

 

Die boek Openbaring praat van die 144 000 Jode wat in die tyd van groot verdrukking op aarde prominent sal wees, maar om van so ‘n groep in die koerant te lees is baie vreemd. Die volgende toevallige berig het baie aandag getrek:

 

"Leaders of the Councils of Jewish Settlers, which represents many of the 144 000 Israelis living in the West Bank and Gaza Strip, immediately condemned the meetings." Sogenaamde geheime onderhandelinge tussen Palestynse beamptes en Joodse Setlaars in bg. gebiede is erg gekritiseer deur die leiers van laasgenoemde groep. Die interessante is egter dat Op. 7:4-8 en 14:1 presies van so ‘n getal Jode (uit die 12 stamme) praat.

(Associated Press, 9 April 1996).

 

 

DIE TEMPELBERG

 

Die stryd om die Tempelberg is besig om ewige proporsies aan te neem. Hierdie area staan nie verniet bekend as die ‘mees gesogte stukkie grondgebied op aarde’ nie. Die stryd is tussen die Moslems en die ortodokse Jode en dit wil voorkom of die ergste nog voor die deur lê. Die Moslems het twee moskees op die berg, die Al-Aqsa en die Moskee van Omar (‘Dome of the Rock’). Volgens oorlewering het Mohammed vanaf eersgenoemde moskee na die ‘hemel’ opgevaar. Die ortodokse Jode word verbied om op die Tempelberg te gaan aanbid, om nie eers te praat van hulle ernstige pogings om die tempel daar herbou te kry nie.

‘n Duisend ortodokse Jode het in 1996 by die Tempelberg se ‘Cotton Gate’ met sy tonnelagtige ingang byeengekom om op die berg te gaan aanbid. Hulle is toe deur ‘n sterk polisie teenwoordigheid verhinder en het toe net daar waar hulle voor die hek gestaan het, gebid. Hulle het gebid dat God Israel se skande moet wegneem en dat die tempel herbou moet word : "Just as we’ve seen it in ruins, let us merit seeing its rebuilding." ‘n Man het toe ‘n ou silwer trompet geblaas - ‘n replika van een uit die antieke tempel - die helder basuinklanke het die tonnel en die atmosfeer gevul. (Hoofberig in die Jerusalem Report, 3 Oktober 1996).

 

 

 

 

HOEKSTEEN VIR DIE DERDE TEMPEL !

 

Die Temple Mount Faithful groep in Israel het reeds ‘n hoeksteen vir hulle derde tempel. Die hoeksteen van marmer weeg 4.5 ton en is blykbaar uit die woestyn verkry, nie ver van waar die Israeliete onder leiding van Moses deurgetrek het nie. Dit stem verder baie ooreen met die hoekstene van die vorige twee tempels.

Die steen is huidiglik te sien op ‘n verkeerssirkel wat spesiaal deur die munisipaliteit van Jerusalem vir die doel laat bou is. Die ortodokse Jode verwag die koms van hulle Messias enige dag, maar sal ongelukkig die Antichris ten prooi val (wat hierdie rol vir hulle gaan vervul - wel net vir ‘n kort tyd). Die Messiaanse Jode op hulle beurt weer, glo as Jesus weer kom, kom Hy as Dawid.

Die groepe in Israel wat hulle beywer vir die herbouing van die tempel is dit eens dat ons tans in besondere tye leef. Hulle noem dit:

 

"a special exciting time of the redemption of the people and the land of Israel, the Temple Mount and Jerusalem. We feel and live the special significance of this time. The members of the Temple Mount and Land of Israel Faithful Movement dedicated themselves to fulfill the wish of the G-d of Israel and the prophecies of the prophets of Israel for the end-times."

(Bron: The Temple Mount Faithful).

Die hele proses om die tempel in Jerusalem gebou te kry is natuurlik ook insigself ‘n tragiese geval. Dit bewys maar net weer dat die Jode steeds die Here Jesus Christus (die ware Hoeksteen) verwerp en dat hulle wil terugkeer na die Ou Testamentiese tempeldiens. Dit is totaal buite God se wil, maar is wel verseker vir ons ‘n teken dat die wederkoms baie naby is. Jode moet hulle tot Christus bekeer net soos enigiemand anders op aarde en die tyd loop vinnig uit.

Gershon Solomon (sy naam sê nogal baie), die voorsitter van die Temple Mount en die Land of Israel Faithful Movement, was een van die soldate wat in 1967 geveg het toe Jerusalem uiteindelik weer onder Israel se beheer gekom het. Op die vyfde dag van hierdie beroemde sesdaagse oorlog het Moshe Dayan, destydse minister van verdediging van Israel egter die Tempelberg aan die Moslems teruggegee. Solomon meen dit was ‘n baie groot fout. Hy het onlangs in ‘n onderhoud meer gesê oor die besonderse belangrikheid van die derde tempel: " ... the rebuilding of the third temple ... is a condition for the climax of everything which has happened in this country in the last 50 years. And, I believe that this is an event which will open a new era in the life of Israel first of all and then all mankind." ‘n Nuwe era - verseker ! Dit was in 1998 presies 50 jaar gewees dat Israel terug was in hulle land - dus ‘n jubeljaar. Gaan die herbouing van die tempel binne ‘n jaar of wat begin? Solomon het voorts gesê dat hy uitsien na die spoedige

" ... coming of Mashiach ben David ... " (die Messias) en dan verder in hierdie trant "It will be wrong if I will not call this time, end times, days of Messiah. We are in the midst of the most exciting time in the history of Israel ... This is, I believe, the biggest event in the life of Israel because this is the opening, maybe the midst, of the end time."

(Jerusalem Courier & Prophecy Digest, Mei-Julie 1998).

 

Die Israeliese koerant, Ha’aretz van 16 Oktober 2000, het berig dat 10 000 Jode op die dag by die Westelike muur gaan bid het. Hulle het die Maandag weereens ‘n groot poging aangewend om die hoeksteen van die derde tempel op die Tempelberg te gaan lê, maar is weer soos voorheen deur polisie verbied om die tempelarea te betree. Die dag sal egter kom wanneer ‘n internasionale ‘vredesverdrag’ die weg sal baan vir die Joodse volk om weer hulle tempel op die regte plek te bou.

Geen opregte Christen kan egter ooit die herbouing van die tempel in Jerusalem goedpraat nie. Dit gaan nog baie smarte tot gevolg hê. Die Bybel het egter baie duidelik geprofeteer dat daar ‘n tempel aan die einde van die dae gebou sal word. Hiervan kan ons seker wees en niemand sal hierdie feit ongedaan kan maak nie. Op ten minste vier plekke in die Skrif word hierna verwys. In Dan. 9:27 lees ons van ‘n man wat vir een week lank (‘n jaarweek) ‘n sterk verbond met baie sal sluit. En dan, "gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde;" Hierdie offers sal in die tempel gestop word. In Matt. 24:15 word weer na hierdie vers verwys as ons lees: "WANNEER julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom - laat hy wat lees, oplet" Dan lees ons ook in 2 Thess. 2:4 van ‘n man wat "in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is." Laastens (soos al genoem) lees ons ook van hierdie tempel in Op. 11:1,2 waar daar geskryf staan: "Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid. Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee;" Die Moslems se Moskee van Ohmar of Dome of the Rock staan vandag op daardie voorhof. Die Woord is volmaak. Dat hierdie gebou die tempel van God genoem sal word en as sodanig bekend sal staan, kan sekerlik nie betwyfel word nie. Die derde Joodse tempel sal egter ongelukkig nie die tempel vir die ware Messias wees soos so baie Jode vandag hoop nie. Nee, dit sal die tempel van die valse Christus - die Antichris wees !

 

VVV’s (UFO’s) OOR ISRAEL

 

Dit lyk of Israel ‘n baie aantreklike teiken of landingsplek is vir ‘vreemde vlieënde voorwerpe’ of dan sogenaamde ‘buite-ruimtelike wesens’. Daar is jaarliks talle en talle gevalle wat aangemeld word. Dit sluit ook ontvoerings van mense in, word berig. Die merkwaardigste van dit alles is, dat die buite-ruimtelike bedrywighede spesifiek oor Israel voorkom - veel meer so as oor die res van die Midde-Ooste. Barry Chamish, ‘n Amerikaans gebore Israeli wat hierdie gevalle bestudeer, sê: "Israel is recognized as an international UFO hot spot - with unsurpassed quantity and quality of evidence," Een van Tel Aviv se dagblaaie het nou selfs ‘n weeklikse verslag oor voorvalle van hierdie aard. Hulle noem dit ‘X-files’. Uit die Skrif weet ons dat daar beslis nie lewe op ander planete is nie. God het die aarde gemaak, dit uitverkies en lewe daarop geskape. Daar is egter engele van God en ook gevalle engele uit die stal van Satan. Dit is nou hier waar ons die onderskeidingsvermoë moet hê. Ek glo dat by verre die meeste ‘encounters of the third kind’ van bose, dus van duiwelse afkoms is. Hulle bewoon juis die lug, volgens Efes. 6:12 ! As ons egter in Psalm 68:18 gaan lees, vind ons die volgende i.v.m. God se menigtes in die lug: "Die waens van God is tienduisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid." Ook in 2 Kon. 2:11,12 lees ons hiervan. Daar praat die Woord spesifiek van die "wa van Israel en sy ruiters".

Hierdie sake is nie vir ons van die allergrootste belang nie, maar dit is tog insiggewend dat daar juis in hierdie dae sulke bedrywighede in die lug bo Israel aan die gang is. Dit gryp nogal die verbeelding aan.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

4

 

 

 

 

 

MIDDE-OOSTE - BRANDPUNT

 

VAN DIE WÊRELD

 

 

 

 

"You know, I turn back to your ancient prophets in the Old Testament and the signs foretelling Armageddon, and I find myself wondering if we are the generation that’s going to see that come about. I don’t know if you have noted any of these prophecies lately, but believe me, they certainly describe the times we are going through."

 

Pres. Ronald Reagan van Amerika

Jerusalem Post, 4 November 1983

 

 

Eeue lank reeds, nee, millennia lank al woed daar die een oorlog na die ander in die middel van die bewoonde wêreld. Die gebied wat vandag bekend staan as die Midde-Ooste is baie lank al berug as ‘n plek van konfrontasie - meer so as enige ander area op aarde. Dit is in der waarheid dié brandpunt van die wêreld.

 

ISRAEL EN SIRIË

 

Die spanning tussen Israel en Sirië kom al ‘n lang tyd en vroeër of later kan dit uitloop op die vervulling van ‘n ou Bybelse profesie wat baie jare gelede deur die profeet Jesaja opgeteken is. Ons lees die volgende woorde in Jes. 17:1,3: "GODSPRAAK oor Damaskus. Kyk, Damaskus word weggeneem, sodat dit geen stad meer is nie, maar dit sal ‘n vervalle puinhoop word. ... En die vesting sal verdwyn uit Efraim, en die koningskap uit Damaskus;" Damaskus, die hoofstad van Sirië, is een van die oudste konstant bewoonde stede op die hele aarde. Nog nooit in die geskiedenis van Damaskus is hy verwoes tot ‘n ‘vevalle puinhoop’ nie. Daar was nog nooit so ‘n gebeurtenis nie. Die situasie vandag in die noorde van Israel is egter van so ‘n aard dat dit enige oomblik hierdie bogenoemde profesie in vervulling kan laat gaan. Sirië het reeds gedreig dat hulle ‘n verrassingsaanval op die Golan Hooglande kan loods. As dit die geval sou wees, sal Israel geen ander keuse hê as om dadelik te reageer nie. Die vraag is nou net hoedanig Israel gaan reageer op so ‘n aanval uit die noorde. Dit is alom bekend uit die nuus dat Israel tans oor meer as 200 kernplofkoppe beskik. As hulle daarvan gebruik sou maak in antwoord op ‘n inval in die Golan, sal dit die ganse situasie in die hele Midde-Ooste radikaal beïnvloed. In so ‘n geval kan dit maklik gebeur dat die stad Damaskus geheel en al in puin gelaat word en weer ‘n keer sal God se onfeilbare Woord 100 % akkuraat bewys word.

 

‘n Israeliese minister het in 1997 woorde geuiter wat ‘n mens onwillekeurig aan die bg. profesie herinner het:

 

‘SYRIA WILL BE ‘OBLITERATED’ IF ATTEMPTS ATTACK’

"Agriculture and Environment Minister Refa’el Eytan said yesterday: ‘I am not scared by the Syrian threats. If they launch a snatch operation on the Golan Heights, we can carry out a military snatch operation in Damascus. They should know that they will be obliterated from the face of the earth.’

Minister Eytan was reacting to an exclusive Yediot Aharonot report according to which Syria estimates that in light of the threat posed by its ballistic missiles, it will be able to launch a limited military operation against Israel, with the aim of stimulating the political process, without receiving too heavy a blow from the IDF [Israel Defense Forces].

As for the chance of achieving peace with Syria, Minister Eytan said: ‘The Syrians caused the wars, and we don’t have to do them any favors. If they want peace, they should approach us. What’s our rush? After all, peace won’t be achieved anyway because of Iran, Libya, Iraq, Jerusalem, and the refugee problem.’ On the negotiations with the Palestinians, Eytan said that ‘Israel has managed to expose the Palestinians’ true face and prove to the world that they have no intention of reaching real peace.’ ... "

(Yediot Aharonot, 23 Junie 1997).

 

 

ISRAEL EN EGIPTE

 

Die Israel News Digest (Oktober 1996) het berig oor uitgebreide oorlogsoefeninge wat Egipte gehou het. Israeliese leiers was geskok toe hulle verneem dat Egipte aankondig dat hulle die oorlogsoefening beplan omdat hulle Israel as ‘n kernmoondheid beskou en dus as ‘n groot bedreiging vir sy bure. Die tiendaagse manouevres, ‘Operation Badr’, was die grootste van sy soort sedert die 1973 Yom Kippur oorlog. Die vloot, lugmag, infanterie, artillerie en valskermeenhede het tydens die geleentheid aan die operasie deelgeneem. Gesimuleerde gevegsoefeninge is in die noorde van Egipte gehou. Die interessantste en veelseggendste van die hele operasie was die see landing wat by ‘n hawe in die Rooi See ingeoefen is. Tydens hierdie fase is die Suez Kanaal ook oorgesteek. Dit is uitdagend na aan Israel se grens. Hierdie hele episode is net ‘n voorspel van dit wat moontlik binnekort in ‘n werklike oorlogsituasie kan oorgaan. Dit laat ‘n mens terugdink aan die volk Israel se uittog uit Egipte duisende jare gelede. By daardie geleentheid het die Egiptenare die Israeliete agternagesit en het hulle almal juis in die waters van die Rooi See omgekom. Dit was natuurlik nadat God die Rooi See gekloof het en Israel droogvoets kon deurtrek. God het in daardie dag die uitkoms vir sy volk gebring en Hy sal dit weer doen as die situasie dit verlang. In die Woord vind ons ook duidelike uitsprake oor Egipte se rol in die toekoms - dit kan selfs in die nabye toekoms die geval wees. Om die waarheid te sê, iets daarvan is vandag alreeds waar. In Jesaja 19 vind ons die Godspraak oor Egipte. Dit is ‘n profesie wat nog in die toekoms lê en is nog nooit in die verlede vervul nie. Ons lees in vers 17 die volgende woorde : "En die land Juda sal vir die Egiptenaars ‘n skrik wees: as iemand daarvan melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die besluit van die HERE van die leerskare wat Hy teen hulle geneem het." As ‘n mens nou in gedagte hou dat dit juis a.g.v. vrees vir Israel se kernarsenaal is dat die genoemde oorlogsoefeninge gereel is, dan kom hierdie Skrifgedeelte al hoe meer in perspektief. Interessant is ook om te let op die volgende twee uitsprake van Egiptiese hooggeplaastes:

 

 

"The war with Israel is a certainty and we are ready." (Voormalige Egiptiese minister van verdediging, Amin El Huwaidi in die Egiptiese weekblad, Rous el Yosef, 29 Januarie 1995).

"At one time Israel was seen as dividing the Arabs. Now it is our turn to create divisions among the Israelis."

(Senior Egiptiese amptenaar, BBC, 26 Oktober 1996).

Daar kan dus duidelik gesien word dat die huidige stand van sake tussen Israel en Egipte binnekort baie kan verander. God self gaan nog tussen hierdie twee lande ingryp om sy orde te herstel en die omstanders sal dit weet.

Die wêreld hou asem op vir die kritieke situasie in die Midde-Ooste en enige dag nou kan sake ‘n drastiese loop begin neem.

Die volgende onlangse berig vertel dat oorlog tussen Egipte en Israel nie ver is nie:

 

‘WAR WITH ISRAEL INEVITABLE: EGYPTIAN COMMANDER’

"Twenty-one years after Israel and Egypt signed the first-ever Israeli-Arab accord at Camp David, relations between the two countries remain chilly.

Highlighting the tenuous nature of the peace, a top Egyptian military commander has said that war with Israel is inevitable. Field Marshal Abd Al-Halim Abu Ghazaleh made the comment in a media interview where he outlined what he sees as Israel's vulnerability to a concerted Arab attack."

(CNSNews, 21 Julie 2000).

 

 

 

 

DIE OORLOG VAN GOG EN MAGOG

 

 

"Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: Mensekind, rig jou aangesig teen Gog, in die land Magog, die vors van Ros, Meseg en Tubal, en profeteer teen hom en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal ! En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, ‘n groot menigte met die groot en die klein skild, wat almal die swaard hanteer; Perse, Kusiete en Puteërs saam met hulle, almal met skild en helm; Gomer en al sy leërs, die huis van Togarma, in die uithoeke van die Noorde, en al sy leërs - baie volke saam met jou....

Na baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy ‘n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel ... Dan sal jy kom uit jou woonplek uit die agterhoeke van die Noorde, jy en baie volke saam met jou ... En jy sal optrek teen my volk Israel soos ‘n wolk om die land te oordek.

Aan die einde van dae sal dit wees - "

(Eseg. 38:1-6,8,15,16).

 

Hierdie is seker een van die interessantste profesieë in die Bybel. Uit hierdie gedeelte is dit baie duidelik dat hierdie oorlog aan die einde van die dae sal plaasvind. So ons kan verseker weet dat dit nog nooit in die verlede plaasgevind het nie. Talle studente van Bybelse profesieë, is dit verder ook eens dat hierdie oorlog nie die eindoorlog - die slag van Armageddon (Op. 16:14,16; 19:11-21) is nie. Laasgenoemde oorlog sal plaasvind in die vallei van Megiddo of dan die dal van Josafat (Joel 3:1,2). Die Gog oorlog daarenteen, sal op die berge van Israel gevoer word. By hierdie oorlog sal net sekere lande teen Israel optrek, terwyl by die eindoorlog al die nasies van die aarde betrek sal word (Sag. 14:2,3). Hierdie oorlog sal ook plaasvind wanneer die volk Israel veilig in hulle land sal wees. Ons weet dat die Antichris ‘n vredesverbond van sewe jaar met hulle sal sluit en dat daar vir die eerste drie en ‘n half jaar van hierdie laaste sewe jaar ‘n soort valse vrede in Israel sal heers (Dan. 9:27). Daar is verskillende sienings oor presies wanneer in hierdie sewe jaar die Gog oorlog ‘n aanvang sal neem. In Eseg. 39:9 lees ons dat daar vuur gemaak sal word met al die wapens wat sal oorbly nadat die aanvallende lande op die berge van Israel geval het (Eseg. 39:4) - en dit wel vir sewe jaar lank. Hierdie gedeelte dui moontlik daarop dat die oorlog aan die begin van die sewejarige verdrukkingstydperk kan plaasvind. Die ander moontlikheid is dat dit net voor die middel van die verdrukking sal wees, omdat dit juis dan is wanneer Israel in ‘vrede’ sal leef. Hoe dit ook al sy, dit is baie duidelik dat die Antichris in daardie stadium reeds op aarde sal regeer en daarom sal die kinders van God dan reeds weggeneem wees na hul Vaderhuis. Die weergeborenes sal dus nie hierdie oorlog op TV kan dophou, soos wat dit die geval was met die Golfoorlog in 1991 en nou weer met die Kosovo oorlog nie. Dit is opsigself net genade van God. Ons het vroeër al verwys na die profesie wat wys op die vernietiging van Damaskus. Daar het ons gesien hoedat hierdie profesie vir ons in Jes. 17 opgeteken is en dat dit ook nog in die toekoms moet lê. Hierdie oorlog sal ook eers na die wegraping van die Kerk van Christus plaasvind. As dit voor daardie heugelike dag sou wees, sou dit ‘n baie groot teken wees dat die eerste fase van die wederkoms dan moontlik tegelykertyd daarmee sou kon plaasvind. Die Here het dit egter vir ons baie duidelik gestel dat ons die dag en uur van sy koms nie kan weet nie. Ons oë moet dus in die eerste plek nie op een van hierdie oorloë gerig wees nie, maar wel op Jesus Christus self en op Hom alleen. Dit beteken egter nie dat daar nie vandag reg voor ons oë gereed gemaak word vir groot oorloë nie en wel so op ‘n ongekende skaal nie. Die punt is dat ons nooit presies sal kan weet wanneer hierdie oorloë ‘n werklikheid sal word nie. Die verdwaalde siening dat hierdie oorloë eers eendag in die verre toekoms sal gebeur, is totaal ongegrond. Die lande wat in Eseg. 38 genoem word, is juis die lande wat vandag besig is om hulleself tot die tande toe te bewapen en nie met spiese en pyle en boë nie. Dit is waar dat die Skrifgedeelte juis verwys na perde, swaarde, skilde ens., maar uit die profeet Esegiël se oogpunt ‘n paar duisend jaar gelede, moes hy uit die aard van die saak die gebeure beskryf met die inligting wat hy op daardie tydstip tot sy beskikking gehad het. Hierdie lande bewapen hulle tans met kernwapens, chemiese wapens en nog vele meer. As ons nou weer ‘n keer gaan kyk na Jes. 17, dan sal ons sien dat die eerste drie verse spesifiek gaan oor die vernietiging van Damaskus in Sirië. In verse 12-14 word daar egter gepraat van "die gebruis van baie volke - soos die gebruis van die see, so bruis hulle ! En die gedruis van nasies - soos die gedruis van geweldige waters, so maak hulle gedruis! Nasies maak gedruis soos die gedruis van baie waters; maar Hy dreig hulle en hulle vlug ver weg ... " Hierdie verse kan heel moontlik dui op die inval in Israel wat in Eseg. 38 en 39 beskryf word. Nadat Damaskus vernietig is, kan dit heel moontlik gebeur dat verskeie ander lande wat Sirië goedgesind is, Israel sal wil binneval om die slag van Damaskus te wreek. Dit is dan ook juis opvallend dat Sirië en Egipte se name nie onder hierdie genoemde lande is nie. Dit kan miskien wees dat hulle deel uitmaak van die "baie volke saam met jou". Dit is egter onwaarskynlik, omdat die Here altyd baie duidelik na hierdie twee lande as ou vyande van Israel verwys. In Jes. 17 (soos genoem) en Jes. 19 (die Godspraak oor Egipte) is daar die twee bekende en spesifieke profesieë wat juis gaan oor Sirië en Egipte. Die rede waarom hulle name nie saam met die ander lande genoem word nie, kan dalk juis wees omrede God al teen daardie tyd reeds sy oordeel oor hulle sou volbring het.

Ons gaan nou kyk wie hierdie lande is wat so spesifiek in Eseg. 38 genoem word en wat Israel aan die einde van die dae gaan binnetrek vir ‘n groot slag - die slag van Gog en Magog. Gog en Magog self, dui op Rusland en sy omliggende state. Van die vroegste tye af reeds, het die gedeeltes noord van die Kaukasiese berge onder hierdie naam bekend gestaan. Die geskiedskrywer Josephus sê in sy Antiquities and Wars of the Jews spesifiek dat die antieke stamme van Magog hulleself noord van hierdie bergreeks, dus in vandag se Rusland, gaan vestig het. In Eseg. 38:14,15 lees ons dat Gog (afgelei van Magog) vanuit die agterhoeke van die Noorde sal optrek teen Israel. Die profeet Esegiël was natuurlik in Israel toe hy hierdie profesie opgeteken het en Rusland en sy medestate is juis reg noord van Israel geleë. Om die waarheid te sê, Rusland is spesifiek die nasie wat die agterhoeke van die noorde beset. Daar is geen ander nasie verder noord of dan nog ‘agter’ Rusland nie. Kyk gerus op ‘n wêreldkaart. Die groot muur van China staan dan ook in Arabies bekend as ‘die muur van Al Magog’, omdat dit veral gebou is om te verhoed dat die leërs van Magog (Rusland), China sal binneval. Gog en Magog sluit dan verseker ook al die state van die ‘ou Sowjet Unie’ in.

Die "vors van Ros", waarvan daar verder in Eseg. 38:2 melding gemaak word, is juis ‘n verwysing na die koning of heerser van Rusland. Daar is huidiglik ‘n stad in Rusland met die naam Rostof asook ‘n wapenfabriek met die naam Rosvooruzhenie. Dit is ‘n bekende naam in daardie deel van die wêreld. Meseg dui dan op Moskou, die hoofstad van Rusland en Tubal op die huidige stad Tobolsk. Baie is al oor hierdie onderwerpe geskryf en daar is heelwat meer wat ‘n mens hieroor sou kon sê. Daar bestaan egter min twyfel dat die genoemde name wel op hierdie stede dui. Dan is daar Perse. Dit is ‘n baie bekende feit dat die ou Persië die huidige Iran is. Die ou Persië het egter ‘n groter area as vandag se Iran beslaan en daarom sou ‘n mens ook Irak en moontlik ook Afghanistan en Pakistan hierby kon inreken. Die Kusiete dui natuurlik op Ethiopië. Hiermee saam sou ‘n mens ook ander lande suid van Israel kon noem wat moontlik deel van die Bybelse Kus kan uitmaak. Onder hulle is die belangrikste seker die huidige Soedan. Ons moet onthou dat hierdie lande bondgenote van Rusland sal wees en daarom moet al die lande wat ‘n (kommunistiese) verbintenis met Rusland het, kandidate wees vir deelname aan hierdie oorlog.

Suid-Afrika is vandag baie kommunisties gesind en smee veral deesdae juis bande met die vyande van Israel. Dit is toevallig ook juis die lande wat in hierdie spesifieke profesie genoem word. Die Puteërs dui op Libië (die King James Version noem die Kusiete en Puteërs juis "Ethiopia, and Libya"). Weereens moet dit seker ook die ander Noord-Afrika lande soos Algerië, Morokko en Tunisië insluit. Hierdie lande is meestal Moslem lande en is in baie gevalle Rusland goedgesind - veral as dit kom by hulle haat vir die Joodse nasie. Die volgende naam wat genoem word is "Gomer en al sy leërs." Dit dui op Oos-Europa en veral ook op Duitsland. Onthou, Joegoe-Slawië is ook in Oos-Europa en is ‘n land wat, soos nou weer, gedurigdeur in oorloë betrokke is. Die laaste naam wat spesifiek genoem word is Togarma. Dit verwys na die huidige Turkye en omstreke. Dan word daar ook genoem dat "baie volke saam met jou" sal optrek. Hierdie is seker ‘n verwysing na al die lande wat hulle by Rusland sal skaar tydens hierdie oorlog. Uit Eseg. 38 en 39 is dit baie duidelik dat Rusland die leier sal wees in hierdie inval in Israel. Dit sal egter God self wees wat hulle sal "weglok en ... lei en ... laat optrek ... en ... laat kom op die berge van Israel." Die Here sal egter ook self verseker dat hulle missie totaal sal misluk en hulle sal uiteindelik val op die berge van Israel (Eseg. 39:2-4). Hulle moet dit eintlik te wagte wees.

Die Woord is baie duidelik as dit verklaar: "die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie." (Ps. 121:4). Ja, al hierdie magtige nasies saam sal nie genoeg wees om die klein landjie Israel te oorwin nie. God self sal weer daar ingryp en die oorwinning aan Israel gee. Hy sal dit egter vir ‘n baie spesifieke rede doen. Ons lees die volgende in hierdie verband: "Aan die einde van die dae sal dit wees - dan sal Ek jou teen my land laat aankom, sodat die nasies My kan ken as Ek My in jou, o Gog, voor hulle oë as die Heilige laat ken." (Eseg. 38:16); "En Ek sal my heilige Naam bekend maak onder my volk Israel en sal my heilige Naam nie meer laat ontheilig nie; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, die Heilige in Israel." (Eseg. 39:7).

Hier kan weer duidelik gesien word watter onderskeid God tussen Israel en die nasies maak. Diegene wat steeds glo dat die Kerk van vandag Israel is, sal maar moeilik kan verklaar hoedat al hierdie lande die Kerk aan die einde van die dae gaan binneval (hulle sal seker sê dat hierdie maar net ‘n ‘geestelike’ oorlog is). En baie sal hulle dan nog glo ook. Ander sal seker weer sê dat die einde van die dae in die verre verlede lê - ons leef nou al in die hemel - dit hang mos net af wat jy van die lewe maak, sê hulle. Die blindes lei vandag maar weer die blindes. Die uiteinde daarvan gaan egter net vreeslik tragies wees. As alles maar net geestelik geneem moet word, sal ek graag wou weet waar in die Kerk sou die berge van Israel dan wees? Dalk die kerktorings? Die konsep is baie duidelik en eenvoudig. God het die volk Israel uitverkies om deur hulle, Homself as die ware God aan almal op die hele aarde bekend te maak en te laat ken. Die Here verlang dat ons moet weet wie Hy is - dat daar geen ander is nie. Dit sal geweldige oorloë en tye van verdrukking verg om maar nog steeds net ‘n minderheid te oortuig wie die ware God van hemel en aarde is.

Terug na die name van die lande wat so duidelik in Eseg. 38:2-6 beskryf word. In Gen. 10:1-6 vind ons byna al hierdie name. Hulle is die name van mense uit die nageslag van Noag. Uit die geslagslyn van Noag se seun Jafet, vind ons die name Magog, Meseg, Tubal en Gomer. Uit die lyn van Gomer weer, vind ons Togarma. Uit die geslagslyn van Noag se ander seun, Gam, vind ons Kus en Put. Hierdie mense het uit die aard van die saak ver weg getrek na ander wêrelddele en so is verskeie lande en streke en stamme na hulle vernoem. Die twee genoemde seuns van Noag, nl. Gam en Jafet en hulle nageslag het ver van die destyds toekomstige Israel af weggetrek. Hulle het die Here ook nie gedien nie. Hulle broer Sem het wel die Here geken en uit sy nageslag is Abraham gebore - die een met wie God die verbond aangegaan het dat Hy al die nasies deur hom sou seën (Gen. 12:3). Uit sy nageslag sou uiteindelik gebore word die Messias - die redder van die wêreld. Dit is dus insiggewend dat die afstammelinge van twee broers, op ‘n stadium, na duisende jare, teen die volk Israel gaan optrek. In hierdie land Israel, sal hulle optrek teen die afstammelinge van hulle eie broer, Sem. Is dit nie verstommend hoedat God die geskiedenis van die ganse mensdom in sy hande hou nie ? Alles in God se Woord pas volmaak inmekaar en geen deeltjie daarvan kan ooit aan toeval toegeskryf word nie. Die afstammelinge van Magog en die ander genoemdes het hulle nog nie tot God bekeer nie - hulle leiers dan in elk geval nie en daarom laat God hulle teen sy land en volk optrek om daar met in hulle in gerig te gaan. Hulle het baie tyd gehad om die saak met God te skik, maar trots en verharde harte staan vandag nog in hulle pad en God kan hulle nie vergewe nie. Hulle wil Israel van die wêreldkaart kom afvee en kan net nie besef en insien dat Israel en die Jode, God se uitverkore volk is nie. In Gen. 12:3 reeds het God vir Abraham en dus per implikasie ook vir sy nageslag, die volk Israel, gesê: "En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek;" Juis daarom sê die Here vir Gog: "Ek het dit teen jou, o Gog" (Eseg. 39:1). Dan kan ons weet en verstaan waarom Hy dit sê.

 

 

HUIDIGE BEWEGINGS IN DIE LANDE VAN ESEG. 38

 

As na huidige tendense in die Midde-Ooste gekyk word, word dit baie duidelik dat hierdie profesie oor die komende oorlog van Gog en Magog op die berge van Israel, nie iets is wat nog in die verre verskiet lê nie. Die wêreldtoneel is besig om vinnig reggeskuif te word vir hierdie groot oorlog wat een of ander tyd ‘n werklikheid sal word. Alles dui daarop dat dit nie te ver in die toekoms kan lê nie - inteendeel, dit blyk dat dit voor die deur is. Vervolgens kyk ons net kortliks na die huidige stand van sake in die lande wat in hierdie Bybelse profesie genoem word.

 

Rusland

Die nuwe vors of heerser van Rusland, Pres. Vladimir Putin, lyk tans stewig in beheer van sake. Volgens talle berigte is hy besig om Rusland weer op te bou tot sy ‘ou glorie.’ Later meer oor sy planne. Daar was egter ook die afgelope paar jaar interessante karakters in Rusland se politiek wat die aandag getrek het met hulle uitlatings. Daar is oud Genl. Alexander Lebed - ‘n kommunis in murg en been. Tot ‘n paar maande voor die 1996 Russiese presidentsverkiesing, het hy homself nog openlik as ‘n kommunis beskou en daardie ideologie voorgestaan. Hy is egter ‘n uiterste opportunis. Sy uitlatings teen die ander godsdienste in Rusland, waaronder Judaïsme, het groot opspraak verwek tydens die vorige verkiesingsveldtog. Hy het gesê dat die enigste godsdienste wat daar welkom is, die Ortodokse geloof, Buddhisme en Islam is. Dit is baie interessant. Die Moslems wat die Jode so haat, is welkom in sy land. Die Jode egter nie. Groot getalle van hulle verlaat juis nou Rusland en die ander state. Die Arabiese en ander nasies wat in Eseg. 38 genoem word - feitlik almal Moslem lande, sal met gemak Rusland se groot bondgenote word as die land van Judaïsme, Israel, binnegeval word. Hulle deel dieselfde ideaal, dieselfde droom.

Nog ‘n man in Rusland wat al vir ‘n paar jaar baie gevaarlik lyk, is Vladimir Zhirinovsky, ‘n sg. ultra-nasionalis. Hy wil hê dat Rusland moet terugkeer na die ou vervloeë dae toe hulle baie mag gehad het.

Die Russiese ekonomie lyk tans beroerd en dit mislei die wêreld grootliks. Rusland is ten spyte daarvan besig om op groot skaal voor te berei vir groot oorlog! Hulle beskik onder meer oor ‘n hele voorraad van die dodelike pokke virus, is onlangs in die media gerapporteer. Net hulle en die VSA het amptelik erken dat hulle daaroor beskik. Rusland gaan tans voort om ‘n reuse ondergrondse basis in die Oeralgebergtes te bou. Hierdie basis is blykbaar so groot soos die metropolitaanse gebied van Washington DC. Dit word gebou by die Yamantau berg en is so diep onder die grond dat dit ‘n nuclear aanval sal kan deurstaan. Ook onder Moskou is daar tans groot aktiwiteit soos wat die Russe o.a. tonnels en ‘n ondergrondse dorp in gereedheid bring wat tot 30 000 mense kan huisves. Dit sal ook kernaanvalle kan trotseer. Hierdie dinge gebeur met geld wat die Weste vir Rusland leen om uit sy skuldlas te kom. Iewers is iemand besig om sake te manipuleer en ‘n groot oorlog, net soos die Skrif voorspel het, gaan sonder twyfel ‘n werklikheid word en wel met Rusland aan die spits.

Intussen het Rusland se nuwe president, Putin, die Kremlin begin lei om beheer oor te neem oor die media:

 

"Senior Putin administration officials have confirmed that the government is attempting to acquire controlling stakes in ORT and NTV, the two dominant Russian TV channels. The Kremlin already fully owns Channel 2, known as The State TV and Radio Co., GTRK. If its new moves are successful, it will consolidate exclusive ownership of all three national TV channels, and will enjoy a virtual monopoly on televised news. That could have a serious impact on the prospects for freedom of speech and the media in Russia..."

(UPI, 7 Augustus 2000).

Putin is ook besig om Rusland se weermag te herorganiseer:

 

"In his five months as Russian president, Vladimir Putin has methodically ticked off each item on a list of institutions preventing him from getting a firmer grip on the mess he inherited from Boris Yeltsin. ... He has dealt, sometimes brutally, with the oligarchs controlling Russia's business and media. Now he has turned his attention to the army. This week - a difficult one for Mr. Putin, with a major terrorist attack in the center of Moscow - he has tried to put some order into the confused and wasteful business of Russian military spending and strategic planning. And as a result we can see something of the new Russia he is creating. Russia has one and a quarter million men under arms, and a defense budget of about £3 billion. More than £2 billion goes on buying new equipment for the country's nuclear forces, in an attempt to compete with the United States."

(London Telegraph, 13 Augustus 2000).

Die Bybelse feit dat Rusland met die Arabiese nasies sal saamwerk in ‘n groot oorlog teen Israel word nou al hoe duideliker. Op 22 Oktober 2000 het die Agence France Presse nuusdiens soos volg hieroor berig: "Russian President Vladimir Putin said on Saturday that Moscow was 'ready to cooperate' with Arab countries in the search for a solution to the Middle East crisis."

 

Iran

In Mei 1996 het Iran die grootste militêre magsparade gehou wat nog ooit in die Midde-Ooste gehou is. Wapens van alle tipes is vertoon in die parade wat in die Qom woestyn plaasgevind het. Iran het laat weet dat dit gehou word om die gereedheid van hulle weermag aan die wêreld te toon. Hulle sê dat hulle weermag onder direkte bevel staan van Ayatollah Ali Khamenei - hulle Moslem leier. ‘n Maand later het hulle aangekondig dat hulle ‘n groot militere oefening beplan en wel met die naam: ‘Road to Jerusalem’ (Intelligence Digest, 21 Junie 1996). Oproepe dat Israel totaal vernietig moet word, is nie vreemd in hierdie dae nie. In ‘n berig in The Citizen van 16 Januarie 1999 het die opskrif gelees: ‘Iranian appeal: destroy Israel’ en toe hierdie woorde van Iran se ‘Speaker’ van die parlement: "Come out openly, like Iran, and say you don’t accept such a country as Israel on the world map. Have courage. We can make good use of our weapons, military equipment and all our forces, ... he urged Arab countries to believe in themselves" Dit is net hier waar die probleem lê. Hulle glo in hulleself en nie in die onveranderlike Woord van God nie. Dit is so duidelik en ooglopend hoe die Woord van God hier in vevulling gaan, dat ‘n mens byna nie kan glo hoe mense dit nie kan raaksien nie.

Dan is daar nog die kernreaktor waaraan hulle werk en die ontwikkeling van kern- en chemiese wapens.

‘n Paar jaar gelede het Iran ook hulle derde Russies-vervaardigde duikboot ontvang toe dit die Persiese Golf binnegevaar het. Iran en Rusland het ‘n baie sterk verhouding en dit sal in die dae wat kom al hoe duideliker word.

Aan die begin van 1997 het die US Congressional Task Force on Terrorism and Unconventional Warfare vanuit die VSA gerapporteer dat die Midde-Ooste ‘n kookpot is wat op die punt staan om te ontplof. Volgens die verslag is Iran, Irak, Sirië en ook die Palestyne besig om hulleself te posisioneer vir ‘n grootskaalse oorlog teen Israel. Daar is reeds oor en weer verdrae gesluit en die ‘regte’ tyd sal op een of ander stadium aanbreek. Volgens die Arutz 7 radiostasie in Israel, 5 Januarie 2000, het ‘n VN verslag oor wapenbesteding aan die lig gebring dat 13 Arabiese nasies rondom Israel twee maal meer aan wapens spandeer as wat die internasionale gemiddelde is. Hulle maak sekerlik reg vir oorlog! Die TV-nuusdiens CNN het dit op 1 Februarie 2000 weer bevestig toe hulle berig het oor Iran se nuwe oorlogsoefeninge wat reeds die vorige dag begin het. Die World Tribune, 11 Februarie 2000, het die volgende hieroor berig:

 

"Iran has launched its largest airborne exercise near the Iraqi border as a state daily said Teheran will not hesitate to develop nuclear weapons that can strike the United States. Iranian military sources said the Zoulfaqar exercise involves paratroopers landing in several Iranian locations as part of a demonstration of air support for a ground offensive. An Iranian commander was quoted by the official Islamic Republic News Agency as saying that hundreds of paratroopers aboard a C-130 Hercules transport plane landed at 120 points at Ilam, Saleh-Abad and Mehran, in western Iran. He said the exercise was to test the capability of air support for ground forces. The military exercise includes the establishment of 35 stations to monitor communication security in a demonstration of Iranian electronic warfare capability. IRNA said the four-hour exercise is unprecedented in Iran..."

Einde September 2000 het Iran weereens ‘n oorlogsoefening gehad vir drie dae lank !

Iran het ook in Oktober 2000 weereens ‘n oproep gedoen om Israel te vernietig. Dit het gekom by monde van hulle hoogste godsdienstige gesag, Ayatollah Ali Khamenei. Hy het die volgende gesê: "‘The only way to end the crisis in the Middle East is to dry up its roots. What is at the roots of this crisis? It is the Zionist regime that has been imposed on the region,’ Khamenei told some 100,000 Basij Islamic militia members gathered on the outskirts of Tehran for military exercises. ... ‘clean Holy Qods (Jerusalem) of Zionists’ and said those responsible for killing Palestinians in clashes with Israeli forces should be tried by Arab or Islamic courts. ... Khamenei told the paramilitary volunteers, who waved Palestinian flags and voiced their readiness to join the fight against Israel. Chants of ‘Ready, Leader, we are ready’ and ‘Death to Israel’ rippled through the crowd ... "

(Reuters, 20 Oktober 2000).

Dit is presies wat die Skrif vooruit geprofeteer het !

 

Irak

Daar is talle berigte oor hulle pogings om weer hulle weermag op volle sterkte te kry na die Golfoorlog van 1991. Onlangs nog het die Verenigde Nasies se spesiale span wat afgevaardig is om hulle wapenstelsels te gaan ondersoek, verklaar dat Irak waarskynlik verskeie Scud missiellanseerders verskuil hou. Hulle het blykbaar ‘n aantal selfvervaardigde, nuttelose missiellanseerders omgeruil met ander wat operasioneel is en eersgenoemde toe vir die skyn vernietig. Volgens ‘n ooreenkoms wat na die Golfoorlog gesluit is, moes Irak hierdie en ander wapens tot niet maak. Die VN se Veiligheidsraad is deur die ondersoek kommissie genader vir ‘n verdere bedrag van $30 miljoen om Irak se bewegings fyner te kan monitor. Die VN se finansies lyk egter beroerd en die geld sou aanvanklik nie toegestaan word nie. Die top poste in die Veiligheidsraad van die VN word ook al vir baie jare deur Russe gevul, wat die situasie verder verduidelik. Volgens Jane’s Defence Weekly beskik Irak oor ten minste 500 Russiese T72 tenks en 300 vegvliegtuie. Met Saddam Hussein aan die roer van sake daar, kan enigiets enige dag gebeur. In Augustus 2000 het Irak die VN laat weet dat Koeweit besig is om ‘dade van aggressie’ op die Irakse grens te pleeg. Hulle kan nie wag om weer hierdie klein landjie binne te val nie. Koeweit kry tans ondersteuning en beskerming van Amerika, wat Irak gewaarsku het oor sy oorlogsugtige houding. Op sy beurt is Amerika weer baie besorg oor sy bedreigde oliebelange in Koeweit.

Baie onlangs het die volgende berigte verskyn oor Irak:

 

HUSSEIN WIL ISRAEL VERNIETIG

"Iraqi leader Saddam Hussein has said his country could destroy Israel if it was given access to land next to the Jewish state. ... Iraq's state controlled newspapers carried the president's threat, which he made following the recent bloody clashes between Israelis and Palestinians. Iraqis are calling the threat one of the strongest statements by Saddam Hussein in years. An idle boast or a serious threat to Israel? With Iraq's unpredictable leader, it is hard to tell. The government controlled press quoted the president as saying Iraq could put an end to Zionism in a very short time if only it was given a piece of land next to Israel. That is highly unlikely to happen, but Iraq did physically attack Israel during the Gulf War nine years ago by firing 39 Scud missiles at the Jewish state..."

(BBC, 5 Oktober 2000).

 

‘ISRAEL CLOSELY WATCHING IRAQI MOVEMENT’

"Israel is closely watching the movement of Iraqi troops west toward the border with Jordan. So far, Israeli officials said, the government of Prime Minister Ehud Barak will not take any action. The officials said Iraq has sent about 250 tanks and 15,000 troops toward the Jordanian border."

(Middle East Newsline, 16 Oktober 2000).

 

Ethiopië en Soedan

Daar is in Januarie 1997 berig dat dit juis Iran was wat 60 Russiese tenks, ligte masjiengewere en chemiese wapens per lug na Soedan versend het. Soedan is natuurlik saam met Ethiopië deel van die vroeëre Kus. Iran steun Soedan se Islamitiese regeringsmagte wat blykbaar in ‘n stryd met Ethiopië self gewikkel is. Dit wil voorkom asof Soedan hier die leiding gaan neem en moontlik selfs kommunistiese Ethiopië (wat maar swakkerig lyk) kan inneem op ‘n stadium. Daar is juis al berig dat Soedanese magte 300 Ethiopiese soldate doodgeskiet het. Die rol van die Islam godsdiens moet ook nooit onderskat word in hierdie hele proses nie. Die Soedanese regering is volgens berigte ook besig om met China te onderhandel oor die aankoop van wapens. Dit wil voorkom asof daar nou beweging kom in hierdie Afrika lande. Hulle gemeenskaplike teiken en vyand is en bly Israel. Tienduisende Jode het dan ook reeds in die afgelope klompie jare vanaf Ethiopië na Israel geëmigreer. Hulle ou landgenote gaan egter nog teen hulle opstaan in die nabye toekoms. Huidiglik woed daar steeds ‘n oorlog tussen Ethiopië en sy buurland Eritrea.

 

Libië

Die geaardheid van Muammar Ghaddafi is redelik berug. Onder sy ‘bekwame’ leiding is Libië een van die gevaarlikste lande ter wêreld. Volgens ‘n berig uit Spanje (na aanleiding van ‘n vertroulike NAVO dokument) behoort Libië op die laaste teen die jaar 2006 kernmissiele gereed te hê wat tot 3 000 km sal kan aflê. Dit sal ‘n groot bedreiging vir die NAVO lande - veral vir Spanje, Frankryk en Italië inhou. Indien Amerika bv. vir Libië sou aanval, kan hulle dan terugslaan deur een van bg. lande aan te val. Die missiele sal ook met chemiese of bakteriologiese koppe bewapen kan word. Volgens die Pentagon is Libië ook juis besig om die wêreld se grootste chemiese wapenaanleg binne in ‘n berg te bou. Rusland se wapenuitvoer agentskap, Rosvooruzheniye, sou Libië verder reeds voorsien het met Russiese S-300 lugverdedigings sisteme. Die Verenigde Nasies het in 1999 die sanksies teen Libië opgehef en nou kan hulle weer wapens op groot skaal aankoop (The Citizen, 24 April 1999). Onlangs het Russiese kundiges inspeksie gedoen op Libiese wapentuig. Daar is ook berig dat Rusland en Libië al geruime tyd saamwerk - presies soos wat die Woord voorspel het. Die berig in The Citizen van 2 Augustus 2000 het genoem dat: "At the time of the sanctions, Russia had thousands of workers and advisors in Libya."

Interessant was ook Ghaddafi se onlangse uitspraak dat Libië en Egipte een moet word. Dink net, dan is hulle sommer veel nader aan Israel.

 

Duitsland

Daar word nie juis veel oor hulle weermag en militêre gereedheid gesê nie. In Januarie 1997 egter, het daar interessante verwikkelinge plaasgevind. Vorige aspirant Russiese presidents-kandidaat, Aleksander Lebed, het ‘n tyd terug Duitsland besoek en al die leiers van die groot parlementêre partye ontmoet. Hy het ook die voormalige Kanselier Helmut Kohl, se luitenant, Wolfgang Schaeuble, op hierdie besoek ontmoet. Baie insiggewend was hierdie woorde van hom: "Germany must look at me, I need to look at Germany, we have to decide whether we should work together or not. I hope that we come to the conclusion that we should work together." God het gesê dat hulle verseker sal saamwerk. Daaroor kan Lebed maar rustig slaap. Israel daarenteen, het egter heelwat om oor bekommerd te wees. Die berig wys verder daarop dat Duitsland Rusland se grootste krediteur en ondersteuner in die Weste is. Dit pas alles in net soos die Woord van God dit voorspel het.

 

Turkye

Op die oomblik het hulle en Israel nog so ‘n wankelrige samewerkingsooreenkoms. Turkye is egter ‘n Islambeheerde land (99 % Moslems) en hulle vorige premier (in wie se termyn die verdrag gesluit is) het daarna ‘n baie negatiewe stelling oor Israel gemaak.

Die huidige krisis in die Midde-Ooste het Turkye egter reeds weer kant laat kies teen Israel. Rusland het verder ook baie onlangs begin om die ‘regte’ skuiwe te maak m.b.t. Turkye. Die AFP nuusagentskap het dit op 23 Oktober 2000 soos volg beskryf:

"Turkey and Russia said Monday that they had agreed to increase cooperation in the military and defence industry fields which would help the atmosphere of trust between the two trading partners. "We have reached agreement to deepen and enhance our cooperation on military and security issues," visiting Russian prime minister Mikhail Kasyanov said at a joint press conference with his Turkish counterpart Bulent Ecevit. Ecevit, for his part, underlined that Turkey was "ready and willing" to establish a more active cooperation in the defence industry."

‘n Interessante punt wat genoem moet word, is dat ons in Eseg. 38:4 en 15 lees dat hierdie lande Israel met perde sal binneval. ‘n Moontlike verklaring kan wees dat Esegiël met sy beperkte kennis oor die toekoms dit so beskryf het. ‘n Ander verklaring is dat daar wel gedeeltelik van perde gebruik gemaak sal word in die oorlog, omdat Rusland ook oor bergagtige gedeeltes (bv. die Kaukasiese gebergte) sal moet beweeg om Israel te kan binneval. Volgens berigte beskik Rusland wel oor ‘n baie groot brigade van perde en opgeleide ruiters.

 

 

 

 

‘N GEWELDIGE MAG UIT DIE OOSTE

 

 

IS CHINA IN DIE BYBEL ?

 

 

In Op. 9:14 lees ons van vier engele wat by die Eufraatrivier losgelaat word. Net nadat hulle losgelaat word kom daar ‘n geweldige leër van "twee maal tienduisend maal tienduisend" tevoorskyn wat groot vernietiging aanrig (vers 16). As ‘n mens nou hierdie som maak, dan werk dit uit op tweehonderd miljoen soldate. In vers 17 lees ons dat hulle borsharnasse aan het wat "vuurrooi en blou en swawelgeel" van kleur is. Ek het onlangs twee kleurfoto’s asook ‘n video-insetsel bekom van ‘n leër van ‘n Oosterse land en hulle uniforms bevat verseker swawelgeel en ‘n baie helder rooi asook ‘n strook van ligblou op hulle pette. Hierdie leër kom van rooi China. Ons weet vandag ook dat China by verre die grootste nasie op aarde is met ‘n bevolking van meer as 1.3 miljard mense. Daarby is dit baie insiggewend om te weet dat hulle voormalige leier, Mao Tsetung, in sy dagboek daarvan melding gemaak het dat hy ‘n weermag van 200 miljoen in die veld sal kan stoot. In ‘n Time tydskrif van 1961 word dit ook bevestig. Op 2 September 1998 het die direkteur van die Strategic Studies Institute verder ‘n verslag vrygestel met die titel: ‘China’s Military Potential’. Hierin het ‘n Amerikaanse kolonel, L.M. Wortzel, die volgende genoem:

 

"China also has a potential manpower base of another 200 million males fit for military service available at any time."

 

As ons nou na vers 18 van Op. 9 gaan kyk, dan sien ons dat hierdie weermag ‘n derde van die mense op aarde gaan dood. Ek is vas oortuig dat hierdie oorlog gepaard sal gaan of dan sal kulmineer in die slag van Armageddon. Gesamentlik sal ‘n derde van die mensdom dan hierdeur sterf, moontlik oor ‘n paar jaar se tyd, in die sewe jaar van verdrukking wat nog kom.

Hoe weet ons egter dat hier van ‘n moderne oorlog melding gemaak word, kan nou gevra word. In vers 17 lees ons dat die ‘perde’ soos leeukoppe is en dat "uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan."

Dit is ‘n bekende feit dat in die dae toe Johannes hierdie gesig gesien het, daar nie sulke tipe wapens bestaan het nie. Hierdie is moderne wapens wat eers in die 20ste eeu hulle ontstaan gehad het. In vers 19 lees ons verder dat "hulle mag is in hulle bek en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan." Vandag se vegvliegtuie en gevegshelikopters skiet voor uit en sommige skiet ook van agter die stert uit. Dan is daar ook die gevorderde missiellanseerders en verskillende soorte tenks wat dieselfde kan doen. As ons net dink aan die verskillende soorte nuclear en kernplofkoppe wat vandag bestaan, word alles nog duideliker.

Die hele kwessie rondom die Eufraatrivier en die feit dat die genoemde weermag op ‘n manier daarmee verbind word, is verder baie interessant. Die vier engele wat volgens Op. 9:14 by die Eufraat gebind is, dui heel moontlik op gevalle engele wat dan hierdie oorlog sal aanstig sodra hulle losgemaak word (Op. 9:15). As ons nou na Op. 16:12 gaan kyk, word dit werklik aangrypend. Daar lees ons: "En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die Ooste af kom, reggemaak kon word." Kort hierna lees ons ook van Argameddon in Op. 16:16. China is vandag die groot opkomende mag vanuit die Ooste. Kan ‘n mens nog sê die boek Openbaring is ‘n duister en vae boek wat nie vir vandag geskryf is nie? Kan ‘n mens nog sê dat al hierdie dinge het lank gelede reeds plaasgevind?

Die gedeelte oor die Eufraat stem ook ooreen met Jes. 11:15 waar ons lees dat God sy hand oor die Eufraat sal swaai "en dit uitmekaar slaan in sewe strome, sodat ‘n mens met skoene daardeur kan loop."

Die Eufraatrivier is egter ‘n groot rivier, soos wat die Skrif ook tereg noem. Behalwe dat dit vir die God van hemel en aarde geen probleem is nie, het daar ook in die laaste aantal jare besondere verwikkelinge rondom hierdie rivier plaasgevind.

In die Indianapolis Star koerant van 13 Januarie 1990 het daar ‘n berig verskyn met die opskrif:

 

‘Turkey will cut off flow of Euphrates for one month’ !

 

Die land Turkye het ‘n groot dam, die Ataturk dam gebou en vir die eerste keer in die geskiedenis kan die vloei van die groot Eufraatrivier nou ook menslik gestop word. Hierdie profesie kan dus nou enige tyd in vervulling gaan as God dit sal toelaat.

China blyk verder die mag vanuit die Ooste te wees, maar is dit vreemd? Die simbool van rooi China is die draak. Die jaar 2000 staan in China bekend as die jaar van die Draak! Hulle het ook onlangs ‘n sg. ‘Dragon Project’ geloods en in middel Februarie 2000 het hulle ‘n ‘draakdans’ op die Groot Muur van China uitgevoer. Wil hulle dalk oor die muur beweeg na nuwe terrein?

In 1999 het China vir die eerste keer in 15 jaar weer ‘n groot militêre parade gehou. Dit was om die 50ste bestaansjaar van die Kommunistiese beheer daar te vier. By die geleentheid het ‘n halfmiljoen soldate en burgerlikes aan die parade meegedoen.

(The Citizen, 13 April 1999).

 

Einde 1998 is daar al berig oor China se grootskaalse wapenopbou vir die nuwe millennium:

 

‘CHINESE PREPARING FOR 21ST- CENTURY HIGH-TECH WAR‘

"China's People's Liberation Army is building lasers to destroy satellites and already has beam weapons capable of damaging sensors on space-based reconnaissance and intelligence systems, according to a Pentagon report.

Consequently, China could blind U.S. intelligence and military space equipment, systems vital for deploying U.S. military forces in current and future warfare. The lasers also could be used todisrupt or cripple commercial communications and navigation systems during "information warfare," according to the report mandated by Congress. The report said the PLA has acquired a variety of technologies "that could be used to develop an anti-satellite weapon."

The ability to damage or destroy satellites will provide China with a strategic weapon against the U.S. military, which relies heavily on the use of spaced-based equipment for communicating with forces and detecting foreign military activities, from troop movements to missilelaunches. The United States has no anti-satellite weapons, or Asats, and abandoned work on an aircraft-launched satellite killer in the 1980s. The Pentagon report shows that China is preparing its forces to wage not only a "Desert Storm-level" of regional conflict but a 21st-century high-tech war, he said.

The report also said China is constructing electronic jammers, "which could be used against Global Positioning System [GPS] receivers" - pinpoint navigational devices used in all military operations and in the commercial sector as well. Such jamming would severely hamper international transportation. Improvements in Chinese satellite technology are expected to enhance the accuracy of China's M-9 and M-11 missiles, with ranges of 372 miles and 186 miles, respectively. The report also said the PLA is using U.S. GPS and Global Navigation Satellite Systems (Glonass) satellites in developing advanced weapons and may use these satellites "to improve the accuracy of its missiles."

(Washington Times, 3 November 1998).

 

China, die land van die draak, is besig om te ontwaak as ‘n mag waarmee deeglik rekening gehou sal moet word.

Die uur is dus veel later as wat die meeste mag reken en die Woord van God nog meer wonderbaar as wat jy ooit kon droom !

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

5

 

 

 

 

 

DIE NUWE WÊRELDORDE

 

 

 

 

"We shall have world government, whether or not we like it. The question is only whether world government will be achieved by consent or by conquest."

(J.P. Warburg, CFR lid, 1950)

 

"Iraq is the first test for the new world order."

(Pres. George Bush, Chicago Tribune, 12 September 1990)

 

"At the United Nations plans are underway for the great global happening of the year 2000 ... The planet is alive with excitement ... a global renaissance ... "

(Matthew Fox, voormalige Roomse priester en ‘new ager’ in The Coming of the Cosmic Christ, 1988, p. 246)

 

"Religion can provide the vision and unleash the spiritual energy necessary to guide humanity to a New World Order ..."

(Dr. Albert Lincoln, Sekretaris-Generaal van die Baha'i International Community, Worldwide Faith News, 2 September 2000)

 

"Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê : Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!" (Psalm 2:1-3).

"... daar is glad niks nuuts onder die son nie. Is daar iets waarvan ‘n mens kan sê : Kyk hier, dit is nuut? Dit was lankal daar in die ou tyd wat voor ons gewees het." (Pred. 1:9,10).

 

Die idee van ‘n nuwe wêreldorde is eintlik ‘n baie ou gedagte. Behalwe dat dit geensins nuut is nie, is daar ook weinig sprake van enige orde in hierdie droom. Die een wat verantwoordelik is vir hierdie gedagte is juis hy wat absoluut niks weet van enige orde nie, maar die meester is van alle chaos. Hier praat ons van wanorde in die hoogste graad. In hierdie nuwe wêreldorde is die klem nie op orde nie, maar wel op die nuwe. Ons weet goed wat ware orde, soos in die Woord van God uiteengesit, vir die mens inhou. Dit is ‘n orde wat deur God die Skepper ingestel is om harmonie tussen Homself en die mens daar te stel. As die regte orde tussen God en mens gehandhaaf word, is ware vrede en geluk die vrug daarvan. Die woord nuwe beteken nie noodwendig beter nie, maar heel dikwels beteken dit bloot net anders. In hierdie verband is ‘n nuwe wêreldorde eerder ‘n ander orde wat die vorige een moet vervang. Dit sal op totaal ander beginsels geskoei word as die eerste en die vrug daarvan sal ook geheel en al anders smaak. God maak nêrens in sy Woord melding van die aanbreek van ‘n nuwe (Godgewerkte) wêreldorde voor die wederkoms van Jesus Christus nie. Daarna egter sal daar wel so ‘n tyd aanbreek, maar streng volgens God se ‘kalender’ en volmaak in lyn met sy voorafbepaalde orde. God het sy plan van orde vir hierdie wêreld in geen onduidelike taal aan ons nagelaat nie. Sy Woord wat baie vas is, beskryf vir ons in die fynste besonderhede dit wat reeds gebeur het en dit wat nog sal gebeur. As hierdie nuwe orde dan nie deur God beplan is nie, dan weet ons dat dit die breinvrug van Satan is, die oeroue misleier en verleier. In Gen. 3 reeds, het hy sy opwagting gemaak in die tuin van Eden en die mens met die oudste leuen in die boek verlei. Ons lees in vers 3 dat die vrou hom vertel het van God se opdrag aan hulle m.b.t. die boom in die middel van die tuin. Die woorde van God was baie duidelik hieroor as hulle daarvan sou eet: "sal julle sterwe." Onmiddellik het die slang met die leuen gevolg: "Julle sal gewis nie sterwe nie;" Verder het hy hulle wys gemaak dat hulle "oë sal oopgaan" en dat hulle "soos God sal wees". Die Here sê egter uitdruklik in sy Woord dat "die mens bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel" (Heb. 9:27). Dit is ook net God wat nooit kan of sal sterf nie, want Hyself is die lewe.

Die duiwel kom altyd met presies die teenoorgestelde argumente en stellings na die mens. Dit is gewoonlik goed verdoesel of verdraai na gelang van die graad van verblindheid van diegene aan wie hy dit wil voorhou. Voor die sondeval was die eerste twee mense se oë oop vir die geestelike en toe vir die vleeslike. Daarna was die teenoorgestelde waar. Dit was egter juis die verleier wat hulle sinne verblind het (2 Kor. 4:4). Die idee om soos God te wil wees, is seker die heel oudste van al sy verwronge gedagtes. In Jes. 14:14 sien ons sy groot ideaal: "Ek wil ... my gelykstel met die Allerhoogste!"

Sedert daardie rampspoedige dag in die tuin van Eden wil die mens ook soos God wees. Net die wedergeboorte in Christus Jesus verander hierdie denkpatroon vir altyd. Daarna word jy al hoe geringer en die almagtige God al hoe groter.

In Gen. 11 sien ons seker die duidelikste voorbeeld van ‘n nuwe wêreldorde en die mens se versugting om soos God te wil wees. Ons lees in vers 1 "En die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde." Daardie mense het vir mekaar gesê: "Kom, laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bonsteen en die lymgrond vir klei. En hulle sê : Kom, laat ons vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik;" Dit is duidelik dat hierdie geslag nie net een van taal was nie, maar ook een van hart. Hulle hart was egter nie by God nie, want Hy is hoegenaamd nie in hierdie saak geken nie. Hier sien ons ook ‘n gebou wat met mensehande gebou is. Weereens die namaaksel, want ons lees in 2 Kor. 5:1 dat elke kind van God na hierdie bedeling kan uitsien na " ‘n gebou ... van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele." Die feit dat hulle ‘n toring wou bou wat tot aan die hemel reik, is eintlik ‘n erkenning van God en dat daar wel ‘n hemel is. Hierdeur kan ons sien wie hulle leidsman was, wel hy wat gesê het dat hy wil opklim en hom met die Allerhoogste wil gelykstel. Ons weet egter dat niemand enigsins met God vergelyk of aan Hom gelykgestel kan word nie. Hierdie mense was hulle eie God en wou dinge op hulle eie menslike manier doen. Dit kom duidelik na vore in hulle houding en veral in die woorde: "laat ons vir ons ‘n naam maak". Dit is in skrille kontras met die mens se skeppingsdoel. Die Here het die mens gemaak om sy Naam te verheerlik en om Hom te behaag. Daar is ook net een Naam gegee waardeur die mens die hemel sal kan binnegaan en dit is Jesus Christus (Hand. 4:12). Deur hierdie patetiese poging met die Toring van Babel wou die mens vir homself ‘n naam daar stel en daardeur die hemel haal. God het baie duidelik laat blyk dat Hy hierdie tipe gedrag nie sal toelaat nie en daarom het Hy dit daar en dan beëindig. Die tragedie is egter dat die mens (wat homself wil behaag) nie uit sy foute wil leer nie. Vandag gebeur presies dieselfde reg onder ons oë, hierdie keer egter op ‘n baie groter skaal. Die Here gaan weer ingryp, ook op ‘n baie groter skaal en baie sal vir ewig sonder God wees.

Vervolgens kyk ons na die huidige wêreldsituasie en die heroprigting van die eertydse ‘Toring van Babel’, of as jy wil van die Nuwe Wêreldorde:

 

 

EENWÊRELD POLITIEKE ORDE

 

"En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek,"

(Hand. 17:26,27).

 

In die Nuwe Wêreldorde sal al die mense nie by een plek bymekaar kom soos wat die geval in die ou tyd was nie. Vandag is die ganse wêreld een plek. Geen punt op die wêreldkaart is onbereikbaar nie en deur die verskeie kommunikasie sisteme kan feitlik enigiemand enige plek ter wêreld opgespoor word. Deur die tegnologiese ontwikkelings van die laaste eeu het die wêreld ‘n ‘global village’ geword. Tegnologie opgigself is nie sonde nie, maar kan en word wel deur die mens aangewend om sonde te doen en om sondige wêreldse sisteme daar te stel. Hierdie sisteme was nooit in God se raadsplan ingesluit nie. Die mens het ook nie die Here in hierdie sake geken nie. Alhoewel groot dele van die wêreld vandag deur mense bewoon word, het God dit in sy raadsplan so beskik dat daar verskillende volke en nasies sal wees. Hierdie volke en nasies het dan ook spesifieke grense gekry wat vooraf deur God self bepaal is. Die Here wou dit so gehad het sodat die nasies Hom sou soek en Hom sou eer. God se skepping is een van verskeidenheid en dit is juis daarin wat sy almag erken kan word en ook waardeur Hy elke dag verheerlik word. So is dit ook met die verskillende nasies wat Hy geskape het. Die verskillende stamme, tale en kulture dui vir ons op God se verstommende en unieke vermoë om wyd uiteenlopende verskeidenhede daar te stel. Daar is inderdaad niemand soos Hy. Die teëstander, die duiwel, haat God egter en wil daarom altyd die teenoorgestelde bewerk as wat die Here in sy raadsplan bepaal het. In sy rebellie teen God wil hy alles wat God saamgevoeg het, (bv. gesinne) uitmekaar haal en alles wat God geskei het (volke en nasies) wil hy weer saamvoeg. Dit is presies wat vandag regoor die wêreld gebeur en die ‘suksesverhale’ is daar vir elkeen wat dit van nader wil bekyk. Gesinne en huwelike verbrokkel oral en terselfdertyd word dag en nag gewerk om alle grense tussen volke en nasies af te breek. God het klein sterk eenhede in sy raadsplan ingebou, soos bv. gesinne, die kerk, die skool ens. Daarteenoor het die Satan gekom en ‘n eenwording tussen alle groot en onversoenbare groepe gesuggereer. ‘n Groep wat egter op die Rots (Jesus Christus) gebou het, kan onmoontlik een word met ‘n ander groep wat op die sand gebou het. Geestelik gesproke is daar geen ooreenkoms tussen hierdie twee groepe nie. Letterlik gesien kan volkere en nasies ook nie een word nie, so ‘n poging sal altyd tot geweldige konflik lei. Deur konflikte wat op oorloë uitloop, sterf groot getalle mense en die duiwel het sy doel bereik (Jes. 14: 16-20). Hyself weet dat dit nooit sal werk nie, maar verlei nogtans die massas om hulle so die ewige verderf binne te lei.

In ons dag is daar reeds talle internasionale politieke strukture geposisioneer om as vastrapplek te dien vir die groot ideaal van wêreldeenwording. Die geboorte van hierdie superstrukture wat vandag reeds die toon aangee op feitlik elke lewensterrein, is egter voorafgegaan deur die samewerking (of sameswering) van ‘n hele aantal geheime organisasies. Veral in die laaste twee eeue het hierdie organisasies koorsagtig gewerk om hulle groot droom - die Nuwe Wêreldorde op die regte tyd beslag te laat kry. Dit is seker onnodig om te sê wie hulle leier is en wie hulle geïnspireer het om hierdie diaboliese plan, tot dus ver, so suksesvol te kon laat slaag. Ons moet egter altyd onthou dat God ook ten volle in beheer van hierdie saak is. Hy laat hierdie dinge toe a.g.v. die gruwelike sondes van die mensdom op aarde. Die Here het gewaarsku dat Hy sy toorn oor die aarde sal laat ontvlam in die laaste dae (Mig. 5:14). Dit is God wat die lotgevalle van konings en nasies beheer en Hy gaan dit binnekort op groot skaal gebruik om die volkere regverdig te oordeel (Psalm 96:13).

Ons kyk nou na die groot rolspelers en hoe hulle sinistere ‘plan’ sedert die laat 18de eeu ontvou het. Hulle sug na geld, mag en wêreldoorheersing het hulle gedryf tot ‘n alles-oorheersende obsessie

- wêreldeenwording ten alle koste.

 

1. DIE ILLUMINATI

 

Hierdie berugte organisasie is op 1 Mei 1776 amptelik in die lewe geroep onder leiding van ‘n voormalige Jesuïte priester, Adam Weishaupt. Die woord Illuminati beteken ‘verligtes’ en kom van hulle vader, Lucifer, die ‘ligdraer’. Dit was egter sy naam voordat hy uit die hemel gewerp is, maar selfs daarna wil hy nog so geken word. Eintlik is hulle die verblindes met ‘n leier wat al sy verligting verloor het. Die lede van die Illuminati het hulle rug finaal op God gekeer en die duisternis aangegryp. Hulle ‘lig’ skyn ook so flou dat dit net in absolute duisternis tot sy reg kom, maar volgens ‘n totaal ander stel reëls (Jes. 5:20). Daarom word hulle handelswyse ook altyd gekenmerk deur groot geheimhouding. Die Woord praat baie duidelik oor hulle wat die lig haat en nie na die lig wil kom nie, omdat hulle werke boos is en omdat hulle die duisternis liewer het as die lig (Joh. 3:20). In hierdie geval natuurlik die ware lig - Jesus Christus. Dit is interessant dat hierdie organisasie op 1 Mei gestig is. Dit is vandag ‘n baie belangrike dag regoor die wêreld en is ook in Suid-Afrika ‘n vakansie dag. Op hierdie dag word die mens egter verhoog en God noodgedwonge verlaag. Die doel met die stigting van die Illuminati was enersyds om die Christelike geloof te vervang met ‘n godsdiens van ‘rede’ (humanisme) en om uiteindelik alle nasionale regerings te vervang met ‘n eenwêreldregering. Weishaupt, ‘n regsgeleerde, was ten tye van die stigting ‘n professor aan die Universiteit van Ingolstadt in Bavaria, Duitsland. Hy was ‘n uiters begaafde man, maar ongelukkig het hy sy rug op God gekeer. Hy het die okkulte begin bestudeer en so het die Satan in hom die ideale kanaal gevind waardeur laasgenoemde sy finale aanslag op God sou loods. Weishaupt het dan ook onder sy tydgenote as "the human devil" bekend gestaan. Verskeie bronne sê dat die Illuminati die brein was agter die Franse Rewolusie van 1789 asook dat hulle beide wêreldoorloë georkestreer en gefinansier het. In hulle groot ‘Plan’ word daar ook voorsiening gemaak vir ‘n derde wêreldoorlog. Dit is heeltemal in lyn met die Woord van God en in Eseg. 38,39 word so ‘n oorlog in detail beskryf. Die wortels van hierdie organisasie lê egter baie diep en ideale vir ‘n eenwêreldregering kom al ‘n baie lang pad. Geskiedkundiges het die spore van die Illuminati teruggevoer na ten minste 1 200 v.C. in die dele waar Italië, Griekeland en Frankryk vandag is. Soos vroeër genoem, kan dit uiteindelik teruggevoer word na die Toring van Babel. Die embleem van die Illuminati, die alsiende oog (van Lucifer), dateer reeds uit die tyd van antieke Egipte. Dit was in die tyd van die 18de dinastie toe Farao Amenhotep IV in Egipte geregeer het, in 1 350 v.C. Interessant is dat hierdie selfde alsiende oog (geplaas in die boonste punt van ‘n piramiede), reeds sedert 1933 op die Amerikaanse 1 dollar noot pryk. Die woorde Annuit Coeptis (ons sameswering het geslaag of dan ‘die geboorte van’) en Novus Ordo Seclorum (Nuwe Sekulêre Orde of Nuwe Wêreldorde) verskyn onderskeidelik bo-aan en onder die piramiede.

 

Die Illuminati as organisasie bestaan vandag nie meer onder hierdie naam nie, maar wel in ‘n hele aantal ander organisasies waarvan sommige in baie groot geheimhouding gehul is. Wie beheer egter vandag reeds byna die ganse wêreld? Daar is ‘n aantal individue en familie-dinastieë wat besonder prominent is in die internasionale samelewing.

In sy boek Circle of Intrigue: The Hidden Inner Circle of the Global Illuminati Conspiracy, wat hy na nege jaar van studie voltooi het, skryf Texe Marrs (‘n voormalige professor) van die VSA dat hy op tien families afgekom het wat basies in beheer is van die meeste sake op aarde. Ek noem kortliks hierdie families of dinastieë, waarvan heelparty definitief van koninklike afkoms is (uit Europese koningshuise). Hierdie families is almal superryk (baie is bankiers) en hulle beheer in werklikheid reeds die wêreld - bloot omdat hulle in beheer van die banke en die geld van die wêreld is. Sommiges is redelik bekend en ander minder, maar treffend is dat so baie van hulle Europeërs is.

Ons noem heel eerste die Rothschild-dinastie van Europa (1) - bankiers (hulle het die Rockefellers gehelp om aan die gang te kom). Die Rothschildgroep is ook aktief in SA deurdat hulle ‘n finansiële adviesdiens saam met die plaaslike Kagiso groep gestig het en verder is hulle ook betrokke by die ABN AMRO bankgroep (AMRO staan waarskynlik vir Amschel Rothschild - die stigtervader van die groep in die 1700's); die Rockefeller-dinastie van die VSA (2) - bankiers en oliemagnate (hulle het in 1947 $8.5 miljoen geskenk om die grond te koop vir die Verenigde Nasies se hoofkwartiergebou in Manhattan, New York); die Habsburgs van Oostenryk (3) - ‘n koningshuis (van hulle is ook lede van die Europese Parlement); die Warburgs van Europa (4) - bankiers; koning Juan Carlos en familie van Spanje (5); die Bronfman-dinastie van Kanada (6) - Whiskey magnate (een van die filiaalmaatskappye van hulle hoofmaatskappy, Seagram, wat popmusiek versprei (nl. Interscope), het onlangs ‘n album uitgegee met die naam ‘Antichrist Superstar.’ Die ‘kunstenaars’ wat daarop sing is ‘n groep wat openlik Satanaanbidders is. Die leier van die groep, Marilyn Manson, sing bv. ‘Capitalism has made it this way, old-fashioned fascism will take it away.’ en ‘I am totalitarian’ terwyl ‘n banier wat die Nazi vlag naboots by hulle konserte vertoon word. In ‘n onderhoud met die Toronto Star het Manson gesê: ‘The Antichrist is the collective disbelief in God, and things in this record awaken that in people." Verder is Universal (verstaan die naam), die bekende Hollywoodse rolprentmaatskappy, ook ‘n filiaal van Seagram - (The Christian News, 9 Desember 1996).

Dan is daar ook nog die Oppenheimers van SA (7) - goud en diamante; Ted Turner van die VSA (8) - mediamagnaat (eienaar van CNN - wat reeds wêreldwyd is - hy het al by geleentheid gevra vir die verkiesing van ‘n ‘New Age’ president en op ‘n keer het hy gesê die tien gebooie van die Bybel is nou verouderd en toe met sy eie tien gebooie vir die mensdom vorendag gekom. Hy het ook al gesê die Christelike godsdiens is vir ‘verloorders’); Bill Gates van die VSA (9) - rekenaarsagteware-magnaat; Rupert Murdoch van Australië. (10) - mediamagnaat (so terloops, een van sy maatskappye hou die kopiereg op die New International Version van die Bybel. Hierdie vertaling verkoop tans die beste ter wêreld. Dit is dus te verstane hoekom hy so oor hierdie Bybel voel. Die tragiese is egter dat dit meer as 64 000 woorde minder as die King James Version bevat. Die Nuwe Afrikaanse Vertaling van 1983 is ongelukkig die ekwivalent van hierdie Bybel. Een van sy ander maatskappye beheer weer die poniekoerant, Sun, in Engeland, wat pornografie in hulle blaaie vertoon. Onthou die Woord sê in Matt. 7:18, "‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie."

Daar is nog ander wat genoem sou kon word soos Lord Peter Carrington van Engeland - bankier. Die Vatikaan belê hulle geld in sy bankgroep. Wie die finale tien gaan wees is moelik om te sê. Die uiteindelike tien konings of heersers kan heelparty van die genoemdes insluit. Daar is werklik nie ‘n gebied, ‘n sektor of ‘n faset van die lewe waar hierdie mense nie massiewe beheer uitoefen nie - dink net aan al die filiaalmaatskappye wat aan hulle hoofskap gekoppel is. Dit klink alles redelik onwerklik, maar hierdie tonele is besig om voor ons oë af te speel hier rondom die jaar 2 000.

 

2. DIE JESUÏTE

 

Die Jesuïtiese orde is ‘n priesterorde van die Rooms-Katolieke Kerk. ‘n Man met die naam Ignatius de Loyola het hierdie priesterorde in 1540 gestig. Hy het Pous Paulus III oortuig dat hy op ‘n ‘goddelike’ wyse ‘verlig’ is en dat hy ‘n soort broederbond in die lewe wil roep om die ‘Moeder Kerk’ te beskerm. Die Pous het hom toe tot onaantasbaar ("untouchable") verklaar. Daar is ook bronne wat die Mafia met hulle verbind. Die Jesuïte staan bekend as "The Society of Jesus" en dadelik sal opgemerk word dat hier besondere onderskeidings vermoë benodig word. Uit die naam kan maklik afgelei word dat hulle Christelik van aard is, maar hierdie Jesus het hoegenaamd niks te doen met die verlosser, die ware Jesus Christus nie. Hier word ‘n ander Jesus bedoel. Paulus praat daarvan in 2 Kor. 11:4. Hierdie Jesuïte het ‘n sleutelrol gespeel in die uitwissing van miljoene ware Christene tydens die groot Inkwisisie van die Roomse Kerk. Die groot rol wat hulle in daardie tyd gespeel het, het egter nie daar opgehou nie maar duur tot vandag toe nog onverpoosd voort. Hulle ontvang spesiale opleiding aan verskillende Jesuïtiese skole en inrigtings en word wêreldwyd in sleutelposisies geplaas om die weg te baan vir ‘n eenwêreldregering met ‘n eenwêreld kerk. In die volgende aanhaling kan duidelik gesien word watter invloed die Jesuïte in die wêreld het en hoe hulle op ‘n wye verskeidenheid terreine werksaam is: "The Character of the Jesuit - Draw the character as he seems in London and you will not recognise the portrait of the Jesuit in Rome. The Jesuit is the man of circumstances, despotic in Spain, constitutional in England, republican in Paraguay, bigot in Rome, idolator in India. He will assume and act out in his own person all the different features by which men are usually distinguished from each other. He will accompany the gay women of the world to the theatre and will share in the excess of the debauchee. Solemn countenance, he will take his place by the side of the religious man at church or revel in the tavern. He dresses in all garbs, speaks all languages, knows all customs, is present everywhere though nowhere recognised." (History of the Jesuits, G.B. Nicolini, 1884). Daar word gesê dat die Jesuïtiese priesterorde die Vatikaan en dus die Roomse Kerk totaal beheer. Die hoogste posisie in hierdie orde, nl. die ‘Jesuit General’ of die ‘Swart Pous’ soos hy genoem word, is eintlik die persoon wat die ‘Wit Pous’ van agter die skerms beheer. Die Pous soos wat die wêreld hom ken, is dus niks anders as bloot ‘n marionet nie.

‘n Hele aantal bekende internasionale politieke en godsdienstige leiers is dan ook Jesuïte of het op ’n stadium opleiding ontvang aan Jesuïtiese universiteite of colleges. Hierdie tersiêre inrigtings is regoor die wêreld versprei (waaronder ook talle in die VSA ). So het bv. die Nederlandse Eerste Minister, Rund Lubbers, aan ‘n Jesuïte College gestudeer. Hy is ook die man wat die argitek is van die Maastricht Verdrag, met die doel om Europa te verenig (Catholic Herald, 13 November 1992). Die vorige president van die Europese Kommissie, Jacques Delors, het ook Jesuïtiese opleiding ontvang en saam met Lubbers werk hy vir eenheid in Europa. Hy word ook beskou as ‘n toegewyde Katoliek met sterk sosialistiese oortuigings (Sunday Telegraph, 6 Januarie 1991). Die ‘Catholic Social Movement’ is ook geensins onduidelik oor hulle visie vir eenwording in Europa nie. Hulle glo "there is no nobler task than the unifying of our continent."

(Sky TV, ‘Hour of Power’, Feb. 1993). Die rol van die Jesuïte in die skepping van ‘n Nuwe Wêreldorde, kan dus nooit oorskat word nie, veral as in gedagte gehou word dat die stigter van die Illuminati ook ‘n voormalige Jesuit was. Tydens die Amerikaanse burgeroorlog het president Abraham Lincoln die rol van die Jesuïte besef toe hy gesê het: "This war could never have been possible without the sinister influence of the Jesuits. We owe it to Popery that we now see our land reddened with the blood of her noblest sons." (Fifty years in the Church of Rome, C. Chiniquy). Die skrywer van hierdie boek, self ‘n voormalige Roomse priester, sê verder dat die Jesuïte verantwoordelik was vir Lincoln se dood.

 

 

 

3. DIE VATIKAAN

 

Soos reeds afgelei kan word, is die politieke belangrikheid van die Vatikaan nie te betwis nie. Die verstommende politieke mag wat hierdie setel van die Roomse Kerk in die wêreld uitoefen, is onlosmaaklik verbind aan die uiteindelike eenwêreldregering wat in die nabye toekoms beslag gaan kry. Die rol van die Vatikaan in hierdie proses moet dus van nader beskou word. ‘n Voormalige Jesuïtiese professor aan die Vatikaanse ‘Pontifical Biblical Institute’, Malachi Martin, het die volgende gesê oor die besondere politieke rol van die Roomse Kerk vandag: "The Papacy is best placed to run any world government which may emerge. If tomorrow or next week by a sudden miracle, a one-world government were established, the Roman Church stands alone ... as the first fully realised, fully practising and totally independant geopolitical force in the current world arena. And the Pope is by definition the world’s first fully fledged geopolitical leader." Martin is nie die enigste een wat die Pous as ‘n moontlike wêreldleier beskou nie. Peregrine Worsthorne, die Rooms-Katolieke redakteur van die Sunday Telegraph, het in ‘n hoofartikel in Augustus 1991 vir Pous Johannes Paulus II beskryf as "the most political Pope of modern times." Dit was onder die opskrif ‘Now a Holy Roman Empire ?’ Hy het voortgegaan en gesê: "If European federalism triumphs, the EC will indeed be an empire. It will lack an emperor; but it will have the Pope." Die Vatikaan, hoe klein die staatjie ookal mag wees, word as ‘n uiters belangrike politieke rolspeler in die wêreld beskou. Groot nasies sluit diplomatieke bande met die Vatikaan en selfs ambassadeurs word uitgeruil. In 1994 het Israel ook betrekkinge met haar aangeknoop. Daar moet veel meer agter dit sit as wat die oppervlakte ons toon. Die Pous het al by verskeie geleenthede die Europese Parlement toegespreek en staatshoofde heg besondere hoë waarde aan sy uitsprake. Hulle buig letterlik en figuurlik voor hierdie ‘goddelike’ figuur. In sy boek "The Vatican Billions", skryf Avro Manhattan dat die Vatikaan oor geweldige rykdomme beskik wat ongeëwenaard is in die wêreld. Die Here het die nasies en konings van hierdie wêreld duidelik gewaarsku teen die ‘Moeder Kerk’. In Op. 17:1,2 en 18:3-9 lees ons van die oordele van God wat oor haar gaan kom in die laaste tyd.

 

4. DIE ‘COUNCIL ON FOREIGN RELATIONS’

 

Die oorsprong van die ‘Council on Foreign Relations’ (CFR), kan teruggevoer word na die einde van die Eerste Wêreldoorlog. Nadat die Nasie-Liga in 1920 tot stand gekom het, het die VSA homself buite hierdie vereniging van nasies gevind. Dit was egter uit vrye keuse dat hulle nie daarvan deel wou word nie. Pres. Woodrow Wilson van die VSA was egter self ‘n groot voorstander van wêreldeenheid. In 1914, vroeg in die oorlog, het hy reeds gesê "all nations must be absorbed into some great assosiation of nations ..." Die Amerikaanse senaat het egter teen deelname in die Nasie-Liga gestem en wou onafhanklik daarvan funksioneer. In Mei 1919, in Parys, het diesulkes met eenwêrelddrome mekaar ontmoet en die CFR het amptelik tot stand gekom. In 1921 is die Amerikaanse been onder die naam ‘Council on Foreign Relations’ in New York gestig deur Amerikaners wat wel die ‘visie’ vir ‘n wêreldregering gehad het. Die Britse been het die ‘Royal Institute of International Affairs’ geword, ook bekend as ‘Chatham House’. As ons na van die uitsprake van CFR lede kyk wat deur die jare gemaak is, kan hulle einddoel duidelik gesien word. So het J.P. Warburg in 1959 gesê "We are living in a perilous period of transition from the era of the fully sovereign nation-state to the era of world government." In 1960 het E. Roper ‘n toespraak gehou en ‘n geskrif uitgegee, beide met die titel ‘The Goal is Government of All the World.’ Die skrywer van die boek, "World Without Borders", Lester Brown (president van die Worldwatch Institute), het op ‘n geleentheid gesê: "[the] existing international system, ... must be replaced by a new world order."

H. S. Commager, skrywer van die ‘Declaration of INTERdependance’ (1975), om die VSA ingelyf te kry by die eenwêreld sisteme, het onder meer die volgende daarin verklaar: "To establish a new world order of compassion, peace, justice and security (sien 1 Thes. 5:3), it is essential that mankind free itself from the limitations of national prejudice, and acknowledge ... that all people are part of one global community ..." Baie van hierdie bogenoemde CFR lede mag dalk onbekend wees vir die man op straat. Hulle staan egter nie alleen in die politieke arena nie. Die volgende lys van name behoort meer bekend te klink: Dwight Eisenhower, J.F. Kennedy, Richard Nixon, Gerald Ford, Nelson Rockefeller, Jimmy Carter, Walter Mondale. Ja, hulle was en is almal lede van die CFR. Verder is dit interessant om daarop te let dat in die Amerikaanse verkiesingsveldtog van 1992, twee CFR lede teen mekaar meegeding het om die presidentskap van die VSA. Hulle was George Bush en Bill Clinton. Die CFR finansier ook o.a. die wêreldbekende tydskrifte Time, Life en Newsweek.

 

5. DIE ‘TRILATERAL COMMISSION’

 

In die vroeë sewentigs het ‘n Amerikaner, op daardie stadium hoof van die departement Russiese Studies aan die Universiteit van Columbia Z. Brzezinski, sterk gedagtes van wêreldeenwording begin koester. Hy wou die top breinkrag uit die wêrelde van die bankwese, industrieë, akademie en politiek bymekaar bring om sy doel te bereik. Nadat hy sy droom met David Rockefeller gedeel het en dié gedink het dit is haalbaar, is die ‘Trilateral Commission’ amptelik in 1973 gestig. Hierdie drie-sydige kommissie sou dan die beste uit drie wêrelddele byeen bring. Die drie gebiede wat hiervoor uitgekies is, was Noord-Amerika, Wes-Europa en Japan. Met die stigting is 75 lede uit hierdie drie wêreldstreke verkies en so is die drie sye van hierdie driehoek voltooi. In ‘n boek wat Brzezinski geskryf het, het hy dit duidelik laat blyk dat hy ‘n voorstander was van die integrering van lande se ekonomieë met hulle politieke- en verdedigingstesels. In die kommunistiese lande was dit reeds die geval, maar hy wou dit ook in die nie-kommunistiese lande sien gebeur. Die ‘Trilateral Commission’ het hierdie ideale in die praktyk toegepas deur te help dat noue samewerking tussen banke en die groot industrieë in hierdie genoemde wêreldstreke realiseer. Hierdie organisasie se strewe na ‘n nuwe wêreld orde kan dus duidelik gesien word. Op politieke gebied het hulle ook hulle werk gedoen. In 1976 het ‘n grondboontjieboer, sonder ‘n politieke agtergrond, die president van die VSA geword. Sy naam is Jimmy Carter. ‘n Paar jaar voor dit het David Rockefeller hom vir ‘n ete in London genooi en hom vertel van die nuutgestigte organisasie. Interessant was toe ook die plasing van verskillende lede van die ‘Trilateral Commission’ in die Carter-administrasie. Onder hulle was Walter Mondale (Visie-president), Cyrus Vance (buitelandse sake) en Harold Brown (verdediging). Dan was daar Brzezinski, Nasionale Veiligheids Raadgewer.

 

6. DIE ‘CLUB VAN ROME’

 

Dit blyk dat alle paaie tog op een of ander stadium na Rome lei. In die gedeeltes oor die Jesuïte en die Vatikaan, het ons reeds gesien watter rol die Roomse Kerk in die daarstelling van ‘n nuwe wêreldorde speel. Die ‘Club van Rome’, alhoewel verseker op een of ander manier verbind aan bogenoemde, is ‘n elitistiese groep van o.m. prominente wetenskaplikes, ekonome en industrialiste van regoor die wêreld. Hierdie ‘Club’ is in 1968 gestig met 75 uitgesoekte lede. Vyf jaar daarna het ‘n konfidensiële verslag van hulle na vore gekom met die titel: "Report on the Progress in the Strategy for Survival Project of the Club of Rome". Die verslag is verder omskryf as ‘n "Regionalised and Adaptive Model of the Global World System". Die name van twee van hulle direkteurs verskyn ook op die titelblad van die verslag. In ‘n 1980 verslag van die ‘Club of Rome’, word een van hulle mees prominente lede, ‘n bioloog aan ‘n Amerikaanse universiteit aangehaal waar hy sê: "It is necessary that the United States cut its population by two thirds within the next fifty years." Dit is natuurlik iets wat nie vanself sal gebeur nie. Hulle ‘plan’ dui op die absolute beheer van die wêreld. In 1978, met hulle tienjarige herdenking, is 400 spesiale gaste genooi om die geleentheid by te woon. Onder die genooides het o.a. ambassadeurs, staatsmanne, wetenskaplikes, ekonome en ander hooggeplaastes getel. Daar het die gaste onder meer die volgende aangehoor wat die doelstellings van hierdie groep in swart onderstreep het: "we have until 1988 at the latest for all nations to unite together in a new and wholehearted cooperation, or else planet Earth is doomed!" Ons weet dat dit toe nie gebeur het nie, nog nie. Alhoewel die duiwel angstig is om sy laaste kaarte te speel, sal hy maar geduldig moet wag totdat God hom daartoe toelaat. God het ‘n vasgestelde program en niemand kan dit verander nie. Hierdie voorbeeld is nog ‘n bewys dat God steeds ten volle in beheer van alles en almal is.

 

7. DIE BILDERBERGERS

 

Daar is ‘n illuminatie groep in die wêreld wat een maal per jaar byeenkom om die toekoms en koers van internasionale sake indringend te bespreek. Dit is meestal bekende politieke en ook minder bekende wêreldleiers op verskillende gebiede wat saam vergader met die doel voor oë om sonder Christus die wêreld in ‘n rigting te stuur. Ja, onder hierdie groep vind jy geen ware Christene nie. Tog glo hulle vas dat hulle in beheer is van die mensdom en dat ‘alles van hulle besluite afhang.’

Hierdie groep is baie gesteld daarop om absoluut konfidensieel te wees. Hulle vergaderings vind dan ook gewoonlik in groot geheimhouding plaas. Die naam ‘Bilderbergers’, word aan hulle verleen omdat hulle in 1954 in die dorpie Oosterbeek in Nederland by die ‘Hotel de Bilderberg’ ontstaan het. Soos met die meeste goeie eenwêreldskemas, het David Rockefeller ook ‘n hand in by die ‘Bilderbergers’. Hy was ook die dag met hulle stigting teenwoordig. Prins Bernhard, die man van Koningin Beatrix van Nederland, was die eerste voorsitter van hierdie groep. Die ‘Bilderbergers’ het ontstaan toe die elite van Europa (veral adelikes en bankiers) en belangrike persone uit die VSA (soos o.a. Rockefeller) byeengekom het om oor ‘n nuwe wêreld orde te besin. Die eenwording van Europa was van die begin af hoog op hulle prioriteitslys en vandaar moes hierdie gedagte dan uitgebrei word om wêreldeenwording te bewerk. In 1986 het hulle in Skotland bymekaar gekom en ‘n Skotse koerant het berig dat verskeie bekende internasionale figure daar teenwoordig was. Onder hulle was na bewering Henry Kissinger, Margaret Thatcher en die Prins van Wallis. Dit blyk dat hulle die doelstellings van die ‘Trilateral Commission’ ondersteun en daarom is dit glad nie vreemd dat van hulle lede ook Trilateraliste is nie. Onder hulle tel o.a. Henry Kissinger en David Rockefeller (hulle is ook ‘Council on Foreign Relations’ lede). Na bewering is die stigter van die ‘Club of Rome’ ook ‘n ‘Bilderberger’.

Daar kan dus gesien word hoe hierdie organisasies en groepe oorvleuel en hoe hulle almal eintlik dieselfde einddoel najaag, nl. die daarstelling van ‘n eenwêreldregering met absolute beheer. Hiermee word bedoel die beheer van die massas deur ‘n klein elitistiese groep.

In Junie 1999 het hierdie groep weer byeengekom. Hierdie keer was dit in Portugal. Daar is gewoonlik groot geheimhouding oor waar hulle vergader, maar soms kom ‘n koerant tog met ‘n storie oor hulle doen en late na vore. ‘n Engelstalige koerant in Portugal, The News, het in 1999 die eerste berig oor die ‘Bilderbergers’ gedra. Daarna is dit weer deur ‘n Skotse dagblad aangehaal. Vervolgens ‘n uittreksel uit laasgenoemde koerant:

 

"The winner of the Bilderberg scoop this year was a Portuguese newspaper, The News, which boasts that it is the country's largest-circulation English language newspaper. It has published the location and the detailed agenda of the conference ...

The News claimed, rather breathlessly, that the conference would open with ‘a review of the progress being made in the formation of an Asian bloc under the leadership of Japan. Free trade, a single currency and a political union similar to the European Union is planned for the region.’

Then delegates would turn to ‘the installation of an American Union, similar to the EU, with a quick review of the scheduled splintering of Canada.’

Next, continued The News, would be Kosovo: ‘They will discuss the formation of a greater Albanian state following 'trusteeship' of an 'independent' Kosovo, the dismemberment of Yugoslavia (by the return of its northern province, which has 350,000 ethnic Hungarians, to Hungary) as part of a general re-drawing of borders in the region (calculated to continue regional instability and conflict), and the reconstruction worth billions of dollars of the destroyed regional infrastructure at western taxpayers' expense.’

Another item, the paper said, would be the ‘ultimate replacement of Nato with a Western European Union army, probably sooner than later due to the bad press Nato has endured over this current campaign.’"

(Sunday Herald, 30 Mei 1999).

 

Daar is reeds een geldeenheid in Europa. Hulle werk al daaraan in Afrika. Nou hoor ons dit kom ook in Asië. Amerika (noord en suid) se eenwording is ook reeds beplan.

 

8. DIE VRYMESSELAARS

 

Hierdie naam is by baie mense bekend, maar baie min weet wat binne die organisasie gebeur. Die Vrymesselaars is seker een van die mees geheime organisasies ter wêreld. Hulle kom internasionaal voor en bestaan uit verskillende ordes. Die meeste mense wat aan hierdie organisasie behoort, besef hoegenaamd nie waarvoor hulle hul inlaat nie en sluit gewoonlik aan omdat die organisasie ‘goeie’ werk doen of omdat hulle ‘christelik’ van aard is. Daar bestaan ‘n hiërargie van 33 grade in die Vrymesselaars, maar by verre die meeste lede vorder nooit verder as die derde graad nie. Daarna word net sekere lede uitgekies om verder die trappe van die organisasie te klim. In die hoër grade kom daar egter ‘n stadium dat die ware God verloën moet word. Daar word dan ‘n god met die naam Jahbulon aangehang. Dit is so ‘n mengsel van die ware God en die duiwel. Ons weet egter dat die Satan lief daarvoor is om ‘n stukkie waarheid met ‘n groot leuen te verenig. Hierdie god Jahbulon is eintlik die Vrymesselaars se drie-eenheid. Dit is as volg afgelei: (Jah) Jahweh, die God van die Hebreers; (Bul) Baäl van Babilon; (On) Osiris van antieke Egipte. Daarom is dit ook nie vreemd nie dat die vader van die moderne Vrymesselary, Albert Pike, op 14 Julie 1889 (presies 100 jaar nadat die Franse Rewolusie ontketen is) gesê het "Lucifer is God". Hy het terselfdertyd ontken dat daar so iets soos Satanisme is, maar tog het hy geglo dat die een wat hulle aanbid ‘god’ is. Hy het egter nie besef dat hy met die vader van die leuens self te doen het nie (Joh. 8:44). As hy in die ware lig gewandel het, sou hy dit kon sien.

Die interessante omtrent die Vrymesselaars is dat hulle ‘n duidelike band met die Illuminati gehad het in die tyd toe Weishaupt daardie geheime organisasie gestig het. Hy het in daardie tyd sy plan vir ‘n nuwe wêreld orde met hulle gedeel. Hy het gesê dat so ‘n plan sou kon slaag, maar "in no other way but by secret associations, which will by degrees, and in silence, possess themselves of the government of the States, and make use of those means for this purpose ... " Hierdie aanhaling kom uit die boek "Proofs of a Conspiracy" van John Robison, ‘n 18de eeuse historikus en self ‘n Vrymesselaar. Hy skryf verder dat die Illuminati se hoofdoel was: "to abolish Christianity, and overturn all civil government." Ten spyte daarvan sê Robison dat deel van Weishaupt se suksesverhaal te wyte was aan die feit dat hy die Illuminati as ‘n Christelike organisasie voorgestel het. ‘n Mens kan duidelik sien by wie hy geleer het. Christelike leiers het toe ook by die Orde aangesluit. Weishaupt het hulle oortuig dat hy die wêreld wil verenig vir Christus. Dit is interessant dat dieselfde vandag weer gebeur. Christelike kerke regoor die wêreld is besig om te verenig (selfs met nie-Christelike kerke) om sodoende die wêreld vir Christus te wen. Die vraag is nou watter Christus dit is. Christelike eenheid is nie iets wat georganiseer kan word nie, maar dit leef spontaan in die harte van elkeen wat die geloof in die Seun van God deel. Dit is vir die ware Christen onmoontlik om deel van ‘n wêreldeenheid te word, want daardeur word outomaties kompromie met die wêreld aangegaan. Hier kan die byna volmaakte plan van die duiwel gesien word. Christene moet nou ‘n keuse maak. Hulle kan of deel van die sisteem word, of die Bybelse riglyn volg en hulle afsonder. Die ware Christene is die enigste struikelblok in die weg na wêreldeenheid en die beplanners daarvan weet dit. So, skryf die Vrymesselaar Robison, het Weishaupt gereageer toe ‘n Protestantse leier ook lid word van sy Orde: "You can’t imagine what respect and curiosity my priest-degree has raised; and, which is wonderful, a famous Protestant divine, who is now of the Order, is persuaded that the religion contained in it is the true sense of Christianity. O MAN, MAN! TO WHAT MAY’ST THOU NOT BE PERSUADED. Who would imagine that I was to be the founder of a new religion." Die naïwiteit van die meeste Christene staan dikwels in hulle pad omdat ‘n gebrek aan kennis oor die Woord in die meeste gevalle aan die orde van die dag is. Die Here het in Hos. 4: 6 gese: "My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis." As gevolg van hierdie gebrek word oneindige skade gely omdat die lig van die Heilige Gees nie geraadpleeg word nie. Daar is niks op hierdie aarde of in hierdie wêreld wat te donker is om deur God die Heilige Gees aan die lig gebring te word nie.

Alhoewel die Illuminati (onder hierdie naam) in die 1780's ‘amptelik’ ontbind het, is hulle werk tot ‘n groot mate deur die Vrymesselaars in Frankryk en later ook in Italië en die VSA voortgesit. Die ideaal van ‘n nuwe wêreld orde is op die wyse deur hierdie geheime organisasie oorgeneem en aansienlik uitgebrei. Albert Pike, 33ste graad Vrymesselaar, het in die vorige eeu reeds die militêre bloudruk vir drie wêreldoorloë opgetrek. Texe Marrs, sê in sy boek Circle of Intrigue, dat die Vrymesselaars in hulle hoogste bekende graad (die 33ste) baie waarde heg aan die term ‘Ordo ab chao’ of dan orde uit chaos. Volgens hierdie term moet daar eers chaos in die wêreld geskep word, waarna daar dan ‘n nuwe orde as oplossing aan die mensdom voorgehou sal word. Hierdie oplossing is egter die een wat die verleier van die mens aan hom wil kom aanbied. Dit het hoegenaamd niks met God se volmaakte oplossing, Jesus Christus, te doen nie. ‘n Ander interessante punt is dat die Vrymesselaars ook op een of ander wyse betrokke is by die beplanning vir die toekomstige herbouing van die tempel in Jerusalem. Dit sal die tempel wees waarin die Antichris homself in die groot verdrukking tot God sal verhef en sal voorgee dat hy God is

(2 Thes. 2: 4).

Iets wat min mense weet, is dat Norman Vincent Peale, skrywer van o.a. ‘The Power of Positive Thinking’ ook ‘n 33ste graad Vrymesselaar is. Hy erken dit self in sy autobiografie, The True Joy of Positive Living. Daar is baie dinge in die wêreld wat so reg klink, maar so ver van die waarheid is. As iemand vir jou se dat hy ook aan Jesus Christus glo, moet ‘n mens maar eers uitvind watter Jesus en watter Christus dit is. Daar is net een ware God, maar daar is baie wat Hom namaak en sy naam gebruik en misbruik (Mark. 13:22). Die Woord leer ons duidelik dat die lig geen gemeenskap met die duisternis het nie (2 Kor. 6:14b-16).

 

9. DIE KOMMUNISTE

 

Die ontstaan van die Kommunisme is onlosmaaklik verbind aan die doelstellings van die Illuminati. Soos reeds gesien is laasgenoemde organisasie se einddoel die oprigting van ‘n nuwe wêreld orde. Hulle het dan ook met hulle ontstaan ‘n fyn uitgewerkte plan ontwikkel wat in werking gestel moes word ten einde hulle groot doel te bereik. Die grondbeginsels van die Illuminati plan kan in die volgende hooftrekke saamgevat word:

1. die vernietiging van alle ordelike regering stelsels,

2. die vernietiging van alle tradisionele erfenis ,

3. die vernietiging van alle privaat eiendom,

4. die vernietiging van alle patriotisme,

5. die vernietiging van alle gesinsbande en

6. die vernietiging van alle (Christelike) godsdiens.

Hierdie grondbeginsels is presies dieselfde as wat in die Kommunistiese ideologie gevind word. Kommunisme as sodanig het in die vroeë 1850's in New York beslag gekry onder die naam ‘Communist International’. Trotsky wat reeds voor die Eerste Wêreldoorlog in New York woonagtig was, het ‘n groot rol gespeel in die aanloop tot die Bolsjewistiese rewolusie van 1917 in Rusland. Na bewering het die kapitalistiese elite van Europa (o.a. die Rothschilds), 20 miljoen dollar voorsien om die rewolusie in Rusland te finansier. Hulle wou die Russiese Tsaar uit die weg ruim om ‘n ‘nuwe’ politieke stelsel, die Kommunisme, daar te vestig. Die Kommunisme sou dan die teenvoeter wees vir die kapitalisme van die Weste. Op hierdie wyse wou die kapitalistiese elite (wat hulleself verhewe beskou bo beide stelsels) hulle plan vir ‘n nuwe wêreld orde bevorder. Die Kommuniste sou dan die Illuminati plan met sy grondbeginsels in werking stel en dit uiteindelik wêreldwyd implimenteer. Die Kommuniste, grotendeels ateïsties in hulle godsdiensbeskouing, sou dus die ideale groep wees om hierdie onbybelse ideaal verder te voer. Die ‘Christelike’ Westerse regerings (waarvan baie vroeër werklik volgens Bybelse beginsels regeer het) sou nooit hierdie duiwels-geïnspireerde beginsels aan die Westerse nasies kon verkoop nie. Die sirkel is uiteindelik voltooi en die diaboliese plan nader vandag teen ‘n verstommende tempo sy einddoel. Dit is ook baie belangrik om te onthou dat die Kommuniste self nie hierdie sameswering besef of begryp nie. Die groot massas in Rusland en selfs die meeste van die regeringslui glo tot vandag werklik dat Kommunisme ‘n werkbare oplossing vir sosiale en maatskaplike probleme kan bied. Kommunisme het dan ook geweldig veld gewen regoor die wêreld. Die land met die grootste bevolking in die wêreld, China, is vandag steeds Kommunisties. Die vader van die leuens bedrieg egter vandag biljoene mense deur aan hulle te verkondig dat Kommunisme dood is. Die grondbeginsels van die Kommunisme (wat dieselfde is as die oorspronklike Illuminati plan), word vandag stap vir stap binne die Westerse nasies geïmplimenteer en so min besef dit. As ‘n mens die genoemde 6 stappe van nader bekyk, dan sien jy hoe dit in ons dag volbring word. Christelike norme word tot in die grond afgebreek en dit is net daar waar die ware kinders van God nog die sout van die aarde is, dat die totale verrotting teëgehou word.

Die woord Kommunisme het deur die jare ‘n vloekwoord onder die Westerse nasies geword. Dit is a.g.v. die negatiewe beeld wat hierdie ideologie in die gedagtes van die vry Westerling na vore bring. Tradisioneel word Kommunisme deur die Westerling beskou as ‘n onderdrukkende regeringsvorm, wat alle vryhede van die mens wil beroof, en dit is ook presies wat dit is. Aangesien die woord Kommunisme hierdie tipe vrees by die Westerse nasies ontlok, is daar in ons dag ‘n klemverskuiwing aangebring. Vandag hoor ons nie meer van die verskriklike Kommuniste nie, maar wel van die mensliewende sosiale demokrate wat oral hulle verskyning maak. Ons moet onthou dat Sosialisme en Kommunisme feitlik dieselfde is. Daarom moet ons hier fyn onderskei. ‘n Sosiale demokrasie is niks anders as Sosialisme nie en op sy beurt is dit op ‘n paar tegniese punte na, Kommunisme. Die sirkel is weereens voltooi en die weg goed gebaan vir die nuwe wêreld orde. Daarom vind ons vandag talle sosiale demokrasieë wat oral oor die wêreld tot stand kom (later meer hieroor). Die woord ‘sosiaal’ val sag op die oor en klink so menslik, daarom die groot klem op menseregte in alle sosiale demokrasieë. Die mens het egter geen regte as sodanig nie. Die feit dat ‘n mens asem haal en jou hart klop, is reeds ‘n voorreg en ‘n genadegawe van God. Die lewe opsigself is dus ‘n gawe en die enigste reg wat die mens nou het, is om God daarmee te verheerlik. Wêreldwye Sosialisme is uiteindelik die doel van hulle wat ‘n eenwêreldregering beplan. In die groot verdrukking, wat in die nabye toekoms ‘n aanvang sal neem, sal dit aanvanklik die regeringsvorm van die wêreld wees. Die Christelike godsdiens sal totaal verban wees en die mens sal sy eie god wees. Dit is mos presies wat die slang vir Eva in die tuin van Eden gesê het : "julle [sal] soos God ... wees" (Gen. 3:5). As ‘n mens homself dien, kan jy nie ook tegelykertyd vir God dien nie. As die mens dan nie die ware God dien nie, dan dien jy noodgedwonge die god van hierdie wêreld (2 Kor. 4:4). Sy naam is alom bekend.

As ‘n mens nou gaan kyk na die rol van Kommunisme in die daarstelling van ‘n nuwe wêreld orde, sal ons hulle rooi lyn dwarsdeur hierdie eeu kan volg. Reeds in 1915 het Lenin sy ideaal vir ‘n "United States of the World" duidelik gemaak. In 1936, in die amptelike program van die "Communist International", het die kommuniste verklaar dat: "Dictatorship can be established only by a victory of socialism in different countries or groups of countries, after which the proletariat republics would unite on federal lines with those already in existence, and this system of federal unions would expand ... at length forming the World Union of Socialist Soviet Republics." Die voormalige Sowjet diktator, Joseph Stalin, het in 1946 die volgende gesê in hierdie verband: "I attribute great importance to U.N.O [die V.V.O soos dit vroëer genoem is] since it is a serious instrument for preservation of peace and international security." ‘n Amerikaanse senator, James O. Eastland, het in 1952 gesê: "I am appalled at the extensive evidence indicating that there is today in the UN among the American employees there, the greatest concentration of Communists ... ever encountered ..." Dan het ‘n voormalige top lid van die Amerikaanse Kommunistiese Party, Joseph Z. Kornfeder, wat self 3 jaar in Moskou was en opleiding daar ontvang het, in 1955 die volgende gesê: " ... the UN ‘blueprint’ is a Communist one." Hy het verder ook gesê: "Its [the UN’s] internal setup, Communist designed, is a pattern for sociological conquest; aimed to serve the purpose of Communist penetration of the West. It is ingenious and deceptive." ‘n Verdere interessante punt om op te let, is die Verenigde Nasies se top militêre pos en deur wie dit beklee is sedert die ontstaan van hierdie organisasie. Die pos van Onder- Sekretaris-Generaal van Politieke Aangeleenthede en Veiligheidsraad Aangeleenthede is vanaf 1946 tot 1992 deur veertien persone beklee. Uit hierdie veertien was dertien uit die USSR. Die ander een was uit Sosialistiese Joegoe-Slawië. In 1992 is twee persone aangewys om hierdie pos te vul, nl. V. Petrovsky van Rusland en J.O.C. Jonah van Sierra Leone. Miskien was dit maar net toevallig.

 

 

 

10. DIE KAPITALISTE

 

Kapitalisme is sonder twyfel die beste ekonomiese sisteem wat bestaan. Dit is ook die Bybelse een. Elkeen het die vryheid om geld te verdien soos hy wil, mits ander nie daardeur benadeel word nie. Ongelukkig is dit juis hier waar die probleem begin het. Aangesien God aan die mens ‘n vrye wil gegee het, kon die mens dus kies wat hy wou doen en hoe hy dit wil doen. Die probleem lê nie by God nie, maar by die mens wat telkens die verkeerde keuse uitoefen. Indien weergebore, is die mens ‘n nuwe skepsel en val sy wil nou in lyn met God se wil. Op hierdie wyse en in gehoorsaamheid aan God se Woord, bly die mens dan op die regte pad omdat die Heilige Gees hom lei. Die probleem kom nou as die mens nie weergebore is nie en in daardie staat sy eie besluite moet neem. As ‘n mens dit in gedagte hou en jy bestudeer 1 Tim. 6:10 dan kan duidelik gesien word watter gevare dit vir die mens en die mensdom kan inhou. Ons lees in daardie gedeelte die volgende woorde: "Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor." Die eerste deel van hierdie vers raak die kern van die probleem aan. Die verdorwe mens dink dat as hy al die geld van die wêreld besit, kan hy ‘n god in sy eie reg wees. Die Teëstander van God het sekerlik die moontlikhede daarrondom besef, want ons moet onthou hy ken die Bybel. Dit sou die basis van sy plan word om die mens mee te verlei en om homself uiteindelik as die koning van ‘n nuwe wêreld orde te vestig. Die kapitalistiese elite, hulle wat ongekende en byna onberekenbare rykdomme versamel het, het presies in hierdie plan gepas. Van die vroegste tye af was daar altyd diegene wat nooit met net genoeg tevrede sou wees nie. Hulle moes altyd meer en meer inpalm in ‘n poging om hulle onversadigbare drang na geld te versadig. Hand aan hand hiermee is natuurlik die onophoudelike soeke na wyses om in hierdie groeiende behoefte te voorsien. Dit bring ons by die allesoorheersende sug na mag. Hoe meer geld jy het, hoe meer mag het jy en hoe meer mag jy besit, hoe meer geld kan jy bekom. Net God se genade kan ‘n mens uit hierdie kringloop bevry. Die Here het in sy Woord gewaarsku dat dit baie moeilik is vir ‘n ryk man om die koninkryk van die hemele in te gaan (Luk. 18:18-30). Dieselfde God sê verder: "Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en Hy sal al hierdie dinge vir julle byvoeg." (Matt. 6:33). Die superrykes van die wêreld het egter hulle eie siening oor hierdie saak. Hulle glo veel eerder in hulle eie motto, nl. ‘Soek eers die koninkryk van hierdie wêreld en dan kan ons maak en koop wat ons wil.’ Dit is hoe die verdorwe hart van die natuurlike mens redeneer.

Die kapitalistiese elite of die ‘geldmag’, soos dikwels na hulle verwys word, was grotendeels verantwoordelik vir verskeie groot internasionale gebeure die afgelope twee eeue. Hulle sug na mag en wêreldoorheersing het hulle noodgedwonge gebring by die gedagte van ‘n nuwe wêreld orde waarin hulleself die septer swaai. Sedert die laat 18de eeu, was daar veral ‘n paar Europese families wat sterk na vore getreë het in hierdie verband. Hulle het ‘n lang geskiedenis agter hulle gehad en tot vandag toe is hulle nasate steeds aktief in hierdie strewe na ‘n eenwêreld orde. Aan die een kant was daar die koninklike bloedlyn wat teruggevoer kan word na die ‘Heilige’ Romeinse Ryk. Uit hulle het o.a. die Habsburgs van Oostenryk en die Spaanse Habsburgs gekom. Dit is interessant dat van hulle voorouers, uit beide koninklike lyne, op sekere stadiums die titel ‘Koning van Jerusalem’ gedra het. Vandag is daar weer van hulle afstammelinge wat hierdie titel aangeneem het. Hulle is Otto von Habsburg van Oostenryk (lid van die Europese Parlement) en Koning Juan Carlos van Spanje. Dit is wat Jesus Christus sal wees wanneer Hy kom om op aarde te regeer (Jer. 23:5). Hier het ons nog ‘n bewys van mense wat graag soos God wil wees. Aan die anderkant was daar die bankiers van Europa. Daar was o.a. die Warburgs en die Schiffs, maar die bekendste familie in die verband is sekerlik die Rothschilds. Meyer Amschel Rothschild het eers vir rabbi gestudeer, maar het dit laat vaar vir ‘n loopbaan in die bankwese. Hy en sy oudste seun het hierdie bekende bankgroep in Frankfurt in Duitsland gestig, terwyl sy ander vier seuns onderskeidelik takke in Parys, Londen, Wenen en Napels begin het. Teen 1850 het die Huis van Rothschild groter rykdom besit as die koninklike families van Europa en Brittanje saam. Uit verskeie bronne blyk dit dat hulle die Illuminati gefinansier het en op die manier agter die skerms betrokke was by o.a. beide wêreldoorloë. Die kapitalistiese elite was betrokke by die skepping van kommunisme. Daardeur het hulle die wêreld in twee groot magsblokke verdeel en dit het outomaties tot verskeie verwoestende oorloë gelei. Die gedagte van eers oorlog en dan vrede het hiermee in die praktyk ‘n werklikheid geword. Daar moes oorlog wees om uiteindelik vrede daarteen te kon afspeel. Op die manier is oorloë geskep deurdat die groot kapitaliste beide kante gefinansier het. Hierdie goddelose plan het dan ook dividende voort gebring op die pad na ‘n nuwe wêreldorde. So het WO I gelei tot die stigting van die Nasie-Liga en WO II het uitgeloop op die ontstaan van die Verenigde Volke Organisasie. Hulle beplan dat die volgende groot oorlog sal lei tot die uiteindelike ideaal, die amptelike nuwe wêreldorde. Na so ‘n oorlog sal die sug na vrede so groot wees onder die nasies, dat hulle bereid sal wees om feitlik enige voorstel in dié verband te aanvaar. Terug na die Rothschilds. Hulle het ook die Standard Oil Company vir Rockefeller in Amerika gefinansier. Die geldmag moes ook stewig in die VSA gevestig word om daar na eenwêreld belange om te sien. ‘n Nuwe wêreldorde sonder Amerika sou nooit werk nie en alles moes in die stryd gewerp word om hierdie groot land gereed te maak daarvoor. Die rol wat die Rockefeller-familie in Amerika gespeel het en steeds speel, is ‘n verhaal op sy eie. Hulle geld het in baie opsigte gehelp om struikelblokke in die weg na ‘n eenwêreldregering uit die pad te kry. In Maart 1947, het John D. Rockefeller III byvoorbeeld $ 8.5 miljoen geskenk om ‘n stuk grond te koop vir die oprigting van die Verenigde Nasies se hoofkantoor in Manhattan, New York. Hier het die Rockefellers ondubbelsinnig gewys waar hulle hart lê. Dit was nie ‘n geïsoleerde geval nie en groot bedrae geld word op ‘n gereelde basis aan hierdie organisasie en sy substrukture voorsien. Die volle omvang van die superrykes se aandeel in die opmars na ‘n eenwêreld politieke orde, sal egter baie moeilik bepaal kan word.

Daar is nog talle ander rolspelers wat ook saamwerk om ‘n nuwe wêreld bestel gevestig te kry. Dit is egter belangrik om in te sien dat al hierdie verskillende groepe en organisasies nie noodwendig bewustelik of op die oppervlak in ‘n sameswering betrokke is nie. In baie gevalle weet hulle dalk nie eens van mekaar se doen en late nie, maar tog werk hulle na dieselfde einddoel. Die rede hiervoor is omdat hulle dieselfde vader het en hy is agter die skerms koorsagtig besig om sy finale plan tot uitvoer te bring. Die rol van die groot kapitaliste in die beweging na ‘n nuwe wêreld orde, is en bly seker die grootste. Sonder geld sou hierdie ideaal net ‘n droom bly.

Deesdae is daar ‘n nuwe rigting waarin politici neig. Hulle noem dit die Derde Weg of dan ‘The Third Way.’ Dit sou dan blykbaar dui op ‘n midde weg tussen kommunisme en die ander ‘uiterste’, nl. kapitalisme!

 

Hier volg ‘n paar van die belangrikste en bekendste politieke strukture wat al reeds geruime tyd in plek is om die weg te baan vir die komende nuwe wêreldorde:

 

VERENIGDE NASIES

 

Hierdie organisasie is in 1945, net na die tweede wêreldoorlog, gestig onder die naam V.V.O. Hulle doelstellings is om vrede en veiligheid in die wêreld daar te stel. Dit klink alles so mooi, maar sonder God is hulle tot mislukking gedoem. Huidiglik is daar al meer as 185 lidlande. Hulle veiligheidsraad se permanente lede is China, Frankryk, Rusland, die Verenigde Koninkryk en die VSA. Die naam, Verenigde Nasies, sê uiteindelik alles.

 

Vanaf 6-8 September 2000 het die VN hulle grootste beraad nog gehou waaraan ongeveer 160 konings, presidente en eerste ministers deelgeneem het. Dit is in New York gehou en belangrike besluite is daar geneem:

 

"The United Nations Millennium summit in New York has adopted a declaration setting targets for tackling poverty and disease and promising to make the UN more effective at peacekeeping. We have a duty... to all the world's people, especially the most vulnerable, and in particular, the children of the world.

They had set targets to move towards eradicating extreme poverty. They demanded that the UN strengthened its capacity to keep the peace, and almost everyone had called for a comprehensive reform of the Security Council.

But Mr Annan turned things back on the member states by saying that it was their responsibility to make sure the UN reached the goals it set itself.

Declaration goals for 2015 - Halve the number of people living on less than $1 a day; Halve the number of people without safe drinking water; Enable all children to complete primary school;

Halt and reverse the spread of Aids and Malaria ... [werklik?]

Declaration goals for 2020 - Improve the lives of 100 milllion slum dwellers

Close the digital divide - It also promises to give the UN the resources and tools it needs to maintain peace and security more effectively."

(BBC, 9 September 2000).

Die laaste punt oor ‘peace and security’ is ‘n onweerlegbare teken dat ons in die doodsnikke van hierdie bedeling leef. In 1 Thess. 5:3 waarsku die Woord ons dat die einde naby is wanneer hulle roep "vrede en veiligheid". Hierdie poging sonder die Christus van die Bybel sal fataal wees.

Die ander vraag is: Moet die probleme met die helfte gesny word of moet die mense so drasties verminder word?

‘STATE OF THE WORLD FORUM’

 

Vanaf 4 - 10 September 2000 is die mees onlangse State of the World Forum gehou - ook in New York. Die openingstoespraak is op 5 September waargeneem deur die voormalige President van die Sovjet-Unie, Mikhail Gorbachev. Sy onderwerp was:

‘Globalization and the New World Order.’ M.a.w. ‘die nuwe toring van Babel’ ! So terloops, hy het tans ‘n kantoor in ‘n ou weermagkwartier in die Presidio naby San Francisco. Die wêreld verander vinnig of lyk dit net so?

‘n ‘Indrukwekkende’ lys van sprekers het ook daar opgetree wat wissel van wetenskaplikes, musici, ‘new agers’, spiritiste, Rooms-Katolieke, Moslems ens. Onder die deelnemers was Stephen Rockefeller (wat ook einde 1999 opgetree het by die Parlement van Wêreldgodsdienste in Kaapstad), Maurice Strong van die VN en voorsitter van die Earth Council Institute (wat ‘n tempel ter ere van die songod op sy landgoed in die Baca Grande opgerig het), John Naisbitt van die Futurist tydskrif (wat hom al jare beywer vir ‘n kontantlose samelewing en die gebruik van mikroskyfies in die mens), Jean Houston (mistikus, astroloog en waarseêr), Deepak Chopra (‘new ager’ wat sal praat oor ‘How to know God’) en Steven Covey wat die blitsverkoper boek, The Seven Habits of Highly Effective People geskryf het). Hierdie en ander talle persone het besluit in watter rigting die mensdom moet beweeg.

 

IMF

 

Die Internasionale Monetêre Fonds het in 1945 tot stand gekom, saam met die VN. Dit is ‘n substruktuur van die Verenigde Nasies. Hulle wil internasionale monetêre samewerking stimuleer en het in Desember 1995 reeds 181 lede gehad.

 

DIE WÊRELDBANK

 

Hierdie bank is ook in 1945 gestig en is ook ‘n substruktuur van die VN. Hulle het rondom 180 lede en slegs lande wat ook lid van die IMF is, mag aansoek doen om lidmaatskap van die Wêreldbank. Saam met die IMF leen hulle graag geld uit. So het baie nasies al hulle slawe geword.

WÊRELDHOF

 

Gestig in 1945, saam met die Verenigde Nasies. Uiteindelik sal hierdie hof seker vervang word deur die nuwe Internasionale Kriminele Hof wat in 1998 tot stand gekom het.

 

‘COUNCIL OF EUROPE’

 

Hierdie raad is in 1949 gestig en was die eerste amptelike stap om Europa te verenig. Die ‘Council of Europe’ koördineer wetgewing op ekonomiese, sosiale, kulturele en wetenskaplike gebied. Op 25 Januarie hierdie jaar, het Rusland amptelik die 39ste lid van die raad geword. Hulle het dan ook besluit om God openlik te tart deur ‘n plakkaat van hulle te laat maak waar die Toring van Babel op uitgebeeld word. Bo die toring is daar ‘n hele aantal okkultiese pentagramme aangebring. Die bewoording onderaan lees as volg:

‘Europe: Many tongues, one voice.’ Hiermee het hulle duidelik verklaar watter god hulle dien.

 

NAVO

 

Die Noord-Atlantiese Verdrags Organisasie het in 1949 tot stand gekom. Dit is ‘n streeksalliansie vir die gesamentlike verdediging van die 16 lidlande en die 27 lede van die ‘partnerships for peace’ program. ‘n Amerikaanse generaal is die hoof van hulle magte. ‘n Voormalige sekretaris-generaal van NAVO, Joseph Lonz, het gesê: "The slowly but steadily advancing unity of Europe is the most promising guarantee of our ideals of one world government."

 

EUROPESE GEMEENSKAPSMARK

 

Na die ondertekening van die ‘Treaty of Rome’ in 1957, het die die EC en die EEC in 1967 saam ingeskakel onder die naam, Europese Gemeenskapsmark. Dit is interessant dat dit die jaar was waarin Israel die sesdaagse oorlog gewen het. Die tyd was toe ryp om die ou Romeinse Ryk te laat herleef. Toe Griekeland in 1981 lid geword het, het hulle premier die volgende gesê : "I believe that the unification of Europe will be the most important political event in the history of our continent, ... it will even up the balance of power in the world ... and will contribute to the consolidation of world order and peace."

 

EUROPESE PARLEMENT

 

Hierdie parlement is vir die eertse keer in Junie 1979 verkies en het in 1980 sy eerste sitting beleef. In 1984, met die tweede verkiesing van die Europese Parlement, het hulle ‘n posseël uitgereik met ‘n verstommende illustrasie daarop. Op die seël is daar ‘n vrou wat ry op ‘n dier. Onder die dier is daar sewe seegolwe wat ook op berge kan dui. Lees gerus Op. 17:1-3, 9, 15. In 1994 is daar 567 lede tot die parlement verkies, waaronder baie Sosiaal-demokrate en Sosialiste. In 1999 is ‘n nuwe parlement verkies.

 

EUROPESE UNIE

 

In November 1993 het die Europese Unie tot stand gekom met die inwerkingstelling van die Maastricht Verdrag. Die naam sê presies wat hulle beoog, nl. Een Europa. In hierdie unie is al die Europese organisasies wat vir eenheid in Europa gewerk het, opgeneem. Onder hulle is die EC en die EEC. Huidiglik is daar 15 lande wat lede van die unie is. Deel van hulle beplanning sluit in ‘n ‘Inter- Governmental Conference’ (IGC), wat die vordering met die Maastricht Verdrag (Europese eenheid) binne die Europese Unie monitor. Die IGC het geëindig met ‘n spitsberaad in Junie 1997 in Amsterdam.

Huidiglik is die Europese Unie besig om geweldig uit te brei en wil hulle selfs ambassades in ander lande gaan vestig:

 

"The European Union would create a fully fledged foreign service, with its own embassies around the world and an elite training academy, under plans approved by the European Parliament yesterday."

(London Telegraph, 6 September 2000).

 

Die Europese Unie het ook in Januarie 1999 hulle nuwe enkelgeldeenheid, die Euro, in gebruik geneem. In 2002 gaan nog lande in Europa tot hierdie stap oorgaan. Baie interessant is die simbool van die Europese Unie, asook van die Euro self. Die EU se simbool is twaalf sterre en die Euro se simbool bevat twee sonstrale wat skyn in ‘n halfmaan. Hierdie laat ‘n mens baie dink aan son-, maan- en steraanbidding. In die Romeine se versinnebeelding van hulle gode was Jupiter die songod, met een van sy mane, bekend as sy dogter Europa. In Op. 12:1 lees jy van ‘n vrou wat bekleed is met die son en onder haar voete is die maan, terwyl sy ‘n kroon met twaalf sterre dra. Dit verwys ook weer terug na Josef se droom in Gen. 37:9 waar die son, maan en elf sterre voor Josef neergebuig het. Josef self was dan die twaalfde ster en saam het dit gedui op die twaalf seuns van Jakob (Israel). Die EU wil juis ook weer regeer oor die stad Jerusalem en oor Israel net soos wat die Romeinse Ryk destyds oor Israel regeer het met Jesus se eerste koms na die aarde. Europa was op ‘n tyd ‘n sterk Christelike vesting, na die hervorming, maar alles het verander. In Hand. 7:42,43 lees ons dat God Israel ook op ‘n stadium oorgegee het om die "leër van die hemel te dien" (son en maan ens.) en "die ster van julle god Remfan," Vandag is Europa weer grootliks Rooms-Katoliek en saam met sy godsdienstige vleuel mik die EU na die land Israel. Dit is die middelpunt van die bewoonde wêreld en die ideale plek om vanuit te regeer.

Die EU begin egter alreeds op gevaarlike terrein beweeg deurdat uiters uitdagende uitlatings deur hulle amptenare gemaak word.

Die AFP nuusdiens het op 9 Junie 2000 soos volg berig:

 

"The European Union needs to be seen ‘to do more for itself’ on the world stage in order to check a US tendency for unilateral action, according to EU External Affairs Commissioner Chris Patten.

"In the past, people asked God to deliver them from evil," he said. "Today they look to international institutions - and in Europe, that means the European Union."

Watter uitdagende, dog profetiese woorde van Patten oor wie die Europese Unie eintlik moet wees.

 

OAE

 

Die Organisasie vir Afrika Eenheid is ‘n organisasie soos die Europese Unie, maar het nog nie naastenby so ver gevorder nie. Die media het reeds berig dat "die gedagte is om ‘n liggaam soortgelyk aan die Europese Unie (EU) vir Afrika tot stand te bring." Hulle beplan egter ook ‘n Afrika-parlement, wat die idee is van ‘n berugte Afrika leier: "Die gedagte vir ‘n Afrika-parlement is die van genl. Moeammar Ghaddafi van Libië," Hy is blykbaar besig om ‘n veldtog te voer "vir die vestiging van ‘n Verenigde State van Afrika" (Die Volksblad, 13 Maart 2000). Daar was onlangs selfs sprake van ‘n enkel president vir die hele Afrika. Die kanse vir ‘n magtige diktatorskap sou natuurlik baie groot wees in so ‘n geval.

 

WÊRELD PARLEMENT

 

Die Wêreld Grondwet- en Parlement Assosiasie is reeds in 1959 gestig. Hulle leuse is die volgende: "Let us raise a standard to which the wise and the honest can repair!" Voorlopige Wêreld Parlemente het reeds in 1982, 1985, 1987, 1996 en 1999 gesit. Hierdie Parlement werk saam met die ‘Constitution for the Federation of Earth’ vir die spoedige totstandkoming van ‘n Wêreldregering. In hulle geskrifte sit hulle die dringende noodsaaklikheid daarvoor duidelik uiteen.

 

Hierdie is maar ‘n paar van die bekendste en grootste organisasies wat hulle vir ‘n nuwe orde op aarde beywer. Daar sou natuurlik nog veel meer genoem kon word, maar almal het op die ou end presies dieselfde einddoel.

 

 

 

 

 

 

 

DIE NUWE WÊRELD EKONOMIE

 

 

 

 

‘n Wye verskeidenheid ekonomiese faktore moet vandag in ag geneem word om ‘n goeie berekende oordeel te kan fel oor die erns van die huidige wêreldsituasie. Wat is die groot tendense wat ons nou in die finansiële wêreld kan onderskei?

 

a) WERKLOOSHEID

 

In Februarie 1997 reeds sou die werkloosheidsyfer in Duitsland, van alle lande, al rondom 4.5 miljoen gewees het. Dit sou die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog wees dat hierdie land se syfer verby die 4 miljoen kerf beweeg. Daar word gereken dat hierdie stand van sake laas in die dertigerjare (groot depressie) gesien is.

(The Citizen, 08.01.97).

 

In Februarie 1999, was Japan se werkloosheidsyfer reeds op byna 3 miljoen. Dit het in een jaar alleen (1998) met sowat 600 000 gestyg.

Dit behoort eintlik heelwat hoër te wees, omdat Japan almal wat selfs net een uur per maand werk ook as ‘n werknemer bestempel.

(Sake Volksblad, 08.03.99).

In Japan het daar in 1999 alleen meer as 33000 mense selfmoord gepleeg. Die helfte blykbaar oor swak gesondheid, maar die ander helfte oor die swak ekonomiese situasie en ook oor die swak vooruitsigte (Associated Press, 18.08.2000).

 

In Indië is groot stakings in 1998 gehou, omdat die Indiese regering meer as 5 miljoen staatsamptenare gaan afdank. Hulle inflasie het ook binne die bestek van ‘n paar maande verdubbel (The Citizen, 12.12.98).

 

In Suid-Korea en ook in Thailand staan die werkloosheidsyfer tans op nagenoeg 2 miljoen elk. In Suid-Korea verteenwoordig dit ‘n styging vanaf 3% tot 9% - dus het dit verdriedubbel en dit oor ‘n kort tydperk (Die Volksblad, 17.02.99).

 

In Amerika het talle maatskappye in 1998 begin om duisende werkers af te dank. Onder die groepe is Johnson & Johnson, Mobil, General Motors, Ford en Kellogs. Die Boeing maatskappy alleen het 20 000 afgedank (Beeld, 07.12.98). Nagenoeg 200 000 fabriekswerkers is uiteindelik in 1998 in die VSA afgedank. Natuurlik word dit net herstrukturering genoem. (The Citizen, 05.01.99). In Nashville, Tennessee, die hart van Country musiek in Amerika, het talle plate maatskappye, onder wie ook Decca, reeds hulle deure gesluit. Dolly Parton was een wat haar kontrak verloor het. Daar word bereken dat 10% van werknemers in die bedryf en 20% van die liedjieskrywers ander werk sal moet gaan soek (The Citizen, 05.03.99).

 

In Engeland lyk dit nie veel beter nie. The Star van 6 Augustus 1998 het genoem dat: "Widespread job losses and factory closures were imminent ... " Einde 1998 het dinge nog slegter vertoon toe na die Britse ekonomie verwys is as dat dit in ‘n afwaartse spiraal beland het. Daar is ook hier ooreenkomste met die 1930's aangetoon.

(The Citizen, 22.12.98).

 

Na die groot ekonomiese krisis wat in 1997-1998 in Asië geheers het, is daar nou sowat 200 miljoen ‘nuwe armes’ in die wêreld. Dit is aldus die president van die Wêreldbank. ‘n Nuwe benadering tot die wêreldekonomie is blykbaar nodig (Die Volksblad, 04.06.99).

 

Suid-Afrika het vanaf 1994-1998 ongeveer 500 000 werkgeleenthede verloor (Die Volksblad, 13.10.98). Die Suid-Afrikaanse regering het beplan om die getal staatsamptenare met sowat 300 000 te verminder. Byna 57 000 het teen 1999 reeds aftreepakkette aanvaar.

(Die Volksblad, 15.02.99) .

 

Die groot hotelgroep, Sun International, het in 1999 aangekondig dat hulle 2 000 van hulle 10 000 werknemers in Suidelike-Afrika gaan afdank. Dit is een vyfde van hulle arbeidsmag.

(Die Volksblad, 13.02.99).

 

Die versekeringsmaatskappy, Sanlam, het in 1998 van omtrent 1 000 werknemers ontslae geraak en hulle voorsitter het aangekondig dat nog afdankings verwag kan word (The Citizen, 11.03.99).

 

b) SKULD

 

Amerika se amptelike openbare skuld het op 7 September 2000 gestaan op $ 5.676 triljoen (CNN, 8 September 2000). Dit styg steeds met sowat $ 204 miljoen per dag sedert 1 Junie 1999

(Bureau of the Public Debt, US Department of the Treasury).

Die private skuld in die VSA lyk soos volg (1996 syfers):

Huishoudelik: $ 4.4443 triljoen

Besigheid: $ 4.3197 triljoen

Totaal: $ 8.7640 triljoen

(Board of Governors of the Federal Reserve System, Flow of Funds Accounts, Quarterly Z.1 Release, D.3 Debt Outstanding by Sector, 12 Junie 1997). Die groottotaal van openbare en private skuld is dus gesamentlik $14.4 triljoen. ‘n Triljoen is ‘n miljoen keer miljoen! Sommige ekonome kom deedae egter met die slim storie dat skuld eintlik ‘n baie goeie ding vir ‘n land is. Hulle reken as dit groei kan bring moet dit goed wees. Wat se tipe groei is dit? In Amerika was daar verder ook in die jaar 1997 ‘n rekord 1.4 miljoen persoonlike bankrotskappe. In die laaste 8 jaar het nagenoeg 8 miljoen mense daar bankrot gespeel (McAlvany Intelligence Advisor, Mei 1998). As jy egter in die algemene media sou lees oor die stand van die Amerikaanse ekonomie, dan verneem jy telkens dat dit ‘kerngesond’ is en oppad is na nuwe rekord hoogtes. Alles wat opgaan moet egter afkom !

 

In Brittanje het 817 maatskappye net in die eerste 9 maande van 1999 alleen bankrot gespeel. Dit is ‘n styging in vergeleke met die vorige jaar (Sake Burger, 26.10.99).

 

Die regering van Brasilië was in 1999 besig om met die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) te onderhandel vir ‘n lening van $41.5 miljard (biljoen) om hulle uit hul enorme finansiële krisis te help. Om hierdie skuld terug te betaal, gaan ‘n onbegonne taak wees (Sake Volksblad, 03.03.99). Die ergste van alles is egter dat Brasilië meer as $500 miljard aan Europese banke skuld en ook sowat $140 miljard aan Amerikaanse banke (Die Volksblad, 14.01.99).

 

Thailand het ‘n lening van $17.2 miljard by die IMF gemaak, maar moet nou na hulle pype dans en ‘hervorm’ volgens die IMF se wense. Dit is die probleem as jy by die IMF geld leen. Hulle is dan ten volle in beheer. Dit is eintlik ‘n ander manier om ‘n land oor te koop en te dwing om deel van die nuwe wêreldorde te word (Sake Volksblad, 08.03.99).

 

Ook Argentinië sit in dieselfde bootjie. Die IMF het ‘n lening van $2.8 miljard aan die land toegeken (Sake Volksblad, 05.03.99). So is daar tans ook talle ander lande wat skuld maak (veral ook in Afrika) wat hulle waarskynlik nooit weer sal kan terugbetaal nie. Dit sluit derdewêreldlande asook hoogs ontwikkelde lande in.

 

In Meksiko is daar tans ‘n soortgelyke situasie aan die ontwikkel. Hier is nou net ‘n nuwe draai of kinkel by. Aangesien die wêreld nou in die laaste jaar of twee deeglik kennis gemaak het met groot finansiële krisisse, wil die IMF en die Wêreldbank nou met ‘n nuwe slenter kom om lande in te palm. Dit behels die beskikbaarheid van lenings vir lande nog voordat krisisse daar ontstaan - m.a.w. om finansiële krisisse daar te vermy nog voordat dit gebeur. Meksiko het nou vir so ‘n ‘voorsorg’ lening aansoek gedoen. Dink net hoe vinnig gaan die ganse wêreld nou onder beheer gebring word (Sake Voksblad, 12.03.99).

 

In Japan waar talle banke reeds bankrot gespeel het, het hulle banke se sg. slegte skuld in 1998 reeds sowat 77 triljoen Jen beloop.

(The Star, 06.08.98).

 

Die skuld van die Suid-Afrikaanse regering sou na verwagting teen einde 1999 reeds R378 miljard beloop het. Net die rente op die staatskuld alleen sou in 1999 al R48 miljard bedra het.

(Sake Volksblad, 15.03.99).

 

In Suid-Afrika is nagenoeg 40 000 huislenings reeds agterstallig. Dit verteenwoordig ‘n potensiële verlies aan banke van omtrent R6 miljard (Sake Beeld, 10.12.98).

 

Agterstallige studenteskuld aan Suid-Afrika se 21 universiteite het einde 1998 reeds R452 miljoen beloop en aan die 15 technikons was die verskuldigde bedrag reeds R145.5 miljoen. Saam dus byna R600 miljoen se skuld (Die Volksblad, 06.10.98).

 

Vrywillige likwidasies van maatskappye en beslote korporasies in Suid-Afrika het in die derde kwartaal van 1999 met 72,2% toegeneem in vergelyking met ‘n jaar tevore.

Die totale getal insolvensies in hierdie selfde tyd het met 27% toegeneem in vergeleke met die syfers van ‘n jaar tevore.

(Sake Volksblad, 01.11.99).

 

c) SAMESMELTINGS

 

In 1998 alleen was daar wêreldwye samesmeltings van maatskappye asook oornames ter waarde van $544.31 miljard. Dit verteenwoordig ‘n 60% styging vanaf 1997. Reuse maatskappye is al hoe meer besig om vennote te vind, maar hoekom? As dit dan so goed gaan met die meeste ekonomieë, waarom dan kragte saamspan en so baie voorregte prysgee?

Gewoonlik gaan hierdie samesmeltings ook gepaard met grootskaalse afdankings. In 1998 alleen is daar 5 153 ooreenkomste onderteken vir samewerking. Dit is ‘n tendens wat ons nie kan miskyk nie.

(Sake Beeld, 20.01.99)

 

In Duitsland het twee van die grootste banke reeds saamgesmelt om nou die grootste bank ter wêreld te vorm. In Frankryk smelt groot bankgroepe tans saam. In Amerika gebeur presies dieselfde. In Suid-Afrika het dit reeds gebeur en nog aankondigings kan verwag word.

 

Die Nissan groep, die tweede grootste motormaatskappy in Japan, sou nou met Renault van Frankryk saamsmelt. Wat is aan die gebeur? (The Citizen, 16.03.99). Die uiteinde hiervan gaan wees dat net ‘n paar reusagtige maatskappye sal oorbly wat absolute monopolie gaan hê en ongekende druk op wêreldburgers sal uitoefen. Die speelveld vir die kortstondige ryk van die Bybelsgeprofeteerde Antichris word vinnig in gereedheid gebring en niemand gaan dit keer nie. Moet egter nie moed verloor nie, want dit is nie waaroor die lewe gaan nie.

 

d) KAPITALISME VERSUS KOMMUNISME

 

Die sosialistiesgesinde Amerikaanse finansier, George Soros, het onlangs geskok toe hy voorgestel het dat die Internasionale Montêre Fonds (IMF) omskep moet word in ‘n internasionale reserwebank oftewel ‘n wêreld sentrale bank. Dit is presies in lyn met die kommunistiese bloudruk vir ‘n eenwêreldregering. Hierdie verklaring wys darem baie duidelik waarheen dinge oppad is, veral as die IMF se huidige stappe in ag geneem word (Sake Beeld, 18.01.99).

 

Volgens die tydskrif Insig van Januarie 1999 het Soros verder gesê: "Die globale kapitalistiese stelsel is besig om te ontrafel." Wat gaan dan in die plek daarvan kom? Daar word nou gepraat van ‘n sg. Derde Weg tussen die van sosialisme en kapitalisme. Verder gaan die IMF en die Wêreldbank blykbaar ook ‘hervorm’ word.

 

Rusland se inflasiekoers, as gevolg van die enorme finansiële krisis daar, het aan die einde van 1998 reeds op 70% gestaan of dan gelê (Sake Beeld, 07.12.98).

 

In Die Volksblad van 12 September 1998 lees ons dat die onlangse ekonomiese krisis (wat steeds ‘n werklikheid is) sterk herinner aan Wall Straat van 1929. Hulle noem dat die destydse Amerikaanse president, Herbert Hoover, in 1929 in ‘n toespraak gesê het: "Ons is in Amerika nader aan ‘n volledige oorwinning oor armoede as ooit tevore ... en binnekort sal ons met God se hulp die dag belewe dat armoede uit ons land verdryf is." Klink hierdie nie na bekende woorde wat in hierdie dae tot ons gekom het nie? Die lewende God wat alles vooruit weet, het egter in sy Woord gesê: "die armes het julle altyd by julle." (Joh. 12:8). Die lewende God het egter ‘n veel beter, finale en ewige oplossing vir hierdie en ander probleme bewerk deur sy Seun Jesus Christus - dit sal volbring word by die wederkoms wat op hande is. Die mens gaan nie die krisisse oplos nie, maar Christus self gaan dit doen ! Kort na Hoover se toespraak, op 27 Oktober 1929, het die Dow Jones aandelebeurs in Amerika baie volledig in duie gestort en die groot depressie het gevolg. Vandag herhaal hierdie fiasko hom voor ons oë.

Die finansiële speelveld het totaal verander. Sake van vandag kan geensins vergelyk word met wat die afgelope paar jaar in die markte gebeur het nie. Die volgende aantal jare sal ongekend wees aan die stringe ‘verrassings’ wat gaan opduik. Ons sit vandag met ‘n globale geldkrisis wat nie sommer van die tafel afgevee gaan word nie. Die ekonomiese situasie van ons dag begin nou selfs hoofnuus word. Dit is nogal ‘n teken van erns. In die hoofartikel, op die voorblad, van 17 September 1998, het Die Volksblad verklaar dat ‘GEVAARLIGTE nou FLIKKER VIR DIE WÊRELDEKONOMIE’ en dat oplossings dringend gesoek sal moet word. Ook in hierdie uitgawe word genoem dat reeds 40% van die wêreldekonomie al in ‘n resessie verkeer. Dit is nou volgens die Departement van Finansies. Hier moet ‘n mens ook maar net onthou dat die woord resessie bloot net die polities korrekte weergawe vir die woord depressie is.

Ten spyte van al hierdie voortydige gevaartekens dien die mensdom Mammon steeds met volharding.

 

Esegiël het geprofeteer oor ‘n tyd wat nog kom: "Hul silwer sal hulle op die strate gooi, en hulle goud sal ‘n voorwerp van afsku wees; hul silwer en hul goud sal hulle nie kan red in die dag van die grimmigheid van die HERE nie;" (Eseg. 7:19).

 

Jakobus het ook gewaarsku oor die laaste dae: "Kom nou julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom. ... Julle rykdom is bedorwe, ... Julle goud en silwer is verroes, ... Julle het skatte vergader in die laaste dae." (Jak. 5:1-3).

 

In Op. 6:5,6 lees ons: "En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n swart perd; en hy wat daarop sit, het ‘n skaal in sy hand. En ek het ‘n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ‘n Rantsoen koring vir ‘n penning en drie rantsoene gars vir ‘n penning;"

Hierdie dae is naby !

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

6

 

 

 

 

 

DIE LAASTE VAL VAN BABILON

 

 

 

 

"Ons het aan Babel medisyne gegee, maar hy het nie gesond geword nie." Jer. 51:9

 

 

"Geval, geval het Babel," Jes. 21:9

 

"Geval, geval het Babilon" Op. 14:8

 

"Geval, geval het die groot Babilon," Op. 18:2

 

 

Is dit nie aangrypend hoedat die Woord van God Homself herhaal nie. Ons lees van die val van Babel in die Ou Testament en dan ook weer in die Nuwe Testament. Die Bybel bevat siklusse van profesieë wat opbou en opbou tot op ‘n punt van klimaks. Daar is kleiner vervullings van Bybelse profesieë en dan weer verdere vervullings en uiteindelik is daar die groot finale vervulling reg aan die einde van die menslike bedeling op aarde.

In die bostaande geval gaan dit oor die val van Babel of dan Babilon.

Ons weet in Gen. 11 lees ons reeds van die toring van Babel en hoe God dit tot ‘n val gebring het. Dit was sy eerste val. In Jes. 13,14 en 21 asook in Jer. 50 en 51 lees ons van die verdere val van Babel. In die boek Daniël lees ons natuurlik die bekende gedeelte van hoe die Babiloniese ryk van koning Nebukadnesar tot ‘n val gekom het en hoe die Meders en Perse by hulle oorgeneem het. God het al hierdie dinge so bepaal - dit moes gebeur. As ons nou egter na die Nuwe Testament beweeg, lees ons weer van die val van Babilon en wel in Op. 14:8 en veral in Op. 18. Hierdie keer sal Babilon vir die laaste keer val en die omvang van sy val sal ook veel groter wees.

 

 

 

 

IRAK IN PROFESIE

 

 

Die area wat in Bybelse tye met Babel geassosieer is, het verskillende name op verskillende tye gehad. Dit het bekend gestaan as die land Sinear, waar die destydse toring van Babel gebou is; die land van die Chaldeërs, vanwaar Abram oorspronklik getrek het; natuurlik die naam Babel wat verwarring beteken - omdat God hulle taal daar verwar het en ook juis omdat hulle so baie gode gehad het - Bel was hulle hoofgod - die songod; dan natuurlik die bekende naam Babilon wat ‘n mengsel is van Babilonies/Egiptiese sonaanbidding - On was ‘n Egiptiese god.

Vandag staan daardie berugte area op die wêreldkaart natuurlik bekend as Irak. Hulle president, Saddam Hussein beskou homself ook as die tweede Nebukadnesar en een van sy weermag se infanterie divisies staan tans bekend as Al-Nebukadnesar. Sy oudste seun, Uday, het tans ‘n koerant in Irak met die naam Babel - dit in 2000 n.C.? (Die Volksblad, 20 November 1998). Hussein het ook reeds ‘n deel van die antieke stad Babilon herbou. Sedert 1978 het die werk daaraan begin en in 1987 is die eerste kunstefees daar gehou. Ons lees die volgende in ‘n nuusberig oor die fees wat in 1998 daar gehou is:

 

"Babylon: Crown Jewel In ME's Festivals - The magnificent Iraqi ancient city of Babylon, the crown jewel in the archaeological treasures of Mesopotamia, has been the locale for one of the best cultural festivals in the middle east. In fact it ranks high among the region's best cultural festivals: Jerash, Latakya and Baalbek Festival. ... Babylon was known in Sumerian times as Ka-dinyirra and called by the Akkadians Bab-ilu, the ‘gate of God.’ Nabuchadnazzer's and Hammurabi's artifacts, taken to Baghdad during the Gulf War, were only displayed during the festival which started September 22 - October 2 ... Many a travel agency planned their packages to Iraq to coincide with the 10th Festival that takes place in the reconstructed Greek Theater of Nebuchadnezzer's fabled city on the River Euphrates." (The Living Channel, 06.10.1998).

Hieronder volg ‘n kort berig oor die Babilon Kunstefees van die jaar 2000:

 

‘47 NATIONS PARTICIPATE IN BABYLON FESTIVAL IN IRAQ’

"More than 47 countries will take part in the 10-day Babylon cultural festival which opens on September 22 [2000] in sanctions-hit Iraq, Information Minister Human Abdel Khaleq said Wednesday. ‘Several artistic groups representing more than 47 friendly countries will take part in the Babylon festival,’ the official INA news agency quoted Khaleq as saying. Their participation in the festival bore ‘witness to the solidarity of several countries with Iraq in its struggle to get the embargo lifted and put a stop to the plots by the US and British administrations, supported by the Saudi and Kuwaiti regimes,’ he said. According to the festival organizers, the Arab countries participating include Algeria, Egypt, Jordan, Morocco, Sudan, Tunisia and the United Arab Emirates. The annual festival in the historic city of Babylon, some 90 miles south of the Iraqi capital, was launched in 1987. Last year, 38 countries took part..."

(Agence France Press, 21 September 2000).

Hierdie tye sal egter ook spoedig tot ‘n einde kom. Kyk na Op. 18:10,22 - "Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom! ... En die stem van siterspelers en sangers en fluitspelers en basuinblasers sal nooit meer in jou gehoor word nie, en geen kunstenaar van enige kuns sal ooit weer in jou gevind word nie," Duidelik het hierdie profesie nog nie in die verlede tot ‘n finale vervulling gekom nie. Sou Hussein dalk probeer om die Skrif verkeerd te bewys deur kunstefeeste daar aan te bied? Hy besef egter nie dat hierdie finale vervulling van die Woord in sy tyd kan kom nie.

Blykbaar het Irak Koeweit in 1990 juis binnegeval om hulle olierykdomme te bekom sodat die stad Babilon verder herbou kon word. Die paleis en troonsaal van Nebukadnesar is reeds weer herbou asook die berugte Poort van Ishtar - vernoem na die Babiloniese godin van destyds. Hussein het ook sy naam laat aanbring op heelparty van die stene waarmee die mure herbou is - net soos Nebukadnesar dit vroeër ook gedoen het. Onlangs was daar nuusberigte dat Irak weer doenig is by die grens van Koeweit en selfs ook dat militêre agente van Hussein naby Jordanië opgemerk is.

Volgens ‘n Arabiese nuusagentskap het Saddam Hussein omtrent 5 mense wat net soos hy lyk wat soms op sy balkon uitbeweeg vir die TV kameras. Hy doen dit om sy eie lewe te probeer red in geval van ‘n sluipmoordaanslag. Die vraag is net of al hierdie dinge enigsins gaan help.

God het reeds die lot van daardie land bepaal. Baie sal nou wonder of al die Bybelse profesieë oor Babel dan nie alreeds in die Ou Testamentiese tyd vervul is nie. Dit kan egter nie wees nie. Babel het wel etlike kere tot ‘n val gekom, maar net om weer op te staan. Sy finale val kom nog. Sommige van die Ou Testamentiese gedeeltes dui ook duidelik op die laaste oordeel wat hierdie nasie nog te beurt sal val. Nog nooit is Babel of Babilon totaal vernietig nie. Ons lees in Jes. 13:20 dat die volgende tyd nog sal aanbreek: "Mense sal daar in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie;" Hierdie tyd waarna verwys word is beslis nie vandag nie en nog nooit was daar so ‘n tyd in die verlede nie. Huidiglik woon daar miljoene mense in Irak en die stad Babilon is ook herbou - ten minste gedeeltelik.

Vroeër in dieselfde hoofstuk van Jesaja lees ons ook besondere woorde wat nie in die verlede vervul kon gewees het nie. In hierdie Godspraak oor Babel lees ons: "Hoor, ‘n gedruis op die berge soos van baie mense! Hoor, ‘n rumoer van die koninkryke, van versamelde nasies! Die HERE van die leërskare hou wapenskouing oor ‘n oorlogsleër. Hulle kom uit ‘n ver land, van die einde van die hemel af," (Jes. 13:4,5).

Versamelde nasies? Dit klink baie na aan die Verenigde Nasies. Die VN was juis onlangs nog aktief besig met wapeninspeksies in Irak. Let op dat hierdie nasies uit ‘n ver land kom. Kan dit moontlik Amerika wees. Op hierdie oomblik is die VSA steeds besig om die lugruim bo Irak te patroleer en byna daagliks is daar lugaanvalle teen hierdie land. In The Citizen van 27 Augustus 1999 lees ons die opskrif:

 

‘WEST STEPS UP PRESSURE AGAINST IRAQ.’

"The United States and Britain are gathering steam for a large scale operation against Iraq, amidst almost daily air strikes against that country," Net in die volgende paragraaf lees ons van ‘n Verenigde Nasies vergadering in September wat moet beslis oor die lot van Irak. Dit is juis die Veiligheidsraad wat daaroor moet besin.

As ons terug dink aan 1990/1991 en hoedat die Weste saamgestaan het teen Irak na hulle inval in Koeweit, dan was dit sekerlik al ‘n voorspel van wat nog moet kom. Ook in die boek Jeremia lees ons meer hiervan. In Jer. 50:9 - die profesie teen Babel - staan die volgende geskrywe: "Want kyk, Ek verwek en laat teen Babel optrek ‘n menigte van groot nasies uit die Noordland; die sal hulle teen hom opstel - daarvandaan sal hy ingeneem word;" Noord-Amerika staan verseker aan die spits van die aanslag teen Irak - wat ookal hulle rede sou wees. Hulle en Brittanje kom uit die Noorde. Is dit nie insiggewend dat geen nasies uit die Suide juis teen Irak wil veg nie. In dieselfde koerant was nog ‘n berig, maar hierdie keer oor wat Saddam Hussein gesê het oor die moontlike komende oorlog:

 

"IRAQ’S VICTORY IS CERTAIN SAYS SADDAM’

Hy het bygevoeg dat die Westerse geallieerde magte verseker teen Irak gaan verloor omdat Irak reg is en hulle verkeerd. Dit is verder interessant om daarop te let dat Amerika gewoonlik vir Israel baie goedgesind is, veral omdat daar so baie Jode in Amerika self is.

‘n Tyd terug het Saddam egter ook duidelik laat blyk wat hy van Israel dink, toe hy die volgende gesê het:

 

"Palestine is Arab. The Zionists must depart from it. Jews who want to live with its people [dis nou met die Palestyne] have a right as citizens of one country ... If they do not, every emigrant should go back to where he has come from." (CNN, 19.07.1999).

Hy kan die Jode nie vat nie en wil Israel van die wêreldkaart verwyder. Baie duidelik verstaan hy nie die Bybel nie. Aan die anderkant glo hy dalk tog so effens in die Skrif. Miskien is Hussein baie vreesbevange vir die feit dat Israel nog eendag tot aan die Eufraatrivier gaan regeer - hierdie rivier is in vandag se Irak! Ons kan egter verseker weet dat God se Woord oor hierdie saak bewaarheid sal word - in die toekoms, moontlik die nabye toekoms.

Ja, Babel gaan weer val en hierdie keer gaan dit finaal wees. Dit wat ons nou sien gebeur, is die voorspel tot daardie dag wat nie verskuif gaan word nie.

Babel of Babilon is egter ook ‘n term wat verwys na iets veels groters. In die Bybel wys ‘n letterlike saak altyd ook na ‘n geestelike een en andersom. Die ganse wêreld is dan ook in ‘n sekere sin - geestelik gesproke - Babilon! Is dit nie veelseggend dat God destyds vir Abram uit Ur van die Chaldeërs (Babel) geroep het met ‘n belofte dat Hy hom sal neem na die land Kanaän nie? Vandag nog roep God sy kinders uit die wêreld - uit Babilon en uit Egipte om sodoende die lewende God te kan behaag en om Hom te kan dien. Dit is in ‘n geestelike sin gesien. Sal ons ook vandag klaarkry met die geestelike Babilon in ons lewens, is natuurlik ook die daaruitspruitende vraag?

So, in ‘n geestelike sin is die hele wêreld vandag soos Babilon van ouds. As ons net dink aan die verwarring wat tans oor die wêreld heers en aan al die verskillende afgode wat die nasies aanbid, weet ons dat dit die geval is. Daar is die godsdienstige Babilon waarvan ons lees in Op. 17. Daar is die kommersiële Babilon waarvan ons in Op. 18 lees. In Op. 16:19 gaan ook die politieke Babilon geoordeel word. Ja, die totale Babiloniese sisteem op aarde, natuurlik onder aanvoering van die Satan self en m.b.v sy menslike medewerkers, gaan tot ‘n geweldige val kom. Net soos wat Babel of Babilon (Irak) finaal tot ‘n val gaan kom, so gaan hierdie ganse wêreld onder menslike bestuur ook finaal tot ‘n einde kom.

Let gerus op na die volgende besonderse gebeurtenisse wat onlangs in die wêreld afgespeel het en hoe dit inskakel in die hele eindtydse scenario rondom die groot Babilon waarvan die Bybel praat.

 

Vanaf 9-20 Maart 1999 was ‘n sitting van die Provisional World Parliament geskeduleer om plaas te vind in, raai waar, ja, Bagdad in Irak! Dit nogal in Saddam Hussein se Peoples Palace. Kan jy glo dat daar weer ‘n sterk poging vir ‘n eenwêreldregering is en weer ‘n keer in dieselfde geografiese area waar die destydse toring van Babel gebou is. Hierdie Provisional World Parliament is deel van die werk van die World Constitution and Parliament Association. Hulle beywer hulle vir onder andere een parlement vir die ganse wêreld en verder in hulle eie terme ook die volgende: ‘Global Finance System’, ‘Planetary Banking System’, ‘World Executive’, ‘World Judiciary’, ‘The Enforcement System’ met ‘n ‘World Police.’ Verder beplan hulle ook die ontwapening van alle nasies en die beskerming van ‘moeder aarde.’ (WCPA, Internet).

 

In ‘n spesiale uitgawe van die bekende internasionale nuustydskrif, Newsweek (Nov. ‘98-Feb.’99), het daar op die voorblad ‘n toring van Babel verskyn. Die opskrif daarby het gelees: ‘EUROLAND.’ Dit het gegaan oor die Euro, die nuwe enkelgeldeenheid van die Europese Unie. Heel bo-op die toring van Babel is ‘n Euro-teken aangebring - so asof om te sê dat die nuwe Babel nou voltooi is ! Ook hierdie Babel gaan tot ‘n val kom. Dit gaan na alle waarskynlikheid ook nie baie jare neem voordat die groot val gaan plaasvind nie. Om te dink ‘n paar jaar gelede was daar ook ‘n toring van Babel op die voorblad van die bekende TIME tydskrif (7 Julie 1997). Die opskrif daarby het gelees: ‘BACK TO BABEL.’ Hierin het hulle ook genoem dat die helfte van die wêreld se tale aan die uitsterf is. Daar is ook deesdae op die Internet ‘n webarea met die naam Babel, wat jou kan help om in enige taal op aarde te kommunikeer d.m.v. vertalingsdienste.

 

Einde 1997 het die ‘rock’ groep, die Rolling Stones, hulle jongste wêreldtoer begin met die naam ‘Bridges to Babylon.’ Een van hulle vorig plate se naam was: ‘Sympathy for the Devil.’ Sy val is ook so seker soos die van Babel. Die mens wil nou maar eenmaal nie leer dat Babel en Babilon nie die plek is om bruê heen te bou nie. Sy oordeel lê en wag en God gaan dit verseker nie uitstel nie. Sommige mense meen dat Amerika Babilon is. Wel wat betref Hollywood en baie ander dinge is dit verseker so. Die res van die wêreld is egter nie beter daaraan toe nie. Die hele wêreld gaan regverdig geoordeel word - binnekort! Irak gaan tot ‘n val kom, maar ook gaan die hele Babiloniese wêreldse sisteem tot ‘n val kom. Die een is net ‘n kleiner voorspel tot die ander. Is dit nie dalk hoekom Jesus in Joh. 17:9 gesê het: "Ek bid nie vir die wêreld nie," Ons moet wel vir alle mense bid, maar nie dat hierdie huidige wêreld sisteem gered sal word nie, want hy gaan nie. Hierdie tyd moet verbygaan! Die oordele van God gaan kom, maar miskien sal dit nog genade wees. In Jes. 26:9 lees ons: "want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid."

 

Nog ‘n groot Babiloniese gebeurtenis is onlangs in Suid-Afrika gehou, vanaf 1 tot 8 Desember 1999. Dit was die derde Wêreld Parlement van Godsdienste wat geskeduleer was vir Kaapstad (die eerste twee geleenthede van hierdie aard is in Chicago, VSA, gehou in 1893 en 1993 onderskeidelik). ‘n Selfs groter verskeidenheid gelowe en godsdienste het hierdie keer byeengekom om ‘n beter toekoms vir die wêreld te beding. Sommige van die sprekers wat opgetree het, het ingesluit die Dalai Lama van Tibet en selfs ook Stephen Rockefeller. Ongeveer 6 000 afgevaardigdes het die weeklange sessies en seminare bygewoon. Van die besondere slagspreuke tydens die geleentheid was o.a.: "‘God is same’, said the Reverend Venerable G Ishibashi, a Bhuddist … The Aumists group carried a banner that proclaimed: ‘God is one, whatever name we call Him’; and a Baha’i writing stated: ‘The purpose of justice is the appearance of unity.’" (Pretoria News, 2 Desember 1999).

 

In Junie 1999 het die Verenigde Godsdiens Organisasie oftewel die United Religions in San Francisco byeengekom. Die groot Babilon van Op. 17 kom nou verseker tot ‘n helder vervulling. Vervolgens ‘n kort uittreksel uit hulle eie verslag van die sitting van al die groot godsdienste in die wêreld. Let veral op na hulle beskrywing en verwysing na die son en kyk veral na die datum wanneer hierdie geleentheid geskeduleer was:

 

"The fourth United Religions Initiative global summit commenced on a sunny Sunday afternoon in northern California on June 20, the day before the 1999 Summer Solstice. ... URI global summits brought rich experiences from regional summits and smaller URI gatherings, most recently in Jerusalem and Brazil. As in 1997 and 1998, this gathering is a visibly, audibly multiethnic, inter-religious global microcosm.

From the Covenant of the Goddess to Catholicism, from Jainism to Judaism, we come from the grassroots, from faith families sharing the dream of an interfaith world at peace. ... On Monday afternoon, we shared interfaith stories with each other after reviewing the draft Preamble, Purpose, and Principles of the Charter to be signed June 26, 2000."

(United Religions Initiative, Julie 1999, Internet - klem bygevoeg).

Is dit nie veelseggend dat dit juis gestrek het oor die tyd van die somersonstilstand in die noordelike halfrond nie? Sonaanbidding is steeds met ons! Die feit dat Jerusalem ook alreeds so ‘n byeenkoms gehad het, is net so profeties !

 

 

 

VERENIGDE GODSDIENSTE

 

 

"En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid ... " Op. 13:4

 

 

Op 26 Junie 2000 is die lang verwagte United Religions amptelik gestig in Pittsburgh, Pennsylvania in die VSA. Dit het toe nie in San Francisco plaasgevind soos vroeër aangekondig is nie. Die 26ste Junie is die Charter van hierdie onbybelse organisasie toe ook onderteken soos wat beplan was.

Die nuusmedia het soos volg berig oor hierdie gebeurtenis:

 

"The Charter signing ... take place on the 55th anniversary of the signing of the United Nations charter." Duidelik het dit van die begin af die ondersteuning van die Verenigde Nasies gehad, want daar was ook "greetings from ... the United Nations in New York ..."

Die volgende berig in die Pittsburgh Post-Gazette (26 Junie 2000) het hierdie betekenisvolle opskrif gehad:

 

‘RELIGIONS SUMMIT FOCUSES ON ENDING VIOLENCE WORLDWIDE’

Dit is natuurlik waarna almal smag, maar gaan dit op hierdie manier verwesenlik word?

Die berig het voortgegaan:

 

"... participants from six continents who formed a rainbow of nationalities, faiths and spiritual traditions [is] to begin a six-day conference at Carnegie Mellon University. The initiative was the idea of California's Episcopal Bishop William Swing of San Francisco. A thoughtful man, Swing envisioned a spiritual parliament five years ago at a worship service marking the 50th anniversary of the United Nations.

He brought the summit to Pittsburgh because the initiative "is a bridge-building organization and Pittsburgh is the city with the most bridges in North America," ...

Drummers from Manipur, India, in their egg yolk-golden robes, beat out a call to assemble. Native Americans, representing the Haudenosaunee, drew the celebrants into a wide circle on the lawn at Carnegie Mellon as sacred sage was burned to attract the spirits during a ritual earth blessing. When it was over, participants from Senegal, Brazil, South Korea, Canada, Pakistan, Israel and other countries strode into a university auditorium, singing "Marching in the Light of God," for a rousing round of storytelling and testimony.

The mix of Hindu, Jewish, Wicca, Christian, Muslim and other faiths isn't in town to only affirm their differences. The United Religions Initiative prides itself on interfaith partnerships that work to cease religiously motivated violence and other international ills. ...

[There also were] goddess worshippers, indigenous people and Zoroastrians ..."

 

Op 27 Junie het die Pittsburgh Post-Gazette soos volg berig oor die gebeure:

 

"With the stroke of his pen, California's Episcopal bishop, the Rev. William Swing, signed off on a dream yesterday.

Delegates of the United Religions Initiative joined hands and danced to the music of African and Asian drums ...

The initiative will be guided by a board of 24 trustees ... [dit het sekerlik niks te doen met die 24 ouderlinge van Op. 4 en 5 nie]

"I have an enormous gratitude for, always, we met just the right person, with just the right contribution at just the right time," said Swing. [wie sou hierdie ‘weldoener’ wees?]

... the Music Hall was turned into a celebration of spirit.

African drummers and Indian musicians mixed with Muslims, Wiccans [hekse], Christians and lay people, singing and clapping in a circle of hope and diversity.

... Swing will work now to set up headquarters and administrative duties at the Presidio in San Francisco [waar Mikhail Gorbachev se hoofkantoor ook is vir die Stae of the World Forum] , ...

"This is the spirit's property," said Swing, "and no one owns it. [Hy het nie bygevoeg watter gees dit is nie - Dit is "die gees van die Antichris" - 1 Joh. 4:3].

Fifty years from now, people from all over the world will flock to Pittsburgh in tribute of this signing."

Op 1 Julie 2000 het dieselfde Pittsburgh Post-Gazette verder berig:

" ... This baby is born," said an excited but tiring Swing on Thursday, after staying up past midnight watching a Mayan contingent perform spiritual rituals. ... Swing conceived the initiative while attending the 50th anniversary celebration of the United Nations in 1995. His idea to develop a global parliament of faiths, spiritual traditions and indigenous practices to fight religiously based violence attracted 275 delegates to Carnegie Mellon University ...

Buddhists met Baptists. Hindus met Hoa Hao. Christians met Cao Dai. ... An idea was floated to establish an initiative credit card and use a percentage of the fees to support the group's work. ... "

[Is dit dalk hoekom Dee Hock, die ontwikkelaar van die VISA kaart, ook ‘n medewerker van die United Religions is?]

Die weg is gebaan vir die eindtydse Babilon en die Woord sal nou nog sneller in vervulling gaan as ooit tevore.

 

 

DIE VN SE GROOT GODSDIENS BERAAD

Vanaf 28-31 Augustus 2000 het ‘n groot spitsberaad van meer as 1000 godsdienstige leiers van al die groot godsdienste by die Verenigde Nasies se hoofkwartier in New York plaasgevind.

Die nuusdiens EWTN, het op 28 Julie 2000 o.a. soos volg berig oor die geleentheid wat sou kom:

 

"Also involved is Canadian billionaire Maurice Strong who has been central to much UN activity in recent years, especially that related to population control and the environment. Strong is active in the Earth Charter movement which proponents have dubbed a "new Ten Commandments."

Leaders have been invited from Hinduism, Sikhism, Shintoism, Judaism, Taoism, Chritianity, Islam, Jainism, Buddhism, Zoroastrianism, Confucianism, and indigenous religions. The logo for the World Peace Summit is the symbol of each of these religions forming a circle around the symbol for the UN. It is almost identical to the symbol for the "New Age" United Religions Initiative."

 

Die volgende berig van CNN, 29 Augustus 2000, vertel meer van die borge van die geleentheid en oor hulle planne vir die godsdienste van die wêreld:

 

"A major portion of the meeting's funding is coming from the U.N. Foundation/Better World fund, created by Ted Turner, the vice chairman of Time Warner Inc. and founder of Cable News Network, the parent network of CNN Interactive.

Turner, who is serving as honorary chairman of the meeting, has in the past had to apologize for brash remarks about organized religion, including a 1990 comment that Christianity was "for losers."

Recognizing the vast number of different faiths from around the world, organizers set out criteria for identifying the "major" religious institutions.

Among them were "historical importance, the number of adherents, geography and reach, and antiquity." "A general guideline is that the religion or faith should be more than 100 years old and its charismatic founder or leader (should be) no longer present in body," they said."

As so iets op ‘n stadium afgeforseer gaan word, kan baie groepe swaar daaronder ly.

Die volgende aanhalings kom van afgevaardigdes wat die geleentheid bygewoon het:

 

"This Summit of religious leaders, held before the Millennium Summit of world leaders ... is a defining moment for the humanity of the world,"

(Rabbi Arthur Schneier, Appeal of Conscience Foundation).

 

"In our different religious traditions we have the answer to conflicts. We are brothers and sisters in God's human family."

(Theodore E. McCarrick, Archbishop of Newark).

 

Aan die einde van die ‘geestelike’ beraad is ‘n dokument, "Commitment to Global Peace'', aan die vergadering voorgelê en blykbaar het al die teenwoordiges dit onderteken. Hierdie dokument verdoem dan alle geweld wat in die naam van godsdiens gepleeg word. Dit is net jammer dat soveel Christene ten spyte daarvan, nou nog steeds wêreldwyd vervolg word. Die volgende afsluitingseremonie was nogal veelseggend:

 

"The Summit concluded with a ceremony of ‘sharing of the waters from around the world,’"

 

In Op. 13:1 sien ons die Antichris wat uit die see opkom en in Op. 17:15 lees ons ook van die waters waar die vrou op sit en dat dit dui op volke en tale en nasies. Dit is seker maar net toevallig. Of is dit?

(Worldwide Faith News, 2 September 2000).

 

 

 

 

‘WORLD SCRIPTURE’

 

 

World Scripture het reeds in 1991 verskyn en beslaan 928 bladsye en bestaan uit 4 000 passasies. Dit is saamgevoeg uit 268 ‘heilige’ geskrifte en 55 mondelingse oorleweringe. Hierdie Babiloniese geskrif het medewerkers uit alle gelowe gehad - mense wat ‘spesialiste’ is op hulle gebied. Dit is nou ‘n boek om alle smake en sienings tevrede te stel. Kan dit moontlik die finale boek wees waarop die nuwe era wêreldgodsdiens gebaseer sal word?

Die samestellers van hierdie geskrif is dit eens dat daar baie paaie na god is. Kyk wat skryf hulle in die verband:

 

‘THE TRUTH IN MANY PATHS’

"This section gathers passages from various scriptures which affirm that others who do not share the faith of that scripture are also following the way of Truth. Thus Hinduism, Jainism, and Buddhism understand the various deities to be expressions of a single Absolute Reality, and the various paths to lead to one Supreme Goal. Judaism has the doctrine of the Noahic laws, God's revelation to all humankind through which non-Jews can be righteous before God. The Christian Bible contains passages affirming that God had intimated himself in the religion of the Greeks. Sikhism affirms the common spiritual origin of Islam and Hinduism. The Islamic scriptures affirm that Jews and Christians are "people of the book" who share the same God as the God of Muhammad. Furthermore, many religions teach that a nonbeliever, if he does righteousness, is acceptable before God and will receive a reward."

Volgens die Bybel kan niemand egter deur werke gered word nie. Natuurlik is daar ook geen ander naam as Jesus Christus waardeur ‘n mens gered kan word nie en dit net as jy in sondeberou na Hom gaan.